Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Daar is mense en daar is ander mense.
Daar is mense wie se gewig tussen hierwat – daarwat – en – sowat . . .
Konstant bly.
Ander mense se gewig jou-jou.
Dit gaan maar net oor eet en ooreet. Daar is mense wat eet en daar is mense wat eet en knibbel en peusel en weer eet.
Die rede is dat dit ʼn vorm van ontlading is – frustrasie ontlading, verborge stres ontlading, gedwonge moerig onderdrukking maar die meeste is dat die ge-etery ook ʼn vorm van Bipolariteit is.

Ek los alle mediese, oorerflike redes uit. Dit is egter maar min – vraatsug oorheers.

In my geval is dit die hele lot. Ek voldoen aan al die afwykings hier bo want soms jou-jou my gewig tot so ʼn mate af-waarts dat tot Kleinjan die hondeman my bekommerd aankyk:
“Is die oubaas OK?”
Hulle sien maer anders as ons – hulle sien maer as die “maer siekte”
“Nee Kleinjan, ek het nie die maer siekte nie – ek werk net hard en ek speel hard. Ek doen alles in die oortreffende trap.

Ander kere dan kyk Kleinjan weer met daai vraag op die gesig en voordat hy kan vraag, dan antwoord ek:
“Ja Kleinjan, ek het hom die siek; die mense sê dit is die trombose.
Kyk mooi; die trom hy hang oor die bose.”

Sy gesig wys dat hy nou gladnie by is nie.

Maar, dis Winter, die nagte is lank en koud en daar is altyd ʼn pot sop op die plaat en ek gaan nou loop vetkoekdeeg koop want in die koue gaan kniedeeg nie rys nie.

En hier is die surprize . . .
Ek eet nie vetkoek nie
Ek eet nie brood nie
Nooit nie
En
Nog nooit nie – kleintyd laaste.

Regtig.
Die vetkoek is vir Anita. Sy eet brood en jam en Rama
En
Die vetkoek saam met tuis jam is vir gaste en
Droog vir die honde. Elke hond kry elke aand – soms laat (wanneer hulle ongeduldig begin roep omlat dit koud is en hulle wil slaap en ek wil nie die vetkoek bring nie ) een vetkoek.

In ieder geval bly kosmaak vir twee ʼn pyn. Erger nog in die skool vakansies. Dan kom die stropers nie hier verby nie en gaan oorbly kos maar eindelik honde toe en soos ek nou weet is die yskas dol leeg en ek stap oor om die honde se kos vir more te maak.
Met die ingaanslag tref die geur my en ek lig die deksel en sien sy het klaar vleis op gesit en ek voeg gou uie by. Uie kom in alles en ek gaan eenkant aan met my werk vir die honde.
My honde kry beter kos as wat die beste eetplek kan voorsien: Pap en vleis met groente en met liefde en sorg voorberei.

Sy is vrou en soos ʼn vrou geniet sy haar laat middag TV sepies op die bed in die kamer. Sy weet daar is ʼn slaaf wat heerlike aroma koffie sal aandra.

Ek het ʼn fobie. Groente mag nie in die yskas vermuf nie. Dit word dadelik bewerk en gevries.
Vleis hou 90 dae en groente hou 60 dae in die vries. Daarna kry dit vries-brand en gaan honde toe en ek bring altyd ʼn paar pakkies kombuis vrieskas toe vir gebruik en ek trek die onderste laai uit en sien die drie pakkies wat ek nie ken nie.

Ek verander nie my manier van werk nie. Ek sien die pakkies is anders bewerk as wat ek doen maar ek maak nogtans een leeg in die kastrol en toe sien ek mooi:
Die wortel-wielietjies is dunner as wat ek sou koop. Die aartappel is in groter wielietjies gesny; ek half-veer gewoonlik die aartappel. Daar is twee kleure aartappel in – die een effe, net effe geler as die wit aartappel.
Dan is die mengsel hoeveelhede anders: Gelyke dele wortel, aartappel en geel aartappel en sy kom in vanaf die kamer en haar stem sny:
“Is jy in my pot?”
En sy druk my weg en kyk in die pot waarmee ek besig is en sy kyk vir my en haar stem sny:
“Wat is die ? “
Ek weet mos nie en ek trek my skouers op en sy vurk ʼn geel aartappel wielietjie uit en byt ʼn mikro stukkie en ek weet ek sal haar nooit kan sampioene of tulpe voer nie – sy byt te fyntjies.
Ek sal haar maar moet middel nag wakker maak met ʼn mombakkies en goed skrik maak. Dis al hoe ek sal kan ontslae raak en haar kyk ver-ys:
“Wat maak jy – dit is patat hierdie ; hoe staan en meng jy patat, wortels en Aartappel, word jy nou heel be-kens?”

Sien julle waarom skryf ek irrasionele dinge?
Sien julle watse soort van lewe ly ek?
“Liefie, ek kry die pakkie onder in die vrieskas en ek het dit nie gemaak nie.”
Intussen begin die lotte te kook en ek sien die ratte in haar kop begint te draai en sy bly kyk in die potjie:
“Nou hoe het jy gedink gaan jy die goed maak?”
“Soos sout wortels met botter, sout en peper – net jammer die wortels is te min.”

Wanneer ʼn vrou se kop roer, vat sy ʼn ding in die hand en roer die kokende kos en sy roer en ek sien haar kop ratte roer en sy roer die kokende mengsel en sy roer die kokende mengsel en sy briek en sy kyk vir my:

“Jy het die groente gemaak.”

OK. Laat daar tog net vrede wees oor ʼn aartappel, ʼn wortel en ʼn patat. Ek wil regtig nie oor so-iets baklei nie veral nie voor slaap nie en ek stem:
“Dan is dit so en ek vra askuus dat ek patat met aartappel verwar het en dat ek nie genoeg wortel gehad het nie en ek vra om vergiffenis.”

En sy antwoord nie my smeekbede nie maar loop na die kruie kassie en bring die sout en peper potjie en strooi en ek sien sy kry die stamper en sy stamp en sy mompel en ek moet mooi hoor want my een oor hoor nie meer mooi nie en die ander oor is stok-doof maar ek hoor:

"Dis groente mengsel wat Chellie laas naweek gebring het vir Babatjie en jy het dit op haar voorskrif geskil en bewerk. As Babatjie dit kan eet, dan kan ons ook."

En sy stamp beter en ek sit  ʼn klonkie botter by en ons staan stywer teen mekaar voor die stoof.

Dit is mos Winterkoud buite en sy hou op stamp en staan effe weg van my en daai wysvinger verskyn en sy druk op my trom en haar stem sny:
“Jy moet plan maak met die ding – die bose is besig om te versmoor!”


Willie F van Tonder
2013/06/26








Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Vra vroulief daar uit die sitkamer uit vir my: "wat lag jy so?" Ek: "ag ek wonder sommer hoe sou babakos smaak vir aandete..."
6 jaar 9 maande 2 weke 3 dae 18 ure oud


Kos
Jy kan maar bly wees daar is 'n trom wat daai wysvinger kan stuit, ne?
6 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 4 ure oud



Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar