Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hier is nou eers weer 'n stukkie skinder/kla van die boer:
Tot onlangs is skaap en lamkarkasse met die stert aan geweeg en vanaf die slagpale verkoop. Die boer is dus betaal vir die karkas soos met die stertjie aan. Net as die skaap 'n vetstert was, is die stert afgesny en apart geweeg en die boer het dan 'n laer prys vir die vet gekry. (Of hy kon dit by die slagpale gaan haal en self gebruik of verkwansel. Skaapstertvet is hoog in aanvraag in die winter vir wildswors. Dit word in slaghuise teen meer as die vleisprys verkoop, die boer krydie minimum.)
Ewenwel, gister het ek 'n paar lammers laat slag. Ek het besluit om by te staan en te sien hoe word dit deesdae gedoen en die gradering sy oordeel oor die vetverspreiding. Ek het al baiekeer bygestaan met slagting sodat ek sommer 'n oog oor die skaal kan hou ens. Ek vertrou mos nie sommer iemand met my goed nie...
Toe sien ek die sterte van ál die skape word afgesny. Die karkasse word dan met hulle oop holle geweeg, die stertjies word eenkant voor die skaal in 'n bak gegooi!
Ek vra toe die eienaar van die abatoir:"Hey ou, watgaan hiér aan?" Nee, seg hy, dit word orals só gedoen.... Kak! Sê ek, (ek is mos nie baie gekultiveerd nie, veral as dit oor my goete en geite se prys en gewig gaan nie.) Dis 'n nuwe ding, dit was nig noiit so gedoen waar ek by was met slagtings in abatoirs nie.
Nee, seg hy, die groothandelaars wil nie die sterte hê aan die karkasse nie. As ek my sterte wil vat is ek welkom om dit te doen. So dis nou hoe ek met 14 lamsterte sit en toe die helfte (min een) gaargemaak het summier toe ek tuiskom.
Nou is daar heelwat meer agter die klaagliedere van Boer en Jan Salie:
Ek het die stertjies geweeg. Ek weeg en tel mos alles, want as jy nie meet nie, kan jy nie weet nie. Om iets uit jou duim te suig is alles goed en wel, maar net as jy stories vertel, nie as jy boer of bou of breek nie.
Ek hetdie stertjies lukraak een vir een op die skaal gesit totdat dit 1 kg wys. Dit was 8 stertjies. Dus is die gemiddelde massa per stertjie 125 g. Hierdie is merino lammers, dus is hulle stettjies nie baie swaar nie, ek is seker Dorpers s'n kan dalk selfs 200 g per stert wees. Teen die slagprys van R55,50 wat die boer die week vir die lammers gekry het, is elke stert dus R6,94 werd. As mens die verkoopprys neem van R85 (gem tussen Pietersburg en Mosselbaai) is dit R10,63! Dit is mos niks, sou jy sê... Die boer verloor net nóg R10 per skaap nadat hy dit grootgemaak, gevoer en tot by die slagpale op sý koste aangery het. Die boer kry niks vir die vel en afval nie, (die abatoir en agent vat dit vir "koste/vergoeding") die vel en afval se waarde saam is omtrent R200. Dit is reeds +/- 20 % van die waarde wat die boer kry (of nié kry nie!)
So wat is dit as hy nig R10 vir 'n tip bygooi.?
MAAR: Kyk nou aan die ander kant van die draad waar die gras so fokken groen is: ...
500 skape word per dag geslag by 'n klein abatoir, 5 dae 'n week, 4 weke per maand, 12 maande per jaar....
Maak die som!
Kom ons werk op wat die boere as totaal verloor:
R7 x 500 x 5 x 4 = R70 000 per maand, R840 000 per jaar!
Wat die slagpale "wen" (steel/onregmatig verdien):
R 10 x 500 x 5 x 4 = R100 000 per maand, R1,2 miljoen per jaar!
Hoes daai vir "ekonomie van skaal"?
Dis hoe elke ding orals bedryf word. Steel min genoeg op 'n slag en niemand moan nie. Die boere is te ordentlik of verleë om te sê :"Fok jou! Ek wil my waarde hê, al is dit ook net 10c! "



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Laaste klagte van n boer
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die AFSKEID projek.
3 jaar 5 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud


***
Ja-nee, swaer, staan op jou beginsels!
3 jaar 5 maande 3 weke 7 ure oud


Velle
Die velle gaan verskillende rigtings. Hoewel aanvanklik 90% na een of 2 Jode in Port Elizabeth. Die dorpervelle word wêreldwyd gebruik vir motors se leersitplekke en leerbaadjies. Die merino velle word geskeer en die wol hetwin as dit lank genoeg is. Die kaal velle word vir poetslappe en seemsleer gebruik. Die kortwol velle word vir die binnekante van leerbaadjies en stewels en ander baadjies vir die koue dele van die wêreld gebruik. Die vellebedryf is omtrent die enigste bedryf wat op 'n "kontantbasis" werk. Betaling geakied dadelik as die velle hande vewissel. (Behalwe natuurlik aan die boer)
Velle en huide se waarde per jaar is duisende miljoene rand. Huide is beesvelle. Dit word vir skoene en ook leerbaadjies en swaardiens leergoedery gebruik. Dit word baiekeer gesplit in 2 helftes met binne kant en buitekant. Dan is die leer dunner.
3 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 3 ure oud


Ano
Klagte
Ne? Ek se ook so! Elke sent tel, veral in hierdie ekonomie. En as hulle hoenderpote vir lekkernye kan verkoop, waar is die stertjies op die rak?
Net so terloops, wat gebeur met al die velle?
3 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 7 ure oud


oral dieselfde


. . . . dit maak nie saak waar jy koop nie,
as jy mooi die transaksie nagaan,
bedonner hulle jou

'n nuwe ding wat die kinders van die nag uitgedink het:
. . . . is om JOU KAART TE SWIPE,
dit doen hulle twee keer
. . . . gewoonlik druk hulle die kaart in die gleuf,
en jy PIN jou KODE.
Toe ek navraag doen,
vind ek uit 'n SWIPE het geen PIN nodig nie,
en twee keer SWIPE,
het sy een oop kaart om iets te koop.
Nou trek ek die geld by die ATM,
en betaal net met kontant.
3 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 14 ure oud


Daglig roof . . .
ek kan verstaan hoekom jou bloed so kook!
3 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 15 ure oud


ai fok
en stertjies is soooooooo lekker.
3 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 6 ure oud


Sterte
Hoor, hoor!!!!!!!!!! Stem ten volle met jou saam en ek sê ook FOK DIT (en die slagpale)
3 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 6 ure oud


Die waarheid is...
Die sterte word apart verkoop teen waarskynlik 'n hoër prys per kg as die karkas. "Money from home" vir die slagpale, maar in der waarheid gesteelde goedere. Soos die R5 of R7 per maand wat die selfoonmaatskappye hef vir sg. "Nommeridentifikasie" wat die selfoonnr van die mense wat skakel vertoon en jou nommer aan die ander vertoon.
Alles mafia schemes. Die regering doen dieselfde dinge, noem dit "belasting" of "heffings".
Dis tyd dan die produsent en die verbruiker en die gewone Jan Alleman sê: "Genoeg is genoeg! Ons gaan nie meer verneuk word nie!"
3 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 7 ure oud


stert
Nou wat is hulle dan van plan om met die sterte te doen as die groothandelaars dit nie wil hê nie? Dis waar wat jy sê, klein hoeveelde geld tel op en maal tot reuse bedrae wat jou laat skrik as jy die somme begin maak. Sit nou rente by en vermenigvuldig met 10 jaar, en kyk waar kom jy uit.

Ek hoop jy voel nou beter na hierdie lekker groot kla :-)
3 jaar 5 maande 3 weke 3 dae 8 ure oud



Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar