Gorrel

Titel: Laf wees.
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Anria, jy is weird.”

My antwoord daarop? Ek weet.

Ek weet regtig en ek geniet dit. Deesdae geniet ek dit ekstra om weird te wees. Ek het my rekenaarskerm by die werk vol smiley faces geplak. Daar is ook inspirerende sê-goedjies teen my kantoormure geplak. Vandag in ete het ek gedans agter my lessenaar ...
Hoekom nie?

Die musiek is dan so mooi!

Die pad, van seer na vrede, is nie maklik nie. Dit is nie eenvoudig nie. Mens stap dit ook nie oornag nie. Maar ek kan julle belowe, elke tree ... elke seer inasem en moeilike uitasem is die moeite werd.
 

My motto : I am a masterpiece in-wording. Watch this space !

Daar is mense in my lewe, julle sal weet wie julle is ... wat my met my pad gehelp het. Ek sal tot in ewigheid dankbaar wees dat God julle in my lewe ingebring het.

Een van julle het my op ’n baie harde manier gewys hoe min ek van myself dink. Hoe swak ek eintlik (was)is. Jy het my ook gewys hoekom ek meer werd is as wat ek nog my lewe lank geglo het ek is. Dankie, vir jou. Jesus het jou spesifiek op die regte tyd aan my gestuur. Jy sal vir ewig my beste vriend bly. Ek sal vir ewig dankbaar wees vir jou. Jy beteken soveel meer as wat jy ooit sal weet.

Ek weet my pad is nog lank nie klaar nie. Daar is baie opdraandes en afdraandes, klippe, riviere en berge om uit te klim. Maar ek is gereed!

Ek het vrede want ek het vergewe. Van punt A tot myself.

Anria is so bietjie weird, maar dis net omdat sy uiteindelik gemaklik voel om haarself te wees ... en om te straal soos sy nog altyd wou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Applous
Ek haal lig vir jou asem.
4 jaar 4 dae 1 uur oud


Weird
En alles is wat jy bedoel was om te wees. En nou weet jy...vergifnis doen mens vir jouself...nie vir die oortreder nie. Wonderlike vryheid en vars hoop het jy gevind....en nou is ek ook lus om te dans!
4 jaar 5 dae 4 ure oud


***
Ek dink jy's op die regte pad.
4 jaar 1 week 17 ure oud


Laf
Ag hoe wonderlik!! Bly glo in jouself en wees lief vir Anria..Sooooo bly vir jou ! Dis 'n oorwinning as mens kan vergeef!! Moet nie Sy hand los nie, Hy is daar...Lief vir weird Anria! En ons geniet jou!
4 jaar 1 week 19 ure oud


weird
So bly Anria, ek lag (hardop) hier 'all by myself'
van blydskap oor jou en ook oor Rudi se laaste opmerking.

En jy kan skryf girl! maak weer so!
4 jaar 1 week 23 ure oud


Ano
Applous!
Ek het net een woordjie vir jou (of drie...) :-D
Jy is awesome! Altyd. Weird is lekker, want wie wil nou eintlik 'n skaap in die massas wees?
Moet jou so bietjie reghelp hier : I am already a masterpiece.
4 jaar 1 week 1 dag 3 ure oud


Weird?
Wat is "weird"? Is alle digters en skrywers nie ook maar "weird" nie?

Niks verkeerd met jou nie. Ek dans as ek vroegoggend moeg opstaan. Sing kliphard saam met die liedjies wat in my kar se radio speel. Trek 'n groen en pers kous aan, as my voete koud kry. Ek praat met my plant ens.

Weird is goed, dit hou ons aan die gang en mense word jaloers, omdat hulle nie het wat ons het nie!
4 jaar 1 week 1 dag 8 ure oud


...
Sterkte met die pad :-)
4 jaar 1 week 2 dae oud


die weervoorspelling
wel,as jy n narpakkie wil dra,is dit fine.
solank jy net in jouself in groei.
Gemaklik is met jouself en in jouself.
Vrede het.
Fun het.
en happy is.
par for the course.

( moet nou net nie teen die lamppaal voor die stadsaal gaan piepie nie,hoor.)
4 jaar 1 week 2 dae 3 ure oud


laf wees
Anria na wat jy deur is is dit baie goed om dit te hoor. Geniet jou nuwe lewe voluit en ek is saam met jou bly
4 jaar 1 week 2 dae 9 ure oud


Laf wees.
Ek glo enige mens het 'n hunkering om te kom by die punt waar hy graag sy lamp wil vul met liefdesolie en vreugdesolie. Waar die strale sal skyn totdat ander dit sal sien om ook soos jy dit vandag hier aan ons kom meedeel. Mag daar net vreugde en voorspoed op jou pad wees en mag jy geseënd wees waar jou voete ook al sal gaan.

Sterkte op hierdie lewenspad Anria.
4 jaar 1 week 2 dae 16 ure oud


Hmmmmmmm
Ja, dis goed om 'n besluit te neem en na jy 'n tydjie die pad geloop het, kan terugkyk en sien dat jy gevorder het en dat dit die regte pad is...
Hou so aan!
:-)
4 jaar 1 week 2 dae 17 ure oud


A masterpiece in the making . . .
Ek dink jy's klaar al lankal een. Jy begin dit nou net maar eers besef en leef.

♥♥♥
4 jaar 1 week 2 dae 18 ure oud


Laf ...
Vrede in jouself is die heel belangrikste ... en as dit met laf gepaard gaan ... well done!
4 jaar 1 week 2 dae 19 ure oud


Laf
ag die lewe is en bly n lied!!! Dans Anria, dans die wereld vol want onthou altyd jy is n Koningskind .. ons jubel saam met jou.. en ja jy mag maar weird wees hoor!
4 jaar 1 week 2 dae 19 ure oud



DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar