Weergawe: 1
Aantal woorde: 525
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 14 Jun 2015
"Ja, Linda, ek is hier." "Kan ek maar inkom?" Hoekom vra die lastige vroumens nog, sy is klaar binne. Klaar neergeplak op die stoel. Dagga zol in die een hand en laang glas whisky in die ander.
Vet, valse dronkverdriet-trane loop oor haar wange. "Jan, ek is so diep in die (ek kan nie die regte woorde hier plaas nie) moeilikheid. Wat kan ek doen om daar uit te kom?" Met eensluk is die glas leeg. 'n Vet trek aan die zol volg.
Onbeheersde woede neem van my besit. Ek haal diep asem om myself te kalmeer.
"Linda, nou luister jy, en jy luister baie mooi na my. Jy is verdomp lastig. jy pla my met jou dronk en dagga berookte lyf. Allles wat met jou gebeur, bring jy oor jouself met jou gesuip en dagga rokery. Jy wil nie luister nie. as jy nie wil luister na raad nie en steeds jou eie kop wil volg moet jy my nie weer kom pla nie. Jou man, wie se as jy hier buite onder die akkerboom gestrooi het, bewe en spring op en af as hy sien hoe jy tekere gaan. Jy suip 'n liter whisky per dag uit. Verkwis geld asof dit uit die mode gaan. Almal kom vreet en suip op jou tiekie. More is jou geld op en al jou sogenaamde vriende is weg.
Verwyder nou jou dronk liggaam uit my woonstel want jy is nie welkom hier nie."
Twee dae sien ek haar nie met 'n oog nie. Dan weer daardie gehate blikstem. Maar tog, dit klink anders.
"Jan, mag ek asseblief inkom?" Sy kom binne,so nugter soos nog iets. Ja, sy het agterna gaan nadink oor my harde woorde. Sy besef dat ek reg is en sy verkeerd. Die afgelope twee dae het sy steeds gedrink, maar sy het steeds 'n halwe bottel oor!
Dit gaan stadig, maar algaande gaan dit beter. Dis nog net oor naweke wat sy totaal uithaak.
Dit het my ook aan die dink gesit. Die Vader weet hoe baie ek bid dat ek nou ook maar finaal kan terugkom na my vrou en huis. Nes ek dink dat dit nou gaan gebeur, dan gebeur daar iets wat dit net nie moontlik maak nie.
Nou wonder ek. Is dit dalk Hy wat keer dat ek finaal kan huistoe kom? Dalk wil hy juis vir my gebruik? Sy erken openlik dat sy 15 jaar gelede, met haar ma se begrafnis, in die kerk was. Ek het haar al genooi om saam met my kerk toe te gaan. Sy begin dit oorweeg. ek wil haar egter onder geen druk plaas nie. Stappie vir stappie wil ek haar geleidelik nader bring.
Ek het al so baie gevra dat Hy vir my moet wys wat is my doel hier op aarde. Is dit dalk waar Hy my in Sy plan met Linda, wil gebruik??
Wat dink julle????
Lees ander gorrelstukke deur Jan v.d. Merwe
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae