Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Ek is vandag soos Elia, wat in ‘n grot lȇ en wag om te sterf. Daar is niks om meer voor te lewe nie. Niemand gee om nie en niemand verstaan my nie. Dit is my laaste ete, my laaste woorde, my laaste trane, my laaste gebed. Selfs God sien nie meer my potensiaal raak nie. Ek is verlore …”

Snert!!!

Jy is spesiaal.
Weinig minder as die engele
Meer werd as korale
Gekoester teen God se hart
God se oogappel
In Sy handpal gegraveer
Mede-erfgenaam in Christus

Staan op. Eet en versterk jou.
Die pad vorentoe is groter en beter as die een waarop jy gewandel het.
Maak jou oȅ oop.
Maak jou hart skoon.
Maak jou mond wawyd oop… en begin leef.

Lewe is om te waag, val, opstaan, loop, hardloop… val en opstaan…
Sien geleenthede raak en gebruik dit.
Gryp elke dag aan met jou hele hart en siel.
Leef voluit… asof dit jou laaste dag is!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

MOOI!!
Het hierdie nou SO geniet! Fantastiese kreet, wat ek dink almal van ons gerus maar so elke nou en dan kan lees..
Baie mooi gedoen :)
5 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 16 ure oud


leef
Baie dankie vir hierdie positiewe en motiverende bydrae, Moekie. Dis okay om foute te maak en mislukkings te hê. Dis die beste manier om te leer :-)
5 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 22 ure oud


.
Dis baie mooi en motiverend geskryf.
Dis maar net die teleurstellings wat dit moeilik maak jong.
5 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Suid-Afrika in die Eerste Wêreldoorlog

deur Francis Gillieron

Kroniek van die rol van Suid-Afrika in Eerste Wêreldoorlog. Gedenkuitgawe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar