Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het vandag een oorsaak van ‘n depressiewe gemoed in myself gevind, leuens. In my werk verwag mense van my om te lieg. Ek haat leuens, leuenaars en lieg en die oomblik wat iemand my vra om te lieg sak my gemoed grondwaarts.

Ek bid onse Vader om hierdie tipe ding te stop. Ek gee nie om hoe nie. Ek sal ‘n ander werk doen as dit moet maar as hy hulle harte kan verander sal dit vir ons almal beter wees.

As die enigste manier om dit te stop egter is om diegene wat van my verwag om te lieg net daar te laat dood neerslaan sal ek dit egter ook met blydskap in my hart so aanvaar. Ek sal nie een van hulle mis nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

AA
Ek haal my hoed af vir jou. :)

Ál die wette van Moses is gegee om ons te beskerm, vry te maak, nie om ons in te perk of ons vryheid weg te neem nie. Hoe sê Jesus? O ja: "Ek is ...die Waarheid... en die Waarheid sal julle vrymaak."

Sterkte!

6 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 18 ure oud


selfverwerping
Ag man, maar jy is so eerlik dis steurlik! :D Jy weet natuur dat die 2 wat gelieg het oor hulle tiendes net daar kaboef neergeslaan het. So dit kan gebeur, maar Hy weet wat hy sal doen, hou net aan met glo, ek was al in die dieselfde posisie. Ek moes voorgee ek is opgelei in sekere prosedures om geld te maak vir besigheid sonder etiek, het geskuif en moet partykeer steeds die waarheid verdraai om die realiteit te laat klink soos pasiënte dit wil hoor, maar kan meer vrede daarmee maak.
Moeilike een die, sterkte. Beslis ’n groot rede vir depressie. Jy verloën jou siel en dit waarin jy glo. Dis self verwerping, Ok ek gaan stilbly!
6 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud



Van ons ander lede

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag gee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar