In my lewe:
‘n Vrou
‘n Kind
‘n Dier
Skaad hulle nie.
Klaar.
In ag genome Zorba se wysheid:
“There is one Sin God will not forgive; when a woman calls a man to her bed – and he wil not go!”
Ons vakansie by Uvongo. Ons verkies die selfhelp woonstelle op die riviermond by die see.
Daar hou hulle ook die uithuur roeibootjies en daar en effe hoër op in die rivier, bymekaar water voëls en die mooiste is die Kolganse.
Geen mens is alwetend maar het wel iets by iemand gesien. Ben het vir my geleer.
Geleer van die voëls van die hemel.
Ben het my geleer dat voëls jou liggaam feromone kan optel en lees.
In my jare met voëls boer het Ben my gewys hoe vang hy enige voël.
Ek pas die kennis toe deur rivier op te roei en brood krummels vir die Kolganse op die water te strooi
Op dag drie kom eet hulle al naby my bootjie.
Op dag vyf swem hulle agter die bootjie aan en kom eet op die grasperk voor die woonstel.
Op dag sewe kom hulle die sitkamer van die woonstel binne en vra vir hulle ontbyt.
Die braaiplek skoonmaker en tuinversorger is ‘n bejaarde Zoeloe en hy word my geselsgenoot.
Hy vertel my van sy Stat met beeste en ses vrouens in die Middelande en hy vra vir my:
“Wat doen jy met die Ganse?”
“Ek geniet die Natuur en die diere van die veld.”
Hy wys met sy vinger na oorkant.
“Wat sien jy daar?”
Ek sien die klipuitgelegde muur onder deur die padbrug, gebou om die rivier met oorstroming in toom te hou en ek sien ook die jong mannetjies op die klippe sit met hulle oë gerig op die vakansiegangers op die strand en hulle oë bespied noukeurig en ek weet dit is stropers wat die mense op die strand se handdoeke en beursies – so onbewaak – loop steel.
“Ek sien die skelms wat sit.” antwoord ek ou Madala se vraag
Hy is droog: “ Jy sien reg maar hulle sien ook vir jou en hulle sien hoe roep jy die ganse en hulle leer by wat jy doen.”
Die skok van die man se woorde was ‘n hamer slag tussen my oge.
Die bewus dat ek daardie Kolganse se dood veroorsaak.
Die res van die twee weke vakansie het ek gebruik om sulke klein stringetjies crackertjies by die kafee te koop en dit vanaf die roeibootjie na die Kolganse te gooi en te hoop dat hulle sal besef dat die mens is maar net ‘n valse Adder – terwyl hulle vlugtende in hulle se onbegryp die lug in styg –
Liewers weg van die mens –
Na veiligheid.
2015/02/21
Lees ander gorrelstukke deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae