Indien jy jou wyshede op die Internet plaas, word dit optelgoed.
Optelgoed is Jakkalspis en dit beteken universeel.
Ek benoem dus nie die sprekers nie maar seg wel dat dit nie my eie dinkwerk is nie.
Ek dink dat liefde is vir my soos asemhaal – moeilik beheerbaar en daarsonder heers net vaal en die dood.
Ek kan liefde nie definieer nie maar ander seg as volg:
NB>
Glo dit as jy wil –my pa was ‘n soutie uit Ladysmith in die Kaap. Ma kon die Ingels nie uit hom uit moer nie maar bewaar die kind se siel wat vir pa op Ingels sou antwoord.
Vandag sukkel ek met die rooi taal maar ek gaan probeer om sinvol uit die Beste Boekie te vertaal.
Hoe spel jy Liefde?
Klein varkie teen jou bors
Die mees vermorsde dag
Is een sonder ‘n lag
Uiteindelik is die liefde wat jy ontvang
Absoluut gelykstaande aan dit wat jy uitdeel
Verskillende geslagte is gewoonlik die gedagte
Maar realisties sal ‘n Volk baie meer suksesvol wees, wanneer hulle die talente en waardes van die vrou aftap en aanwend.
Dan
So op die trant van die liefde –
Kinders.
Die familietrop – hoeveel kinders daar ook in die gesin is –
Is soos ‘n rangskikking van blomme
Daar is altyd een wat na ‘n ander koers staan as wat die rangskikker sou wou hê.
Dit is baie waar.
Ek het net drie blomme en wragtig, twee van hulle is op hulle eie Planeet-
Op die oog af baie Happy
Maar nie waar ek hulle wou hê nie.
Die filosofie was nog nooit my sterk punt nie.
Ek is ‘n doener – maak reg die onreg en doen alles op die regte manier.
Liefde en tyd . . .
Zak Buitendag se woorde:
“Those were the days – and when I say the days – I mean the nights as well”
Maart is op hande – Voorbereiding
Dan volg April – afronding
Dan kom Mei – Hit the Target !
Al drie myne is in Februarie gebore . . .
Jip.
Those were the days!
So van die Liefde gepraat . . .
2015/02/26
Lees ander gorrelstukke deur sneeuwolf
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Kiekies
'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.
Ek dink 'n bos deurmekaar blomme is baie mooier as 'n formele rangskikking :-D