Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Raai, raai:
Vier loop in die pad, vier hang in die pad. Twee jaag die honde weg, een jaag die vlieë weg.
Wie is dit ?
Ek staan in die deur van die melkstal. Twee emmers in my hande. In die een is haar poeding. Die ander een is die melk emmer.
Ja, korrek. Blommetjie het gekalf. Die droogte is agter die rug. Geen droog pap meer vir my nie. Dit was swaar maande.
Droog pap en kaiings. Bruin poeding sonder vla. Swart koffie.


Blommetjie stap vinniger deur die weiveld. Die swaar uier al swaaiende. Sy verlang ook na haar kind. Ek hou die enetjie bedags in die kalf kampie.
Ek strooi haar lekkerny in die krip. Ek plaas my sitstoeltjie reg en spuit met die water spuitjie die uier skoon. Ek droog af en Blommetjie ontspan. Die melk drup vanself uit.
Ek druk my wang vas teen haar lies en adem die geur van haar liggaam in.

Luister mooi vir my. Die Laventel mense weet niks. Indien daar een geur is wat hulle moet bottel, is dit die geur van ʼn melk koei.
Hier bly ek stil. Hulle is dom en daarvoor is nie pille nie.

Ek trek die eerste twee strale melk uit. Blommetjie sê dadelik dankie.
Sy draai haar kop heel terug en gee my ʼn lek teen die nek met haar skurwe tong. Ek tel haar asem op. Die geur van vars gesnyde lusern.
Blommetjie gee en gee en gee. Die skuim vorm dik bo op die melk.
Ek buig my kop laer en trek ʼn dik straal in my mond. Net die regte hitte vir melk. Hemels.
Ek los een speen uit. Dit is die kalf se kwart. Sy en haar kind slaap saam op die strooi bed.
Ek wonder watter slaaptyd storie sy vanaand vir die kind gaan vertel.

Ek stap die koelkamer binne. My probleem word groot.
Blommetjie gee baie melk. Meer as genoeg vir die familie. Die res gooi ek in emmers met deksels. Dit moet dik word, ʼn paar dae staan.
Ek kyk op. Aan die vleis hake hang alreeds drie kussing slope, vet van die dikmelk.
Die familie het nou ook al genoeg maas kaas.

Die lewe het ʼn reël. Moenie verniet gee nie. In die begin kom mense haal, later moet jy aflewer. Mense is snaaks. Onverstaanbaar.
Later moet jy selfs houers gee.
Marie bel my. Marie is ʼn innoverende vrou. Ek en Marie loop al ʼn lang pad saam.
Ek slag en verpak en Marie verkoop. Skaap, bees, vark, hoender.

“Willem, daardie oorskot melk, bring dit vir my.”
Ek gaan na ‘Kitchen Kingdom’. Ek koop 5 liter emmertjies met deksels. Ek lewer by Marie af. Marie verkoop en doen baie goed.
Twee, drie weke gaan verby. Ek is gelukkig en Blommetjie is gelukkig.
Ek kom by Marie. Ek sien kommer op haar gesig. Op die vloer staan drie emmertjies onafgehaalde melk.
“Marie, wat is verkeerd?”
“Willem, die mense kla. Hulle vertel daar is fout met jou melk. Ek weet egter, daar is nie fout nie. Die mense kry nou meer melk as wat hulle regtig benodig en nou staan die melk. Die gevolg is, die room gaan na bo en word styf. Die mense ken nie room nie.”
Ek dink. Ek is ʼn man van planne. Marie is innoverend:
“Marie, Hierdie waskamertjie is baie koel. Hou die melk vir een dag, skep die ergste room af, top op met skoon water, en maak jogurt en roomys. Vertel die mense dat die koeie net té veel lusern geëet het en dat alles nou weer reg is.”
“Willem, ons is terug in besigheid.”

Dit gaan goed. Ek koop by Maans nog ‘n mooi Jersie koeitjie.
Marie verkoop vars melk, room, roomys en jogurt.
Die foon lui. Ek sien dit is Marie:
“Haai Marie, hoekom bel jy?”
“Willem, daar is nog ‘n vrou. Sy kry melk by iemand anders maar wil graag oorskakel na jou melk toe.”
“Marie, dan is dit mos reg, maak só. “
“Willem sy bly aan die Noorde kant van die Dorp, meer daar na jou huis se kant, sal jy nie maar in die oggend daar aflewer nie?”

Só gereël, só gemaak. Ek laat rus een emmertjie melk, skep die room eers af, top op met water en ry om te gaan aflewer.
Ek stop voor die deur, stap voordeur toe en klop. So ‘n klein seuntjie maak oop.
Hy kyk vir my en sien die emmertjie in my hand. Hy draai sy koppie terug die huis in en skree op sy ma:
“Maaa, die melk oom is hier, het ma geld of moet ek buite gaan speel?”




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die melkman
wonder hoeveel blou smarties daai seuntjie al opgetel het?
Hoe lus is ek nou vir daardie vars plaasmelk - onafgewater dankie! Daai room kom saam.
Ordentlike korsie warm brood vars uit die oond;
met vars plaasbotter ingesmelt;
'n behoorlike laag vyekonfyt uit die bottel in die spens;
dan gooi jy hom toe met daai afgeskepte room.
Wie kan dan meer vra - hemel op aarde!
8 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 17 ure oud


Melkman
Ek is aan jou kant en ek praat nie uit nie. Moes hy toe buite gaan speel? Ai so spuitsel melk uit die speen! Wanner sal ek dan weer 'n kans kry? Gee vir my en Bokka 'n joppie da by jou, dan trek ons more.
8 jaar 5 maande 3 weke 7 ure oud


Die melkman
O bliksem tog! Ek lag sommer lelik en hard. So 'n romerige storie het nou sommer roomys geword. Kostelik, Oom! Kostelik!
8 jaar 5 maande 3 weke 1 dag oud



Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar