Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die sis -
Die sis deur saam geperste lippe . . .
”Wil jy my leer kook?’ sing nog in my ore toe ek die sifdeur na buite agter my toetrek.
Ek is mos nou oorbodig . . .
Ek kierie die trappe af en Bella se stert waai en die ogies blink en ek maak my woorde duidelik en luid en presies soos my beste een van die Sondae wanneer ek op die kansel moet staan en draelig aan die gemeente die belofte verkondig en soms ook vermaan:

“Bella, los daai stertwaai vir later – vandag eet julle honne weer uit die boeke uit!”
(Het julle geweet honde mag nie sout eet nie ?)

By elke hond wie se kamp ek moet deur om by my grot uit te kom, stil ek en ek herhaal my belofte aan die hond en ek kan sien hulle verstaan want die stert swaai beter.

Ek sny ‘n lang strook van die patroon papier af en rol dit uit op die sny tafel en kry my potlood en uitveër en alles wat wêrelds is rol van my skouers af en ek versink in my wonder wêreld van teken en ontwerp terwyl RSG se Sondag uitsending sag in die agtergrond afspeel en . . .
Die skel van die SMS op die foon ruk my met ‘n skrik uit my idillies terug na dit wat werklik tans in my lewe afrol.
“Hy is hier”

Ek skakel die dakwaaier af en is effe spyt oor my program wat ek gaan mis –
‘Hoe verklaar jy dit?’ is een van my gunstelinge maar ek het troos; ek kan dit môre aftrek deur middel van RSG se Potgooi fasiliteit en Bruce is eerste op my pad en sy kyk sê:
“Oubaas, onthou jou belofte – ek is dun!”

Nonna lê plat op haar maag in die koelte van ‘n groot appelkoos en net die blink van haar ogies vertel van haar afwagting.
Bella is nog op my pad en sy kom haal my sommer by die hekkie en hardloop vooruit om Boeta se aankoms uit te wys en hom te verwelkom en ek spoed aan om die mandjie met kosbaarhede by hom te vat.

Ek meen, vir die beproewing wat voorlê het ‘n man kragte nodig;
Kragte van bo en kragte van onder die prop . . .
Maar . . .
Maar ek maak dit nie. Regoor die agterdeur ruk my wese tot stop en my wese vermatiseer in rukkings – rukkings van verheerliking – rukkings en verstik aan geur en reuk en . . .
“Môre pa, is pa okei . . .?”

Bring my terug maar hy versteen ook en lig die kop en besnuif die lug en hy kon nie help nie:
“Het pa toe maar gekook?”

Daar is een toneel wat my altyd fassineer. Dit is waar, ‘n man se loop hang af van sy maag.

Hier In die herfs jare bluf jy my nie meer met baie kos nie. Dit moet lekker wees en net bietjie – net uitsoek bietjie.
Maar
‘n Man in sy sportiewe veertigs se maag en . . .en . . . is die dryfveer.
Daarom is die dophou fassinerend.
Dophou hoe hy net soos sy ma eet; effe gulsig en vinnig so sonder om om te kou en dan sy tweede help effe uitsoekerig en dan . . .
Die kersie op die koek wanneer ma die bakke nader trek en vir hom vir die week uitskep terwyl ek in stilte dophou en waarneem.
Vandag is sy kyk na ma se uitskep duidelik afgunstig, vraatsug en suinig en ek het darem ook ‘n sê:
“ ‘Nita, los vir my ‘n stukkie van die hoender en stampmielies en sous –“
Ek kon nie verhelp want reg is reg en eerlik is eerlik en dit het vanself gekom.
“Jy mag maar kook – vir die manne . . .”

Ek wonder
Ek wonder of haar stilswye ‘n antwoord was.
Of
Of was dit net ‘n herhaling van ons wonderlikste tye die afgelope 47 jaar saam:
In stilte onder die koelte met ‘n koppie tee en ‘n bakkie klein koekies.
Ek wil nog
Ek gaan nog
Ek sal nog eendag
Ware liefde definieer.

2015/01/26

Napraat:
Die honde?
Daai hoender had nie beentjies nie ; die beentjies is BENE !
Sy het hom ge-piri-piri en in die oond ge-top rooster maar eers al wat been is verwyder.
Die honde het smaakvol en duidelik dankbaar gedeel.

Mooi week vir julle almal!!





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ma kook
Sjoe, al my sintuie ruik, proe en sien die lekkerte!

So bly oor Boeta, mos 'n Ma se swak, 'n seunskind.

Is dit hy wat kitaar speel?

Laai tog asb vir ons 'n ietsie op, sal graag wil luister.

Regtig lekker gelees, maar tog bietjie bekaf, wat van die nagereg, jy sal weer moet skryf, ek wil weet van die poeding!
4 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud


ma kook
willie humor op sy beste
4 jaar 7 maande 3 weke 2 dae 15 ure oud


Ma kook . . .
Corina,
Die fotos?
Ek kan my eie alie skop.
Ek is besig om 'n film van miere te maak en dit het my kamera se batterye opgevreet

Sorry
Maar
"sy sal sekerlik weer kook!"

:-))
4 jaar 7 maande 3 weke 3 dae 2 ure oud



tussen woorde se oop spasies

deur BennyB

Die bundel dra ek op aan elke leser. Al word slegs een mens deur die verse geraak, al gee dit slegs een mens hoop dan is my hart rustig en nou en môre vir my perfek!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar