Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

"Help, help!...hoekom is dit tog so moeilik om bed op te maak?" kom dit uit Natalia se kamer. Tesame - natuurlik - met 'n reuse gesteun en gekreun.

Miskien het sy gehoop ek gaan die takie kom oorneem, maar ongelukkig vir haar het híérdie ma besluit dis tyd dat sy haar eie bed opmaak. Ek het darem nogtans gaan loer wat aangaan...en sommer die bb byderhand gehad vir 'n paar foto's :-) Díé petalje het bed-opmaak nogal na pret laat lyk en ek kon nie help om te glimlag nie. Ek is byna seker sy het 'n paar lesse by my gekry...destyds...toe ek ook nog onder 'n duvet geslaap het.

In elk geval...hier is 'n foto-gids vir alle tienerdogters (of ma's van tienerdogters), wat dalk nog onseker is oor die prosedure wat gevolg moet word tydens duvet-oortrek en bed-opmaak. STERKTE :-)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

bed opmaak
jammer ons kan hulle ie meer weermag toe stuur nie bed opmaak is een van die basiese dinge wat jy gou leer
5 jaar 4 maande 1 dag 21 ure oud


Aansluitend aan my vorige redenaars...
Ook ek het 'n oplossing vir ,daai probleem' gevind.

Ek versmaai sedert ongeveer tien jare sulke veselbeddekens met lyksak, en het teruggekeer tot die ou ,militêre' bed met twee lakens en wolkombers(-e) soos Corina dit beskryf. Ek slaap lekker en ek lag in my vuis wanneer ek al die frustrasiegeskreeu rondom hoor wanneer bedopmaakdag aantree.

Slegs, as ek êrens moet oornag, dan weet ek nie hoe om my voete warm te kry nie, want die res van die wêreld is oral met sulke nagmerriesakke uitgerus.

GvT
5 jaar 4 maande 1 dag 21 ure oud


***
My ondervinding strook baie met dié van Corina.

Maar deesdae het ek 'n metodiek vir die oortrek van 'n duvet wat nogal redelik goed werk.

Dankie vir die lekker lees/kyk...
5 jaar 4 maande 2 dae 6 ure oud


Maak op . . .
Oooo Vader,
Om daai oortreksel reg te kry sonder twee groot haakspelde op die onderste hoeke . . .
Ek speld die inner se hoeke vas dan skud ek die lot tot op sy plek.

Neewat, ek het klaar gesukkel en gestoei

Pragtig Natalia -
Na vier keer se gesukkel werk dit soos 'n droom
Kom net agter die kap van die byl!
5 jaar 4 maande 2 dae 8 ure oud


Bed
Foto nr 8 spreek boekdele! Dit laat my ook verrrr terugdink en ek is seker die manne wat in die weermag was dink ook terug.
Ai foeitog man ek kry haar skoon jammer, arme ding!
5 jaar 4 maande 2 dae 8 ure oud


Hehehehehe
Dit laat my sommer weer 'n storie skryf . . .

Ons is as sesjariges koshuis toe en moes toe al perfek kon bed-opmaak ~ onderlaken, bo-laken, kombers(e), omvou bo, kussing, deken oorgooi, invou onder die kussing. Gladstryk sonder 'n kreukeltjie. Dit net na die opstaanklok gelui het sesuur in die oggend. As jou bed nie 100% was nie, pluk die juffrou hom heel af en jy moet alles oordoen. As jy laat is vir ontbyt, kry jy slae!
5 jaar 4 maande 2 dae 8 ure oud


eie bed
hehehehe.. en so leer hulle!!! Dankie vir die deel Carma
5 jaar 4 maande 2 dae 10 ure oud


.
Mens bemeester dit mos maar later, of altans ek het ... maar ek onthou nog hoe ek ook binne die oortreksel geklim het om dit reg te kry.

Goeie fotos!
Dis so oulik, half moedeloos half skaam.
5 jaar 4 maande 2 dae 13 ure oud


bed opmaak
Ek sukkel ook met dit, nou leer ek ook iets nuuts
5 jaar 4 maande 2 dae 13 ure oud


bed opmaak
Ek het ook maar so geleer, totdat ek agtergekom het dat dit makliker is as die oortreksel onderstebo gedraai is. Knyp dan die oortreksel se punte en die duvet se punte vas. Skud-skud-skud en die oortreksel glip maklik oor.

Ha-ha!
5 jaar 4 maande 2 dae 14 ure oud


bed opmaak
Die foto's vertel als. Foeitog dis n stryd maar aanhouer wen.dankie vit die deel ek hetlekker gelag
5 jaar 4 maande 2 dae 14 ure oud


hmmmmm
Vele hande maak ligte werk..
;-)
Mens het minstens 4 hande nodig om 'n duvet in sy oortreksel te kry..
;-)
5 jaar 4 maande 2 dae 14 ure oud


Heerlik gelag
Priceless....for everything else there is Mastercard!!

Weet sy vd fotos??

Dankie vir die lekker-lag!
5 jaar 4 maande 2 dae 15 ure oud


bed opmaak
Dit is SO oulik!!! Is MAL oor die fotos!
5 jaar 4 maande 2 dae 15 ure oud


giggel.
die laaste twee foto's is priceless.
Ja..bedopmaak is een van die moeilikste take in die wereld...
as dit een van die vereistes was om werk te kry(dat dit op jou CV moet wees en dat jy ondervinding daarin het)..sou baie meer jongmense werkloos gewees het....
5 jaar 4 maande 2 dae 15 ure oud



VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar