Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die kinders van vandag weet nie wat is pret nie. Kyk nou vir Habana. Dis hoe ons ook gemaak – As jy hom nie kan vang nie, gee vir hom, in die weghol, so ‘n ligte stampie op die rug en daar trek hy soos ‘n vlinder deur die lug en hy val plat op sy bek!
Faait- faait was ook pret. Die reël was om nie met ‘n blou oog of stukkende bek van die skool af te kom nie,
Dus – maak jou ouma!
Staan twee tree uit mekaar en skraap ‘n mooi hopie sand bymekaar.
(Sand was oral – die hele skool gronde was net sand )
Elkeen het nou ‘n hopie sand – geliefde ouma – voor hom en nou moet jy keer:
” Ek gaan jou geliefde ouma nou futup skop!”
Val hy aan om te skop, lig die elmboog vinnig, skerp en reguit en sy bo-tand gaan in sy keel af.

Let wel, ek het nie ‘n hand gelig nie.
Ons het nie gefaait nie!
Victor Matfield onthou sy Army dae – hy spring op die ou se rug en ry hom soos ‘n perd want hy dink aan die Army

Sa’majoor Spoeggies in die Army kon vloek. Wanneer hy jou vloek sien jy eintlik hoe loop die kakkie-sop teen sy mondhoeke af.
Sy lekkerste kwaad word:
“Troep! Ek druk hierrie pas stok deur jou ore , spring op jou rug en ry jou soos ‘n Harley Davidson – Hoor jy vir my ?”

Daar was gisteraand benoude oomblikke – ek het gedurig en na die tyd die veldgras aan die bokke se kant mooi dop gehou.
Sien ‘n bok skrik maklik en as hy skrik skyt hy sommer maklik.
Dit het ek in die Jagveld eenkeer mooi gesien.
Ons het in die kamp lank gewag en selfs benoud geword toe klein Veldskoen nie op tyd opdaag nie. Ons wou net die biere neer sit en maar loop soek, toe kom die klein maergat, vaal, verslete en vuil deur die bosse aan geslomper.
Na twee stewige slukke sommer uit die bierbottel verbeter sy kleur en kry hy sy asem terug en die woorde stotter oor sy lippe:
“Hel, ek loop in daai diep sandsloot op en net om ‘n draai, bo-op die wal in die koelte van Kameeldoring lê ‘n reuse swart Maanhaar en sy geel oge kyk stip na my en ek haal oor maar die slot wil nie in kliek nie en ek ruk en pluk en kyk af en kyk op en die Maanhaar lig effe en hy trek terug en ek weet dis vir die sprong en die geweer slot haak vas en ek bewe en ek dink al daaraan om sommer vir Ta met die kolf te neuk as hy op my is en ek bewe meer en ek draai die geweer om maar ek huiwer en Ta kom aangevlieg deur die lug met sy oop bek en ek besluit op die laaste en ek trek my hand so oor die sand en ek gryp ‘n bollie raak en ek smyt met krag binne in Ta se linker oog in en Ta spring my verby en land agter en ek sien lig – gryp sommer nog ‘n groot bollie en beplak Ta se regter oog en dis toe Ta gaan sit om die bollie uit sy oge te vee – toe los ek die geweer net daar en ek hol kamp toe – gee daar nog ‘n sluk asseblief”
“Maar Veldskoen – daai bollie, waar kom al daai bollie vandaan, broer ?”

“Ag hemel “ en hy trek-trek en vee-vee so aan sy bene en broek “ Die hele wêreld was vol bollie – oral !”

Ek belowe dat ek mooi gekyk het ; Twickenham se veld was skoon.
Ten spyte van die verwoede stormlope op die arme bokke af.

2015/10/25
Napraat – regtig,
(Ek het vir Pombero loop raadpleeg )
Die Aussies gaan vanaand ses uur aftjop teen Argentinië
Dan is dit vlge. Vrydag die Bokke teen die Aussies
Maar
Die ou Tokkelos is ook nie altyd reg nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ouma
Eish! Daai dem tokkelos het weer gelieg!
3 jaar 10 maande 2 dae 9 ure oud


Bokke . . .
ai ou Tokkelos! :(

Ons (ek en my man) het spesiaal na 'n SAner se pub gegaan om te gaan kyk. Al my skrouery in Afrikaans het NIKS gehelp nie!
3 jaar 10 maande 5 dae 2 ure oud


***
Ja-nee, swaer...
3 jaar 10 maande 5 dae 8 ure oud



VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar