Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

'n Dag wat ek vir nog baie jare sal onthou.

Binne 'n bestek van 5 minute en sommer net so verander Secunda in 'n "Siberian Winter Wonderland".

Ons moes klein Samuel inderhaas by die skool gaan haal het. Die gewonne 11 minute skool toe het amper 'n 3/4 uur geneem. Motors en vragmotors het buite`beheer oor die paaie gegly .. vas` gesit .. en ek bid kliphard want die ou Golfie begin toe ook so sonder waarskuwing te 'splutter' soos wat die 'spark`plug' nat word.  "Chaos Personified"

Toe ek by die skool kom kon 'n mens behoorlik die verslaentheid op die kleuterskool personneel se gesigte sien. Al die vertrekke was knie`diep onder die water.

My hart het skoon ineengekrimp toe ek die kindertjies sien waar hulle saam gebondel in 'n klein vertrekkie gesit het.  Ogies groot! Mondjies tjoep stil! & uiteindelik Samuel (toe hy my sien) "My Lalla!" en die beentjies wat nie vinnig genoeg by my kon uitkom nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Maandag
Dankbaar ons was hierdie keer gespaar! Die arme kinders het hul seker flou geskrik.
6 jaar 5 maande 1 dag 5 ure oud


Huh?
Sjoe! Dit lyk erg. Het julle karre nie duike gekry nie? Lyk amper soos wanneer ons hier 'n erge sneeustorm gehad het. Dit lê nou om die draai...ek is mal daaroor! En oor jou storie.
6 jaar 5 maande 1 dag 16 ure oud


!!!
Lykmy dit was kwaai!
As dit so droog was, is haelstorms mos nogal algemeen saam met die eerste buie. Ek het gesien tussen Welkom en Theunissen het die hael ook nou die dag baie diep gelê..
6 jaar 5 maande 1 dag 17 ure oud


Hael
Dit liewe vrou, is genoeg om enige kleintjie op hol te jag.
Vir my ook wat net sal dink aan die skade !!

Dankie
Groot tekort aan sulke persoonlike skrywes!
Dit is altyd welkom indien nuuswaardig!
6 jaar 5 maande 1 dag 20 ure oud


---
Dit was 'n helse haelstorm Toom! Die eerste minuut seker so groot soos Indian Myna eiertjies en toe's dit chaos! Ek het nog nooit in my lewe 'n hailstorm soos hierdie beleef nie.
6 jaar 5 maande 1 dag 23 ure oud


maandag 28 oktober
Pragtig we'll done! Ware woorde so na mens se hart!
6 jaar 5 maande 2 dae oud


Ek sê, ek sê!
Ek sê, ek sê!
Hier by ons is mos winter (aan't kom).
Wat voeter julle met ons se dinge? Hnnh?!
Ek meen nou net.
GvT
6 jaar 5 maande 2 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar