Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Centurion . .
Suid Afrika se Chicago!
7 dae by Sun City. Vier dae by ons. Een dag terug by die huis.
3 Uur die middag, sluit alles en ry gou kafee toe vir wat nodig is – 5 minute se ry.
Stop, klim uit en die alarms op die fone skree. Klim en draai terug huis toe.

Bereken self; begin te tel – vyf minute:
Sestig sekondes = minuut een
Weer sestig tellings = minuut twee
Alsó . . . Alsó . . .

Bure sê dit was drie motors.
Sware ysterskuifhek uitgebreek.
Bakkie in die motorhuis oopgebreek.
Sware beroemde “trellie-door” futtup oopgebreek.
Glasdeur moertoe
Grootskerm tv, alle rekenaars en elektronika, kamer toe en juwele en uitsoek klere
Noem maar op.
En weer sestig tellings en die tien minute (kafee toe en terug) is verby en hulle draai in by die huis en sien . . .
Sestien minute later kom die Taakmag: “Ons hoor die alarm gaan af.”
-      Dus ses-en-twintig minute ( bykans ‘n half uur!) later !
-      Een uur later spoor ‘Tracker’die verlate, opgedonnerde bakkie in die spesie se woongebied op.

Alles goed en wel. Ek stel dit kategories dat daar sit Witvel en gekleurde vel  breins agter die klas van dinge bloot omrede hierdie grapperige spesie net nie die infrastruktuur het om handel te dryf in die gesteelde artikels nie.

Toe.
Met die geharwar, voorraad opname en konsolidasie word heel vergeet van Baba Anita.
Sy is een maand verby twee jaar oud en sy sprak geen sprook maar dwaal in haar eie wêreld van verstomming want:
Die dagmoeder is nog gesluit en sy kyk graag animasie films op die grootskerm TV wyl sy op die bank lê:

“Mamma, TC . . ?”
En sy wys na die leeg plek en Chell verduidelik:
“Weg” wat sal ‘n kind van inbraak en diefstal verstaan?

“Mamma . . . TC koop !”

Op twee jaar verstaan hulle deeglik van koop.

Heppie oujaar en meer heppie nuwe jaar my kinders. Julle is jonk en sal aanpas in hierdie Leeu wêreld.

Dank die Liewe Heer julle was almal weg ten tye.

Rufus die Bulterrier ?

14 jaar oud, doof, stipsienig en geniet sy drie-uur-middag slapie in sy slaapkas in rus en vree . . .

Raait. Wat nou ?

Rekenaars, tablette en sel fone is hoog op die diefstal ranglys.
Die vervaardigers moet soos met geld vervoerkaste ‘n sisteem inbou wat lig ontplof en alles met verf besmeer sou enige vreemde sonder die kode aan die ding werk.

Ek glo egter nie hulle sal nie. Verkope word deur diefstal opgejaag.

Steel hulle Olivetti tikmasjiene?
Mandie – ek faks vir jou in die toekoms my bydraes . . .!

Baai !

Willie
2014/01/03



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

TC
Ek kan dit wragtag nog nie glo of verstaan nie!
5 jaar 11 maande 1 dag 3 ure oud


!
Jenewerwater hoe kook ek nou saam met julle!

Dan is daar steeds mense wat se jy mag nie bek oopmaak en kla nie! Nee, daar moet glo net positiewe woordjies van ons wonderlike reenboognasie oor jou lippe kom!

Wonder hoever het die Buiteland al gevorder met sanksies teen Suid-Afrika? Hulle beter opskud of ons verloor die Boere-struggle!
Hulle beter opskud
5 jaar 11 maande 1 week 2 ure oud


--
Blikemmer! Dis nou 'n goor ondervinding! Aan die eenkant raak 'n mens skoon be`dinges wanneer 'n mens se goeters gesteel word .. aan die anderkant kan 'n mens maar net dankbaar wees dat almal veilig is.

Wat sê 'n mens van "armed reaction" se (Spoedige) "reaction"? Ek dink soms hulle is deel van 'n sindikaat wat inbrake betref.

** hahaha Ja nee kyk, kinders weet beslis wat beteken koop!
5 jaar 11 maande 1 week 7 ure oud


Ano
TC
Ouch vir die skade. Was dit nou 'n goeie inkopiedag vir die skelms en g'n transaksie op 'n bankkaart nie. Wens dit was altyd so maklik vir ons almal!
5 jaar 11 maande 1 week 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Die Storie agter die Storie

    deur Christo Nel

    'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar