Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek is verwagtend.
Askuus, ek wag. Ja, dit is die woord.
Ek wag op materiaal en kan nie werk nie. Dus, het ek tyd om bietjie, net so ’n bietjie jou tyd te mors.
Ek wil graag skinder.
Deur my lewens ervaring het ek twee waarnemings gemaak.
Ek het waargeneem dat die mees onwaarskynlike heel maklik die waarskynlike kan wees.
Vroue.
Nie alle me. Dokter is altyd ’n happy me. Dokter nie. Dit is eintlik logies verklaarbaar. Nie alle vroue hou daarvan om te weet manlief speel elke dag met ander vroue se rosies nie.
Nie alle me Dominee is pastorie moeders nie. Dit is ’n onbaatsugtige morbiede werk somtyds.

Ek gaan een storie vertel. Wees kalm, ek het baie tyd. Luister rustig.
Ek werk met masjiene. Sommige is eintlik ideaal vir ’n dame om mee te werk omdat dit eentonige herhalende werk is. Dames ontspan, luister haar radio’tjie en kan terselfdertyd die babatjie onder ’n kombersie, tiet gee.
Hier is heelwat dames op die plotte wat williglik kom werk omdat daar teen blank gediskrimineer word.
Ek geniet hulle want koekies kom baie keer saam.
Kom nou, mapstieks! Ek bedoel koekies soos muffens…Oo demmit!
Te hel met jou.
Gebakte koekies in patroontjies gedruk…Da’ smile jy weer!
Nie bokspoor patroontjies druk nie!
Klaar gevormde rond, sterretjie, party op mekaar geplak en icing tussen in.
Regte boere oond koekies.
Man mense verveel gou en steel my tools.
Nou is ek skoon van my storie af.

Wel, die dames werk vir my.
Nee! Nie werk soos in daai werk nie. Ek is nie ’n Pimp nie!
Hulle werk op die masjiene.
Wel, so tussen in het ek ʼn stokperdjie. Ook nie die stok tussen die bene…
Wat te duiwel gaan vanmiddag aan?
Hou op smile.
Ek het ’n hobby. Dit is reg. Ek het ’n voël….
Sien, daar gaat jy al weer!
Ek stop sommer.
Ek het ’n papegaai….
Demmit! Vee af daai smile.
Ek boer met papegaaie. Daai goed met vere wat kan praat.

Eendag kom hier ʼn man. Hier kom baie mans en vroue. Hulle kom kyk papegaaie.
Die een stel hom voor as Dominee. Hy loop deur die hokke en bewonder die voëls. Hy kom weer en weer en stel baie belang.
Voëls kos baie geld. Hy wil ook graag met hulle boer maar as Dominee het hy nie so baie geld nie.
Ons word pelle, so baie kom kuier hy.
Eendag, om ’n beker koffie, vra ek hom na die droefheid in sy oë. Dit is opmerklik. Ek het dit al lankal agtergekom, eintlik vanaf die eerste dag. Ek het die gawe om deur jou oge tot binne-in jou kop te sien.
Hy antwoord my dat hy ’n probleem vrou het. Sy is nie ’n Pastorie moeder in die ware sin nie en dit het met die jare - in die loop van die jare, in haar kop gegroei en nou het sy sielkundige probleme.

OK. Ek het raad:
“Bring haar hierheen, ek sal haar op ‘n masjien sit en dit sal haar gedagtes weglei.”
Só gesê, só gemaak.
Hester kom, ek wys haar, sy snap vinnig en sy begin werk. Saam met die ander dames, word dit gesellig.
Hester ontdooi, maar daar is ʼn probleem. Haar huishouding ly daaronder.
Intussen raak sy geheg aan my troetel papegaai in sy koutjie.

Ek is ’n helende mens, en skenk haar die voëltjie, en stuur haar huis toe. Dominee word my ewig dankbaar. Sy vrou is weer vrou. Die voëltjie gaan tot saam badkamer toe.

Dominee kom kuier weer. Sy gesig is bewolk. Hy kom groet my. Hy het ’n beroep baie vêr gekry en gaan trek.
Ek wens hom sterkte toe en skud sy blad.
Dominee is uit my lewe uit, eintlik mis ek hom.

Mannedag. Ons kuier onder die Soetdoring. Die ketel het mooi gespoeg, die druiwe het mooi gedra en die Witblits loop mooier.
Die bekende wit kar trek in. Ek onthou hom want hy is deur ’n garage ge sponsor. Die bekende gesig klim uit.
Ek waarsku:
“Manne, hier is die Dominee!”
Moenie ernstige opmerkings maak as die manne mooi opgewarm is nie.
“Regtig?”
“Gooi vir hom ’n dop!”
“ ’n Dominee wat só vaal lyk?”
Hy kom nader, ek groet, spreek hom op sy amp aan en stel hom voor as ‘Dominee’.
Dit was nie maklik nie, maar ek slaag daarin om die manne in toom te kry.
“Hy kry sy koeldrank en stap met my eenkant toe. Ek kom agter die beswaardgeit lê diep.
“Willie, ek het groot moeilikheid. Ek het die agthonderd kilometer afgejaag. Bure se kat het ingekom en al wat van Hester se papegaaitjie oorgebly het, is ’n klompie veertjies.”
Hy sak sy kop en ek sien die grote hartseer en kommer.
“ Hester het in die vyf jaar versot geraak op die ding en sy het mens geword. Sy is nou byna van haar kopaf!”

Ek het hier ʼn klompie papegaaitjies. Hulle oorsprong is Suid-Amerika. Die spesie is Conures. Hierdie spesie het ʼn eienskap bo enige ander papegaai. Jy kan hom met die hande vat. Jy kan met hom speel. hy is ontsettend intelligent. Hy kyk net een keer hoe jy die hokkie se skuifslot hanteer en dan kan hy dit self doen.
Ek vang een, sit dit in ʼn dra kassie. Die uiters dankbare Dominee groet, wens die manne sterkte en vermaan hulle tot versigtigheid, ry en waai met die hand koebaai.

Ek weet. Met goeie en gesonde sorg, sal die papegaaitjie oor die twintig jaar oud word.
Hy bel my gereeld.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

MEVROU
En wat vertel daai Conure als as hy bel? Sjoe, amper het ek my laat uitlok om allerhande opmerkings te maak. oor die muffins en pappegaai- vole en so-aan. Dis mos maklik hier van my skermpie af waar ek niemand in die oog hoef te kyk nie. Gelukkig kom ek tot my sinne, ander was ek van WOES afgeskop.
Dit was nou 'n lekker gesels storie!
8 jaar 7 maande 1 week 5 dae 8 ure oud


Wie?
Ek kan nie mooi uitmaak uit die laaste sinnetjie of dit die papegaai is wat jou bel nie???!!!
8 jaar 7 maande 1 week 5 dae 20 ure oud


Me Dominee
Wys jou net, hulle is ook mense...en die voël, ag toenou, die pappegaai was die nodige terapie! Hiehie!
8 jaar 7 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


Dominee
Arme ds, wys jou hulle het ook maar probleme!
8 jaar 7 maande 1 week 6 dae 2 ure oud



AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar