Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het ondergenoemde stukkie op gorrel geplaas en gevra vir gebede. Dankie vir julle gebede. Trudy is tans weer tuis by haar familie en sterk aan.
Junie is MG bewusmakings maand omdat baie oogkundiges en selfs dokters is nie so vertroud met die kondisie nie.

Ek het die kondisie gehad vandat ek 13 was en was eers korrek gediagnoseer toe ek 60 was. Voorheen het een oogundige gese ek gebruik drugs, dokters het gese dit is 'n senuwee wat knyp, vertaagde skok en beroertes. Todat ek self begin om nero kondisies na te vors in boeke, internet en gevra het waarvoor hulle my moet toets.

Daar is 'n paar maande gelede 'n geslote groep op Facebook gestig vir Suid Afrikaners wat aan die kondisie ly. Ons ondersteun mekaar en ruil inligting uit met mekaar van oor die land. Van ons het reeds deur Facebook mekaar persoonlik ontmoet of reeds klinieke of behandeling saam ontvang of gebruik dieselfde neoroloe. Ons is tans nog nie 130 mense in die groep nie en kan net aansluit deur uitnodiging. Tans een van ons vriende opgeneem in ICU en op asemhalings masjiene gekoppel omdat sy tans 'n MG krisis ontwikkel het en haar asemhaling spiere so aangetas is van die MG dat sy nie op haar eie kan asemhaal nie. Haar naam is Trudy Moses-Philips. Dit gebeur van tyd tot tyd met ons MG lyers en is baie traumaties vir die lyer, omdat jy die een oomblik nog normaal is en die volgende oomblik hou jy net op met asemhaal en moet onmiddelik mediese behandeling kry anders versmoor jy.

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

GROOT ASKUUS
EK WAS VERSTAND BENEWELD EN HET GEDINK AAN MS - MULTIPLE SKLIROSE.
VERGEWE ASSEBLIEF - EK SAL LAAT MANDIE HIERDIE KOMMENTAAR VERWYDER - EK KAN SELF DIT NIE DOEN NIE.
MY POSITIEWE BLY STAAN

VAT MY HAND IN STERKTE EN GEBEDE
5 jaar 9 maande 3 dae 11 ure oud


MG
Gebed is n knie buig weg. Sterkte aan julle, mag jul geloof sterk wees en Jesus jul seen met baie gesondheid.
5 jaar 9 maande 4 dae 5 ure oud


MG
Ons kan net saam met julle bid my vriend. Mag die Vader julle elkeen styf vashou .. ook in oomblikke van benoudheid en ook genesing gee soos in Sy Wil. Dankie dat jy altyd so positief is.
5 jaar 9 maande 4 dae 8 ure oud


MG
Ek lees nou eers...dankie dat jy dit met ons gedeel het. Is die aantasting van die asemhalingsspiere 'n kondisie wat tydelik weer verbeter? Ek hoop dit gaan nou beter daar. Sterkte aan almal
5 jaar 10 maande 1 week 1 dag 2 ure oud


MG
Ons bid saam en ja dis lekker as mense ekaar so kan bystaan en ondersteun. Sterkte aan almal.
5 jaar 10 maande 1 week 1 dag 3 ure oud


Ek is nou 'n bietjie laat ... ses ure agter julle ...
maar sommer hier en nou buig ek my hoof vir haar en jou en almal van julle.

My buurvrou het dit ook, en sy het nog makulêre degenerasie ook. Arme mens, dit het haar alles baie vinnig getref ...
5 jaar 10 maande 1 week 1 dag 19 ure oud


mg
baie sterkte ons sal julle in ons gebede opdra
5 jaar 10 maande 1 week 1 dag 23 ure oud


MG
Ek besoek die Groote Schuur Hospitaal op 5 Mei vir my eie maandelikse besoek en CYCLOFOSPHAMIDE drip behandeling en sal haar haar dan besoek as sy nog in die hospitaal is.
5 jaar 10 maande 1 week 2 dae oud



Van ons ander lede

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar