Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Van tyd tot tyd is die soort van storie hoof opskrifte en brandpunt nuus.
Hoe ryk is ryk?
Wat sal ek doen indien ek sóveel geld het en dan boonop nog so jonk en fiks is?
Die jongste storie is die een van Schumacher.

Hy mag maar ‘n resies kar bestuur. Hy het ‘n loopbaan agter die rug van die lewe op die resiesbaan uit tart.
Hy het besluit – genoeg is genoeg. Ek het nou meer geld as wat een bank kan bêre en ek gaan nou rustig wees.

Dit het nie gewerk nie. Hierdie voorneme het nie gewerk nie.
In die soort van mens se gene, in sulle se bloed en kop loop die ding van:
“Ek is sterker as die lewe en ek sal dit bewys.”

Spoed.
Dit wek ‘n ander soort van sensasie in die menslike spesie se wese.
Michael het aanhou met spoed eksperimenteer – sy laaste poging op die sneeu in die Franse Alpe . . .
En sy kop gestamp.

Een of ander man neem foto’s met sy sel foon van sy meisie wat ski en in die agtergrond lê hy ook op foto vas hoe Michael se ongeluk plaasvind.
Hierdie foto’s is nou by die ondersoek span – die span wat die ongeluk ondersoek . . . (?)
Wil jy nou meer . . !
Kraaikie Moses . . .!
Wat is daar om te ondersoek ?
Die man het die lewe uitgedaag en lê nou futup in die waakeenheid van ‘n hospitaal!

Rondom Ski is baie te sê. Feit is, dat soos in alle genietinge, is daar reëls – bly by die reëls en geniet jouself.

Gee vir my ‘n klompie van daai geld en kyk hoe rustig en mededeelsaam sal ek die lewe geniet – ek belowe.

Willie
2014/01/07



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ski
Maar nou is hy mos rustig by force van die dokters.
Daar bestaan mos iets soos 'n strepie wat getrek is. Verby die strepie sal jy nie kom nie en voor die strepie kan jy nie stop nie. En wat van soos jy leef so sal jy gaan? Syne is spoed.
6 jaar 1 maand 2 weke 6 dae 16 ure oud


Ongelukke.
Vic,
Ek stem.
Huishoudelike "ongelukke" verdien 'n skrywe.
Dit is skrikwekkend hoeveel en wat alles daagliks in huise gebeur !

Thanks.
6 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 11 ure oud


***
Ek is [nee, wat sê maar was] ook verslaaf aan ski -- dis 'n verslawende sport. Maar dis gevaarlik en word meestal nie deur jou gewone lewenspolis gedek nie. Terwyl jy jouself geniet op die sneeuhange word jy gereeld herinner aan hoe gevaarlik die sport eintlik is, wanneer jy die rooi helikopter êrens heen sien vlieg. Maar 'n ongeluk was nog nooit 'n 'aspris' nie -- daar het Engela Merkel dit nou ook bewys met die breek van haar bekkenbeen in 'n Switserse skioord.

Waaroor dalk minder hier by ons geskryf word, is die talle ongelukke van mense wat op die sypaadjie op die ys val en slegte breuke opdoen. Selfs teen mekaar bots!

Nee wat, ek hou baie van Schumi -- hy doen ook baie vir sy medemense met sy geld. 'n Ongeluk bly maar 'n ongeluk. Ek hoop hy oorleef dié een.

Maar die aasvoëls sal nie die storie so maklik los nie.
6 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 11 ure oud


Hmmmmm
Van die os op die jas. Vandat Micael uitgetree het, is F1 nie meer so interessant vir my nie. Hoewel Vettel nog steeds die Britse kommin tators se partytjie verongeluk..
Schumie het 'n persoonlikheid gehad wat sommige mense as arrogant so beskryf, maar dit was uit selfkennis en harde werk. Nie uit gewaande onaantasbaarheid nie. Op sy gebied was hy briljant. Hy het nadat hy wêreldkampioen geword het, na 'n sukkelend Ferrari span oorgeskuif en binne baie kort tyd hulle tot wêreldkampioen help uitstyg. Ek vermoed dat, hoewel hy op die rand van die afgrond geleef het, hy dit nie so beskou het nie. Sommige mense voel net lewendig as die adrenalien vloei. Enigiets minder is nie lewe nie, net bestaan...
Ek vermoed hy was nooit geldgedrewe nie, maar aan die ander kant is dit maklik as jy meer geld het as wat jy kan gebruik.
6 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 21 ure oud


Nuusjagters
Kyk op die foto hoe staan die nuus jagters se voertuie met sulle se antennas om gereed om enige nuus die wye wêreld in te stuur.
6 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 2 ure oud



KIEKIES

deur Kiekies

'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar