Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is ʼn man met ʼn werk waar ek baie moet ry. Meeste kere moet ek ook vêr paaie ry.
My motor. Omdat ek meganies heel onnosel is, moet my motor altyd in ʼn goeie toestand wees.
Vergeet is egter ʼn ander storie. Daar is baie stories oor vergeet. Dit kan ʼn man soms diep in die sop laat trap.
Dieselfde met help. Help ʼn ander, en jyself kan in die sop trap.
Kombineer die twee goed. Dan trap jy nie in die sop nie. Nee, dan kan jy dalk -van spyt- diep in die...in die...groot moeilikheid trap
Ek ry die lang pad na ʼn afspraak. Die lang pad word ʼn grondpad. Dit word ʼn grondpad na nêrens nie. Geen siel of wese is saam met my op die pad nie.
Die duiwel is nie ʼn lui man nie.
Pap wiel.
Dit alleen is genoeg om al die skroewe in my wese te strip.
Met my mooi klere moet ek nou wiele ruil. Kattebak oop. Krap. krap en soek
Dit is nie op sy plek nie. Ek onthou. Ek het ʼn ander ou gehelp en die jack nooit terug gesit nie.
Sien wat ek bedoel? Ge-help en vergeet.
Die skroewe in my wese begin vasdraai.
Ek sien in die verte plaashuis. Baie vêr.
Met my mooi, blink skoene moet ek nou stap. Stap, na daar waar vêr is.
Die skroewe draai meer vas.
Ek stap en die duiwel sê: “ Die boer is nie tuis nie.”
Die skroewe draai nog vaster
Ek stap en die duiwel sê:” Die boer is tuis, maar hy ontvang nie vreemdelinge nie.”
Die skroewe draai nog vaster.
Ek stap en die duiwel sê: “ Die boer is tuis, hy ontvang vreemdelinge, maar hy het nie ʼn jack nie.”
Die skroewe word al warm van vasdraai.
Ek stap en die duiwel sê: “ Die boer is tuis, hy ontvang vreemdelinge, hy het ʼn jack, maar hy leen dit nie uit nie.
Nou is die skroewe al baie warm van vasdraai
Ek is by die deur, lig my hand vir die klop: “Die duiwel vermaan vir oulaas. “ Jy moet jou storie mooi reg kry.”
Die boer maak, met sy vriendelike gesig vanself die deur oop. Maar die skroef se moer, strip toe net:
“Kyk, vat jou jack en druk dit in jou gat!”
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
giggel...
gelukkig was dit nie een van daai GROOT boerseuns nie......
dan het jy nou geloop soos n ou wat n mielie in sy hol vasknyp.
8 jaar 5 maande 3 weke 1 dag 16 ure oud


o
ja ja ja :-)
8 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 6 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar