Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Woestyne en hul duine is skrikwekkend en intimiderend. Veral vir mense wat nie die plek ken of nog nie daar was nie. En dis reg so.

Want jy weet nooit wat daar wag nie.

Maar elke woestyn het saadjies wat wegkruip en skielik, na bietjie reën, so vrolik kan oopbars en die Groot Genade bedank met ‘n oorvloed van dankbaarheid. En kleur, en lewe skenk aan die dooie uitsig van gister.

So is ons almal se lewe ook.

Ons woestyne dra ook die saadjies van kleur en lewe. Ons moet net geduld hê en wag op die reen – sy kom op haar tyd, wanneer jy haar die minste verwag.

Moet nie jou rug op haar draai nie. Dan mis jy dalk net die saadjies wat lê en wag om jou lewe te tooi...

Ek weet. Want ek het een van die mees onverwagte saadjies ontdek. Toe beide die woestyn én die saadjie al amper moed opgegee het in die wag na nuwe reën...

2011/10/28



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mopenie wegdraai nie
Geleenthede kon nie altyd 'n tweede draai maak nie...jy het hierdie baie mooi verbeeld, En-Route...iets om te onthou en ek plaas dit sommer by my gunstelinge!
8 jaar 5 maande 15 ure oud


Wegdraai
Stem saam, nuwe geleenthede is te kosbaar om te ignoreer, dan liewer die teleurstellings hanteer as dit so uitraai
8 jaar 5 maande 5 dae oud


moenie wegdraai nie
soos jy so gepas se.en veral noudat my jare aanstap,wil ek meer en meer geleenthede aangryp,dinge doen, my 'laaste 10 dinge' word nou al langer.soveel bottels draank,so min tyd....
8 jaar 5 maande 5 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar