Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die mens die wik, maar God, Hy sal beskik. Pille en remedies kan egter nog bykomende jare met goud omraam maar wees nie onbehoed – God en die lewe was vir my goed – dit het ek berus . . . Maar dit is net menslik om te skrik met elke telefoon lui en ek is net mens –
Sy gee egter die hekke se remote aan:
Die kinders is aan’t komme – die almanakke, hulle kom dit afhaal – gaan sit en wag op die stoep.”

Die besigheid se almanakkie, vir uitgee by robotte, laat druk sy hier by die Pukke. Per tienduisend is dit die goedkoopste maar dit raak my nie want ek weet- my blomme is ook in die kar en dit gaan ‘n ontploffende naweek wees want my gereedskap en planne is agtermekaar.

Vrydagaand het ons amper deur nag – die program was net te vol.
Saterdagaand het hulle darem 22h00 gehaal toe vou die ogies en verstand.

Die Dokter-Dokter het die beste af gegaan en elke pop moes die ambulans haal na die hospitaal vir operasie.

Sondag na ete is hulle vas gegordel in die kar en ek weerhou aspris maar sy hou kop:
“Oupa, kom soen my!”

Dit -
Dit is suiwer goud in my lewe. Pure verniet geskenke !

2014/11/30



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

goud
Ai Willie, as mens hulle maar net op daardie onskuldige ouderdom kon hou. Dis mooi jare daardie. En die tyd gaan blits vinnig verby hoor.
Mooi van Oupa om so saam te speel. Vol punte daarvoor Willie!
5 jaar 4 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


monumente
en dit is mos die grootste geskenk wat enige ouma of oupa kan kry!!! dankie vir die deel en ook die pragtige fotos!
5 jaar 4 maande 1 week 3 dae 22 ure oud


Geskenk
Eish Wolf ek wil kom saam speel! Ek laaik daai nursie-outfit!!
5 jaar 4 maande 1 week 3 dae 23 ure oud


Ano
Goud
Ah! Sweetness in al die kleure :-D
5 jaar 4 maande 1 week 4 dae 2 ure oud


Momente in goud
Die dierbaarheid vanself. Wat kan 'n Oupa méér vra?
5 jaar 4 maande 1 week 4 dae 5 ure oud


***
Ag, Willie, ek weet presies hoe dit voel. Dieselfde gedoen met my kleindogter, Anjaki, met 'n elektriese skeermees as 'boor' vir 'n 'tandeprobleem'.

Ja-nee, hulle laat jou hart pure goud pomp...
5 jaar 4 maande 1 week 4 dae 19 ure oud



BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar