Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hy was net eendag daar – op my vensterraam! Baie kordaat en met ‘n houding wat sê, “Hierdie is MY spasie!”

Ek het aanvanklik gedink die vensterraam is ‘n tydelike rusplek, maar hy was die volgende dag weer daar. Rustig gesit, die wêreld bekyk en toe begin gesels. Ek is seker hy het vertel van sy planne vir die dag, maar ek praat nie mossie-aans nie.
Die gebrek aan ‘n repons het hom egter nie afgesit nie – hy het lustig voortgegaan met sy monoloog.

Toe die proses hom die volgende dag herhaal, het ek besluit om meer betrokke te raak. My mossie-vriend moes ‘n naam kry en Mossad was ‘n spontane keuse. Dit beskryf nogal hierdie verskyn-en-verdwyn mossie baie goed!

Ek het broodkrummels op die lippie van die vensterraam gestrooi want vriendskapsbande word mos behoorlik gesmee wanneer twee partye brood breek – in hierdie geval, letterlik!
My verwagting was groot. Ek het gedink Mossad sal tog te bly wees oor die mense-kos, maar heelaas! Dit wil voorkom asof hy ‘n fynprower is, want hy het met groot omsigtigheid slegs die grootste broodkrummels geëet. Die res is van die lippie afgestamp so asof hy wil sê: “Dit voldoen nie aan my standaard nie!”

Met behulp van Mr. Google het ek intussen agtergekom dat ek en Mossad eintlik vriendinne is, maar dit het nie regtig enige-iets aan ons verhouding verander nie. Sy voer nog steeds haar monoloeë en ek sê so elke dan en wan hallo en vra hoe dit gaan.

Ek het nog nie weer die moed gehad om broodkrummels aan te bied nie. Sal maar wag tot ek weer naby Woolworths verby ry en daar ‘n fancy broodjie koop. Miskien val dit meer in die geveerde dame se smaak!

Die dae word kouer en ek wonder of mossies ook migreer. Nog ‘n vraag vir Mr. Google. Hoe dit ookal sy, ek sal haar geselsies mis en nou nog meer uitsien na die lente. Ek hoop net nie my Pick-en-Pay broodkrummels is die oorsaak dat sy vir haar ‘n meer gegoede vensterraam gaan soek nie!

Tot ons weer ontmoet Mossad, mag die wind net van agter wees en ook nie te sterk nie.

© Karin Schoeman
2015/04/20



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mossad
Dalk moet sy nou Mossadi heet. Dit klink soos die Zulu woord vir vrou. Ek het oom 'n paar van hulle wat gereeld kom aansit vir ete. Ek sien uit om meet van Mossad te hoor.
4 jaar 3 maande 5 ure oud


Mossad . .
Karin,
Wat 'n pragtige storie.

Maggies; daar is genoeg in en met effe meer kleurverf kan dit net 'n mooie Kortverhaal word!

Thanks

Ek hou van mooi stories.
4 jaar 3 maande 21 ure oud


mossad
Jou gorrel het nou sommer 'n groot glimlag op my gesig gesit. Baie dankie. Dalk kan Woolworths jou beloon vir die advertensie :-) en hopelik is Pick + pay nie kwaad vir jou nie . . . hehe.

Baie goeie en lekkerlees bydrae
4 jaar 3 maande 1 dag 7 ure oud


Mossad
Ag dit is wonderlik om sulke geveerde vriende te he, ek het 2 tortelduiwe wat naby my kamervenster n nes het - ons gesels heerlik! Dankie vir die deel van hierdie kosbare vriendskap
4 jaar 3 maande 1 dag 7 ure oud



Dagboek van die tuinvoëls

deur http://www.woes.co.za/

Spesiale gevalle van interaksie wat tussen die tuinvoëls onderling asook met ander wesens plaasgevind het.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar