Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

LW:
Beperking – XXX
TTTIIIBBB
Legende:
T = Taal
I = Illustrasie
B = Bedoeling
................

Dit gaan regtig broekskeur met tyd.
Iemand het gebid / gewens / ge . . .
“Tyd staan asseblief stil - ek voeg by : al is dit net vir ‘n oomblik.”
Want in my lewe is ‘n oomblik ook tyd.

Die familie . . .
Ek moet dit noem want dit bestaan, dit is ‘n realiteit, hulle is daar . .
Net –

Hulle is apart. Hulle is ‘n eie identiteit. Hulle is ‘n eie Orde - total en totaal met my buite rekening.
Wel hulle, hierdie Orde, handhaaf ‘n tasbare, aanvoelbare, stilte.
Hulle kyk net – en
En swyg soos die graf maar hulle kyke vir mekaar dit skree ten hemele.

Ek weet en ek is gewoont want dit duur al 46 jaar – die 46 jaar vandat my ma my ge-opdrag het:
“Stop. Stop en hou op. Dit is sy – vat haar!”

Maar –
Ek onthou. Ek onthou baie, baie goed toe my ma haar kombuis toe gevat het met die woorde:
“Kom jy saam met my en jy Willem, jy loop nou en maak daai hoeder hok skoon en slag sommer daai rooi uitskot haan - die boiler het nog genoeg warm water in – dit is vir môre – loop nou.”

Ek weet wat gaan gebeur. Ma vat hulle altyd kombuis toe en maak die deur toe en na ‘n halfuur of gouer gaan die deur weer oop en ma se gesig sal wys : ‘bring maar die volgende een.’

Net hierdie keer is alles mos afgehandel en sy is gekies maar . . .
Nou gaan sy weer ‘n keer kombuis toe.
Ek weet want hierdie keer is ek onder bespreking. Hierdie keer is dit my soort van eie besluit – met geen, soos in geen redenering oor wat en wat nie.
Ek maak soos ek goed dink en as jy dit nie laaik nie – vat pad.
Want:
Ek maak selde futups maar ek is ook net mens en as ek een maak, dan is dit groot, baie – baie groot maar ek weet presies hoe om uit te kom en sal haar stap vir stap guide !
Intussen mag jy nooit inmeng in my doen en late nie. Jy mag geen vrae vra nie en jy mag geen kommentaar lewer nie.
Jy eenkant tot en met jy genooi word en dan mag jy baie versigtig een of ander uitlaat maar uiters versigtig want Willem is nie sensitief nie – hy is gevaarlik sensitief.

As ma gepraat het – hoor jy daai stem jou lewe lank en sy hoor dit nou al 46 – nee, 47 jaar vanaf 12 (20?) Augustes.
En sy dra dit aan die kinders oor en hulle staan net eenvoudig eenkant en laat my begaan.

Nou is dit presies dit waaroor my paniek oor tyd gaan en ek is ( soos gewoontlik) alleen in die stryd maar ek buk en buig en . . .

“Willem ! watse twak maak jy nou droog?”

Daar is paar dinge wat my moer strip. Een daarvan is; moenie op my afsluip nie !

“Muis! Jou etterkop!”
(Muis is ‘n man van sy huis en sy kerk en ek moet mooi vloek in sy teenwoordigheid.” )

Muis sluip. Hy sluip van die agterdeur af in en kom staan kruisbeen en leun teen die deurkosyn en wag vir daai oomblik dat hy my kan verras en ek kom stadig, erg dreigend nader stop naby genoeg en lig my been hoog vir die trap.
Muis verdien om nou platgetrap te word want ek het net een en ‘n halwe hart en hy skrik my op hierdie oomblik toe ek diep besig is en ek span my bo-been spier vir die trap slag maar muis ken van en met een spring is hy bo op die stoel, sit weer kruisbeen en hy steek sy hand uit met die wysvinger en sy maat in die ‘V’ houding.

Ek verstel my been en bekyk hom stil en stap verby vir die kassie met sigare en toe ek kalm en diep wang volmaak en die tastebuds vul met die heerlik Hongaarse vevulling en ook try om soos muis sirkels te maak, merk ek sy body language en hy loop voor deur ‘n groot sirkel in die lug te laat hang en die kleiner Hongaarse blou wolk sirkelkies deur die grote te stuur soos sag wiegende heerlikhede.

“Môre muis, waar lê jy as ek so sukkel?”
“Willem, en die? wat gaan hier aan?”
“Muis, ek het planne en ek sukkel want die Liewe Here het vir my net twee hande gegee - ek bedoel Hy is mos Alsiende en Hy het geweet ek gaan my lewe lank baie hande benodig en . . .”
“Hokaai Willem – jy is nou buite orde – waar is daai laaitie van jou?”
“Muis, nou is jy buite orde jy weet mos hulle is hulle eie Orde.”

Net hier stop muis. Hy sit sy sigaar netjies in die kristal asbakkie en steek sy hand in stilte uit. Hierdie die keer is dit in die ’bak’ vorm soos vir vashou van ‘n denkbeeldige glas en dit is een te veel vir my:
“Jou gat! Nou sit ek eers en jy loop skink!”

Dis te koddig om die ventjie dop te hou as hy so wegstap en sy gat so windmakerig heen en weer wieg. Ek wonder of hy nie ‘n gerehabiliteerde moffie is nie . . .

Hy is nogal netjies ook want hy roep my om te kom haal en dan kan hy terug spring op die stoel sonder om te stort en hy lig sy glas ( Muis se glas is ‘n medisyne glasie maar dit is van plastiek. Muis word maklik gekletter en dan kan hy dalk die glas breek en hy skud eers die appelkoos so in die rondte om die aroma mooi vry te laat en toe proe hy met daai kenners rond spoel in die mond tradisie en met een oog toe wys hy vinger en sluk en vra :
“Vertel van die Orde ding?”

“Jong, daar is baie Ordes in die mense bestaan. Daar is die Bokryers met verskillende variasies, daar is die Mafia met verskillende variasies. Daar is Gelowe met verskillende variasies, daar is Dorps-linge wat eie Ordes vorm – seker maar in grade van rykdom en behoeftes soos die Orde waar hulle bymekaar kom in hulle grend huise en dan, wanneer hulle klaar hulle doepa gedrink het en die skeermes lemmetjie en wit poeier ritueel gedoen het, gaan die vrouens elk na ‘n eie kamer en die kamers se sleutels word in die hoed gooi, dan is daar familie Ordes in verskillende vorms en grade en weet jy muis – hierdie Ordes het nogal hulle eie soort van straf vir oortredings binne die Orde ook.
Op hierdie manier is my familie ook ‘n soort Orde waar die reël is :
‘Los vir pa en sy doen en late uit.’

Muis hoes en stik so ‘n bietjie en ek hoop maar dit is van ‘n trek aan die sigaar tesame met ‘n sluk van die appelkoos maar hy kom reg en vra:
“Vertel van die sogenaamde straf dinge . . “

“Jy weet, soms is jy onnosel of oningelig – straf is universeel – daar is altyd straf :
Die Mafia het in sulle Raadsaal ‘n stoel. Die lede stap in en die verhoorafwagtende loop laaste. Al stoel wat oop is, is daardie stoel en die siel is verplig om daarop te gaan sit. Dan vind die verhoor en teregwysing plaas en die godpa wat aan die kop sit, hy het besluit oor die knoppie en indien dit sy besluit is, druk hy die knoppie en die stoel met die siel sak soos blits in die vloer weg. Nagdonker sal ‘n kar die liggaam, in kombers toegedraai kom haal en dit sal nogal ‘n statusvolle begrafnis wees.
Ander Ordes stuur die oortreder met familie en al op ‘n moerse vakansie en op ‘n dag, niks verwagtend as die oortreder by die vakansie woonstel se voordeur uitgaan en hy laat wei nog sy kyk so oor die bloue oseaan met die witperde wat aanrol strand toe, dan sal die van vêraf koeël ‘n presiese ronde gaatjie in sy voorkop maak.
Ander . . .”

“Wag, wag nou. Wat jy nou kwyt, maak hierdie sigaar suur – vertel liewer wat is jou familie Orde se metode.”

“Niks. Hulle het nie metodes nie – hulle wag net want hulle weet dat ek gaan myself verongeluk of die meer waarskynlike – ek gaan myself vrek val !”

“OKei, ek dink egter hulle het ‘n snowball’s hope in hell – jy is onkruid en onkruid vergaan nie - watse masjien is daai ?” en hy wys met daai krom nikotien vingertjie.

“Dis ‘n omkap masjien”
“Wat is ‘n omkap masjien?”
“Dis ‘n omsoom masjien”
“Wat is ‘n omsoom masjien?”
“Dis ‘n masjien wat iets omkap of omsoom.”
“Nou wat wil jy omkap of omsoom?”

Nou raak my tyd min en ek het nog hope werk;
“Muis, ek hardloop uit geld uit. Ek word arm. Ek benodig dinge en ek moet geld maak en dit is dringend – kyk hoe swaar gaan dit, ek het nie eers meer ‘n onderbroek nie” en ek laat sak voor dat hy kan sien dit is waar en hy val , spierrewit in die gesig, bo van die stoel af dat sigaar en kelkie met appelkoos daar trek en hy gil:

Fokket, maak toe . . . maak dadelik toe! Is jy met daai ding gebore, magtag man hoe kan jy nog beweeg ook?“
“Muis jy beter nou loop want jy hou my uit my geldmaak uit – dis wat daai masjien doen – ek gaan joune se . . . se . . . se . . . omkap of omsoom en jou dan binne in die straat gooi!”

Muis spring af en duck by my verby en in die weghol, draai hy sy kop om en skree:
” Koebaai Willem . . . Nou weet ek jou familie Orde se wete gaan waar word !”

Groetnis
Willie
2014/09/24






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Muis
Kiekies, ek wens jy was innie Kaap. Soek iemand om na Buckles te stuur.
Die etters kan my eers oor 16 weke!!! help.

oor die toonbank kan ek dadelik gehelp word.
Nêrens is SA kry mens slides of Buckels nie.

Demmit!
5 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud


Muis
Man, daai workshop van jou is flippieng grend! Sit nog 'n tafel by, ek bring my eie masjien en omkapper. Ek sal jou help geld maak!!
5 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 16 ure oud


Almiskie
'n Dapper Dopper?
5 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 5 ure oud


/
Potchefstroom!
Issit 'n Dapper mys of issit 'n Dopper mys?
5 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 8 ure oud


muis
ek stem bnogal saam met vaalseun.
5 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 12 ure oud


Muis
As strontpraat 'n siekte was......
5 jaar 6 maande 2 weke 4 dae 12 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar