Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Muis kom ook terug maar loop eers deur badkamer toe. Dis nie vreemd nie – muis was hande wanneer hy klaar die boom gebruik het. Gaaf van hom nê?

Muis wag geduldig tot almal stil is en toe vat hy ‘n sluk uit sy glas water en maak keel skoon:
“Hande op – hoog op in die lug; wie is almal gekwalifiseerde onnerwysers?”

Ek sit maar stil hier skuins heel agter en kruisbeen begin’t ek die show geniet en ek sien heelwat meer hande die lug in huiwer-huiwer as wat ek sou reken.
Muis wys dis OK – laat sak maar en maak sy soort van akte tas oop. Dit is vir enigeen duidelik dat die man voorbereid hier aankom.

Tot my verbasing haal hy ‘n Bybel uit en hou dit na bowe:
“Ek gaan aanvaar dat julle vir die kinders van die wonderlik wat binne in hierdie Boek geskrywe is vertel, maar ek sit my kop op ‘n blok dat julle glad nie van die wonderlik van die samestelling van die boek vertel nie.”
Soos ‘n ervare geleentheidspreker verstil muis en loop net op en af en beskou die aanhoorders met die vraagteken op sy gesig – hy het mos ‘n soort van vraag na die hoorders gegooi!

Muis weet hy gaan nie ‘n antwoord kry nie en gaan sommer voort:
“Hande op vir hierdie algemene kennis; watter Psalm is die kortste? – ek wil nie hoor nie want almal weet; dit is Psalm 117.”
Nou weet ek, muis gaan na ‘n kant toe en hy hou weer die Bybel op:
“ Ek gaan nie julle tyd mors met vrae nie maar teken gerus aan en loop vertel vir julle Leerders en kinders by die huis hoe is die samestellers geïnspireer:
Die langste hoofstuk is Psalm 119 en die hoofstuk heel in die middel is Psalm 118.
Nou is dit net so dat vóór hierdie Psalm 118 is daar 594 hoofstukke
En
Na hierdie Psalm 118 is daar ook 594 hoofstukke
Tel ons dus die aantal hoofstukke bymekaar, kry ons dat die Bybel 1188 hoofstukke het en dan . .
Die heel middelste vers is Psalm 118 vers 8 (1188)

Wonderlik nê?”

Muis is regtig ‘n ervare geleentheidspreker want ek sien hy sluk rustig aan sy glas water sodat die hoorders klaar kan murmer oor die goeie inligting, en hy sit die glas stadig neer:

“Ek het nie hierdie rede met julle Wolf bespreek nie – ek het ook nie twyfel oor die toepaslikheid en die aanvaarbaarheid van my onderwerp nie. Ek handhaaf my tevrede dat indien ek net een enkel hoorder sal bereik, dan had ek ‘n gehoor.”
Muis laat sy woorde insink:

“Op die einde van die maand , elke maand se eerste Saterdag, so gereeld soos klokslag, dan trek daar ‘n rokie op uit sulle se agterjaart en ek weet; hulle braai ‘n vleisie. Daar is wel net vier tjoppies en vier stukkies wors en ‘n slaaitjie mengsel vanuit Spar – maar dit is genoeg; hulle is slegs vier in die gesin.”

Muis verstil. Ek weet en hy weet hy het aandag.

“My onderwerp is:
“Rykdom.
Materiële rykdom soos in geld en goedere –
Rykdom soos in van binne
Rykdom soos in beide samegesteld.

Ek het gegroepeer en gevind dat die onderwyser orde in die meerderheid is; mense wat weet hoe werk geld.
Ander groepe voldoen as groep nie. Selfs Rekenmeesters en diegene in daardie kategorie, het gefaal; Opdat hulle met die syfers van ander se geldsake werk, is van hulle soms roekeloos en waaghalsig.
Ander wil spoggerig wees en ryk voorgee of speel..

Geld se basis is nederig en die leuse is:
‘Let wel, ek het niks gekoop nie !’

Die voorbeeld wat ek gaan gebruik bestaan uit ‘n gesin van vier.
In die begin is begin met ‘n fiets en karige woonstel. Toe die ontmoeting, klein intieme huwelik en effe groter woonstel en ‘n skorra-skorra motortjie en beide is onnies – een laai die ander af en op.
Hulle koop niks. Twee koppies, twee borde twee . . . net twee van alles. Huisware soos Beddegoed net vir een dubbelbed twee stelle en meubelment net die brood nodige.
Klere net die minimum.
Een vir uitstap, Kerk en formeel – dieselfde een.
Twee vir werk.
Twee vir tuis.
Een vir die Winter.
Dis die lot.

Etes – wegneem. Enige dorp het entrepreneurs wat verskaf.
Gaste / kuiermense . . . zilts! Indien by geleentheid wel – dan is ‘rent a ‘ daar.
Jy kan enigiets huur; koppies borde wat ook al tot een rol toiletpapier.
Daar is was en stryk plekke oral – tot vir beddegoed.
Daar is ‘n ketel, koffie, tee, bietjie suiker, lang lewe melk, heerlike beskuitjies en praat jou praat en kuier en loop – baie vriendelik.

En . . .
Hulle gooi saam en bank en leer van aandele –
Dit is, indien baie wys en oordeelkundig aangewend, die maklikste en beste geldbestuur ooit.
In teen deel; dit is so ‘n interessante stokperdjie dat selfs die een keer per jaar se ‘met vakansie gaan’ se aande word volgemaak met aandele bestudeer.

Die eerste motor is kontant en word uit die hand verkoop voordat dit 100,000 kilometer of die waarborg van drie jaar verstreke is en kry bykans al hulle geld terug.

Die syfers werk reg uit. In vandag se terme kry senior onnies goeie geld; veronderstel sowat R20,000 per maand. Lopende koste oorskry glad nie R5000 per maand nie – dus bank hulle tesame R35000 per maand.
Vermenigvuldig dit met twaalf ( massiewe groei van goeie aandele uitgesluit) en binne drie jaar koop hulle ‘n baie goeie huis kontant.
Rondom hierdie syfers kan geprimiteer word indien die werklike syfers bekend is.

Uitgawes:
Die seun en dogter kry gratis skool – onnies se kinders betaal nie.
Munisipale gelde is die minimum opdat stoof en wasmasjiene feitlik nie gebruik word nie.
Versekering – slegs by dood, dan ook slegs die broodnodige en goedkoopste sonder enige wins en of groei beloftes. Al sulke kamtige groei beloftes is twak. Oor dertig jaar het die beloftes verval en in die niet verdwyn.

Die paartjie met wie ek onderhoud gevoer het, is nou in hulle vroeg vyftigs en in senior posisies by twee verskillende skole, en bank elke twee jaar R1.5 miljoen waarmee hulle bykomstig woeker.

Waar begin ‘n mens?
Moenie koop tensy jy daarsonder nie kan lewe nie. Betaal jou skuld so vinnig moontlik en begin heel voor.
Dit is nooit- ooit te laat om te begint nie.

Die swakste redenasie is:
‘Ek is soos ek is en ek aanvaar my lot’
Sny daai tou. Sny dit en word vry.

Ek sien jou. Ek sien jou gesig van hier af.
Dankie dat jy oop ore het en nie deel van die gepeupel wil wees nie.”

Ek is al lankal na buite. Muis sal ‘n lift hike op my skouer. Hy sal nooit huis toe gaan sonder ‘n sigaartjie en dop Appelkoos (sap) nie. Ek dink ook aan wat hy gepraat het en wil met hom redeneer.
Ek wil redeneer oor daai:
“Dis nooit-ooit te laat nie . . .”
Ek wil redeneer:
Kwalifiseer ek nog om te kan begin?

Muis en Ekke
2014/03/01







Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

2
Nee wat, muis kan maar my finansiele adviseer word. Wat was sy antwoord?
5 jaar 11 maande 4 weke 22 ure oud


***
Uitstekende stukkie skryfwerk, Willie! Interessante inligting en baie goeie raad van muis.

"Nooit te laat nie" wonder ek ook...
6 jaar 1 dag 5 ure oud



Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar