Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My Liewe Pa,

Ek skryf hierdie brief, al weet ek dat Pa dit nooit sal lees nie, Nogtans weet ek dat Pa graag hierdie brief sou wou ontvang.
My woorde kan dalk steke in die hart agterlaat en dalk sou daar, hier-en-daar ‘n effense glimlag om Pa se mondhoeke wees.

Ek kan nie onthou van ons eerste ontmoeting nie, maar volgens Ma, was Pa baie trots op sy eerste kind. Ek onthou wel toe ek drie jaar oud was, het Ma en Ouma ‘n groot rusie by die huis gehad. Mamma het vir Sussie in die stootkarretjie gesit en ons het na al die naaste myne in Welkom gestap, opsoek na Pa. Niemand het Pa geken nie en my voete was baie seer. Ek was dors en Mamma wou nie hȇ ek moet in die veld piepie nie. Ek en Sussie het toe maar begin huil. Ek weet ons het baie laat daardie aand by die huis gekom. Pappa het toe met Mamma geraas omdat ons so ver geloop het. Ons het later daardie week na ‘n ander huis getrek.

Ek onthou ook van ‘n voorval waar ek baie klein was, nog voordat ek ‘n Sussie gehad het. Pappa en Mamma het baie siek geword en julle het net in die bed bly lȇ. Ek het koekies in die kas gekry en dit geȅet. (As ek my oȅ toemaak dat verbeel ek my dat dit Marie-beskuitjies was).
Mamma kon nie vir my water gee om te drink nie, toe gaan skep ek by die toilet. Die tweede dag, was ek baie honger. Mamma het so tussen haar komberse vir my vertel hoe ek ‘n stoel na die stoof toe moet stoot. ‘n klein potjie moet vat en eiers daarin moet gaarmaak. Die stoel was baie moeilik om te stoot en ek het kort-kort terug gehardloop kamer toe om te vra wat ek volgende moet doen. Dit was die lekkerste twee eiers wat ek in my lewe geȅet het. Ek sal dit nooit vergeet nie. Ek is net bly dat julle weer gesond geword het.

Ek onthou hoe Pa altyd van werk verander het en ons moes baie trek. Ons het van Welkom af deurgery Johannesburg toe, om te kom kyk vir blyplek, want Pa was verplaas. Ons kon nie blyplek kry nie, toe gaan bly ons in vreemde mense se motorhuis. Dit was baie koud. Ek en Sussie het op die grond geslaap en die komberse was maar min. Gelukkig het Mamma lekker koffie gemaak en Pappa het gesorg dat ons elke aand by ‘n losieshuis kon gaan kos eet. Daardie plek het die lekkerste broodpoeding gemaak, al het Mamma gesȇ dat sy kokkerotte in die kos gekry het. As jy ‘n kind is en honger het, dan gee jy nie om oor kokkerotte nie. Ek is tot vandag nog lief vir broodpoeding en vla.

Ek het nog so baie wat ek met Pa wil deel, die slegte en die goeie, maar ek dink dis nou eers genoeg. In my volgende brief sal ek meer wil vertel van ons gelukkiger tye saam.

Met baie liefde
Pa se oudste kind



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

My brief aan Pa

Dit is heimweë wat nooit sal sterf.
En tog bly die hart net aan die goeie kleef.
5 jaar 3 maande 2 weke 3 ure oud


Ano
Pa
Ek het so waarlikwaar nie woorde nie, behalwe dat ek hier 'n vegtertjie in wording raaksien :-)
5 jaar 3 maande 2 weke 15 ure oud


Pa
Baie dankie Moekie. so skryf ons ons gedagtes en herinneringe aan die verlede neer. sien uit na die volgende een
5 jaar 3 maande 2 weke 20 ure oud



Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar