Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

President! President! President! Nou, ja. Ek sal myself vandag as President verklaar en eerstens my eie party "The CU Party" stig.

The CU Party staan vir "The Clean Up Party". Dis beslis nie om dowe neute nie. Nee, ons gaan skoonmaak en ek begin sommer nou!

Die werksplek moet dadelik onderhande geneem word en mense word op "doelgerigte meriete"aangestel.
Boetie-boetie is uit, soos gister se vuil wasgoed. Kleur maak nie aan my saak nie, solank die persoon wat aangestel word, sy of haar werk met insig en doelgerigtheid kan lewer. Daar is niks erger as jy by 'n toonbank staan en die ontvangsdame is besig met 'n privaat "liefdes" gesprek, met wie weet wie; en dan word daar nog 'n gebaar ook gemaak om te wys dat jy maar net jou kans moet afwag: UIT! Daar is nie plek vir jou in my land nie!

Die onwelkome "Aliens" kan gerus terugkeer na hulle "planete". Ons het julle werklik nie hier nodig nie. Ons het mense wat kan werk en wil werk.

Mars is my toekomstige "tronk"vir al die moordenaars en verkragters: Julle sal nie Visums kry om terug te keer na Suid-Afrika nie. Toekomstige moordenaars en verkragters: WEES gewaarsku; ek speel nie!

Alle salarisse sal aangepas word, pensioenarisse sal goed beloon word vir hulle bydraes tot die gemeenskap.

Ons skoolkinders sal goeie en waardige onderwysers kry. Net die "room" sal die pos aangebied word. Ons kinders is die toekoms van ons land en ons kan nie weer "'n Zuma met standerd drie kwalifikasies" as President kroon nie.

Ek sal sorg dat ons leerders al is graad agt in sekere rigtings geskool word. As die kind belangstelling toon in geneeskunde, sal die kind daarin opgelei word en in Graad tien en elf, moet die kind al by 'n hospitaal of kliniek as vrywilliger kan aanmeld en sodoende kan van ons kinders vroeg in hul skoolloopbane vasstel waarin hulle wil spesialiseer. In Graad twaalf, moet die kind al deeltyds kan werk en geld verdien. Die instansie, wat die werk aanbied, sal dan ook 'n sertifikaat uitreik om te bevestig dat die leerder die periode voltooi het en aanbeveel word, vir die land se nywerheidssektor of waarin hulle ookal belanggestel het.

Ons strate en Lane moet opgeruim word. Die gemors op die strate is onooglik en die reuke is walglik! Ons moet ons ouer geboue "wat nou as spookdorpe" bekend staan, weer verf en ophelder. Een blikkie verf, maak nie 'n karnaval nie, maar dit spoor ander aan om hand by te sit. Plant bome, mense! Ons moet die suurstofdiewe vasvat!

Verstaan my baie mooi, ek het niks teen ons "ontslape Meneer Mandela"nie, maar dit het tyd geword dat ons hom nie verafgod nie. Daar is net een God en dis ons Hemelse Vader. Kom, laat ons opstaan en weer ons God aanbid. Die tyd van "kerkspeel" is beslis iets van die verlede!

Hospitale! Dis beslis 'n groot kopseer! Maak skoon! Gradeer op en KYK na ons pasiente! Ons verloor te veel Dokters en Tandartse. Ons het die kundigheid om weer die beste mediese dienste te lewer. Kom laat ons weer ons kinders aanwakker om te verpleeg en maatskaplike dienste te lewer.

Op hierdie stadium het China so 'n groot houvas op Suid-Afrika, dat dit my erg bekommerd. Die Chinese mans word ingebring, met hulle families, om hier op ons kragstasies te kom werk. Sodra die projek afgehandel is, mag die Chinese paartjie nie terugkeer China toe nie, want meeste van die tyd het hulle dan meer as een kind en die lewe in Suid-Afrika is so "goed en lekker"dat hulle verkies om hier te bly. Die kinders het dan ook outomaties Chinese en Suid-Afrikaanse burgerskap. In elke dorp is daar besighede wat deur hulle bedryf word, selfs ons wynplase word nou een vir een deur Chinese opgeraap vir 'n appel en ui.
Volgens my is ons reeds uitverkoop aan China... Mense wees oplettend en kyk rond!

Ek het nog duisende dinge wat ek, as President vir een dag, wil bespreek en doen, maar ongelukkig het 'n dag net vier-en-twintig ure en is my tyd nou verstreke.

Dit was lekker om van al my frustrasies ontslae te raak!
President van "The CU Party", vir een dag...
Moekie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

CU
Ag Moekie dis nou n blink idea vaN jou ek se altyd n vrou kan beter regeer as n man. Die vrou organiseer baie beter.

Jy het my stem.
4 jaar 3 maande 4 ure oud


CU
Viva VIVA President Moekie!!
4 jaar 3 maande 4 ure oud


cu party
mevrou die presidwent kan ek u adjunk word. ek wil graag van Malema ontslae raak
4 jaar 3 maande 9 ure oud


"CU" Party
Laat die daad by die woord gevoeg word om dit weer 'n paradys erfenis te maak.
4 jaar 3 maande 11 ure oud


see you
By die CU party. Jy het sommer 'n hele klomp blink idees, mev. die President. Jy kry my stem vir nog 'n termyn :-)
4 jaar 3 maande 20 ure oud


CU
Klink of jy dinge vinnig sal regryk, Mevrou die President :)))))
4 jaar 3 maande 21 ure oud


Lud
Seer ge"erte Mevrou die President,
ek wil lid van u party word.
Waar is u ledeopnameverwelkomingskantoor?
GvT
c];o)
4 jaar 3 maande 1 dag 1 uur oud



The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar