Gorrel

Titel: MY DUIM(?)
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Waarskuwing: Sensitiewe lesers, blaai asseblief weg. Ek vertel met diepe apologie en leedwese.

Ek kan vandag nog nie besluit wat die dryf veer was nie.
In wese, was sy pragtig. In sport ʼn uithaler, oral ʼn sterretjie.
Net, net sosiaal ʼn flop. Nie een seun wou haat ‘date’ nie. Miskien het ek jammer gevoel, miskien was dit omdat sy regtig ʼn pragtige mens was.
Ek het haar opgekommandeer. Ek het vir haar gaan kuier. Ek en sy het maatjies geword.
Wat moet gebeur, het gebeur.
Ons aande saam het langer geword. Ons aande saam het meer ernstig geword. Die rusbank in haar ouers se voorhuis het meer aanloklik geword.

Ag, ek het dit al as verskoning gebruik. Ek doen dit weer:
Hoe swak is die rede wanneer die begeerte regeer.

Ons het warm geword. Baie warm.
Ek het myself verloor toe sy begin vat en voel. Ek het regtig probeer keer met my hand.
Die donkerte van die flou kerslig het my getroos. Sy sal tog nie veel kan sien nie.
Sy was ernstig. Dit was baie duidelik dat sy, as enigste kind, meer wou weet van ʼn seun, al keer ek hoe.
Haar woorde het my tussen my oë geslaan.
“Haai Willem, is dit nie ironies nie, hier sit ek met my haaslip en jy met jou duim sonder nael!”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Giggel...ai toggie...
Kom nou, kom nou...sy was verpleegster ook...hiehie...lmga!
8 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 10 ure oud



Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar