Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanmore het ek gewen,net na Usain Bolt,het ek ook 'n medalje gewen.
Ek het die afgelope maand,deur die dikte van die winterkou,'n duisend kilometer op die oefenfiets gery! Omtrent die hele Klein- en Groot Karoo,en nog die Overberg ook,miskien nog teen die Weskus op.Toe ek vanmore sien die metertjie slaan oor van 999 na 1,000 toe juig die skare en ek wuif vir die getuies om my.Dis nou rerig hoor,ek jok nie,ek was die vinnigste,die verste,die sterkste.Maar daar is 'n kinkel in die kabel.Toe ek gaan stort en ek gloei nog steeds van die ongelooflike prestasie,trek ek ewe grootdoenig die skaal nader om die 'ultimate' op die prestasie te ervaar.Maar weet jy,ek vermoed omdat ek so lanklaas op die ding geklim het(ek woon naby die see)het daar bietjie vogtigheid ingesluip,want die ding staan doodstil,waar ek hom gelos het 'n maand gelede!Wat my podium van glorie sou wees,word 'n verhoog van skaamte.Ek weet soos in enige sportbyeenkoms,gaan my mede-atlete my nou op die rug klop en se ek moenie moed verloor nie,maar wragtig dissie 'fair' nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skaal
ek haat 'n skaal.....dis wraggies 'n vrou se emosie meter...ek raak skoon depressief as ek op die ding klim! maar good for U met die volhou op jou oefenfiets, ek was self bietjie vol griep laas week en moet wag voordat ek weer gymnasuim toe kan gaan... maar mens voel altyd beter na 'n oefen sessie, of hoe, los die skaal en kyk die sentimeters
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


Skaal
Haatlike besigheid daardie, maar voortreflike gorrel. :D
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


:-)
Nee man wys daai skaal 'n ding of twee. Na nog 'n duisend MOET hy sy kant bring.
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 4 ure oud


rex
Skaal ...
Toemaar, man, Johnnie! Jy weet mos wat jy gedoen het! Bokker die mense!
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud


Die Skaal
is ook op die ashoop want hy het naderhand net een gewig gewys en dit was defnitief nie hoe swaar ek was nie.. Strongs Boet, Strongs !
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


Wel gedaan
Ek het ook so n oefen fiets gehad, le nou op die ashoop. Ek het hom altyd voor die TV gehad dan is daar darem scenery as jy ry. Eendag toe ke opkyk staan oorle John Nxumalo langs my en hy se :"Nkosasana, jy moet trap jy is nog baie ver af die dorp af !"
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud



Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar