Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

1947-2011
Dis 'n gegewe feit! Ek het die tyd gelewe,ek was daar,het alles beleef.Was 'n tyd toe ek geglo het dis volgens 'n draaiboek,vir my geskryf.Toe ek vas geglo het,en gepreek het,elke beweging,elke stamp van 'n toon,is volgens 'n Godgegewe plan.Was so maklik om die 'plan van God' vir alles te blameer.Dis tog buite my beheer,ek kan nie regtig daarvoor help nie.Al my verkeerde besluite en dade was die 'ou duiwel'.Alle wonderlike dinge was te danke aan 'God se genade'Vir 'n 'mooi dag' het ek God gedank,slegte dae het ek verduur saam met die skepping wat met 'onuitspreeklike versugtinge wag..'Wanneer ek floreer het, ek die Here gedank omdat Hy so goed is vir my.Wanneer dit swaar gaan,pleit ek vir Sy spoedige wederkoms.Wanneer ek in dae soos hierdie,voor die feestyd,al die vreugde en blydskap om my sien,en kliphard wil skree omdat my enigste seun in Windhoek feestyd vier, en ek dit nie kan deel nie,dan blameer ek my egskeiding van toentertyd.
Maar jammer,ek was besig met'n resensie oor die rolprent van my lewe.Dis 'n 'boggerop','n groot teleurstelling.Miskien 'n baie menslike verhaal,lewensgetrou.Of dit 'n lokkettreffer sal wees twyfel ek.Ek speel die hoofrol.Sou myself nie gekies het vir die rol nie,het egter die rol gekry.Te danke,of te wyte,aan my pa en ma,se ongelukkie(sal ek ooit weet of ek 'n liefdeskind is of dalk van die Here afgesmeek.My eerste huwelik moes nooit gewees het nie,ek onthou dat ek voor die kerk probeer het om om te draai.Hieruit is egter my seun gebore,vandag my trots en sy kind my vreugde.As ek daardie dag omgedraai het,getrou het met met my vorige verloofde,wat ek gelos het toe hulle begin trourok materiaal koop.Haar gelos omdat ek toe verlang na my eerste liefde,wat toe met 'n engelsman trou(ek glo nog vandag ek was haar trouman)Wat 'n verhaal,'n draaiboek skrywer kon 'n ongelooflike storie gemaak het !
Nou sit ek hier,besig met 'n resensie or die lewe en ek weet nie meer wat ek glo nie.Ek sal 'n redelike aanbod aanvaar vir die storie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar