Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek en Minette ry graag iewers heen. Dan stuur ek haar by die kafee in vir ‘n genieting en sy kom uit met ‘n pakkie peanuts.
So in die ry en gesels en wys en lag, hou ek dan my linkerhand uit, sy top op met peanuts en sy hou my dop en uit die hoek van my oog hou ek haar dophou dop.
Hel, hoe tongknoop ek jou nou !
Dis eintlik maklik want ek het ‘n gaatjie in my hand waaruit die peanuts vloei as ek kop-agteroor-kieste vul.

Ek herhaal die storie wat iewers hier op Woes is. Dit is eintlik maar ‘n simpel storie.
Prettie Women se verhaal is ‘n baie ou bedryf wat soos enige spel op baie maniere gespeel kan word.
Die manier waarvan ek hou: Begin ‘n besigheid, vat dit hoog hoogtes in met ‘n groot geldskuld maar ook baie verhandelbare bates – vervreem ( LW- nie ‘steel’ nie ) dan die bates en speel bankrot.
Lê dan ‘n paar jaar leeg en gaan toer die Eilande en wag en beplan die volgende een en juis gedurende so ‘n reses en wag periode is Michelle gebore:
“As jy kans sien vir ‘n baba, is dit nou jou laaste kans” en met my jubelende instem, is sy gemaak en gebore en . . .
“Daars jou kind, maak haar groot ek gaan werk ( want ons is mos nou bankrot  “)

Die “wag” bestaan uit baba oppas, swem in die dam en brekfis elke oggend en dit is ou jaarsdag 1984 en baba Michelle is twee jaar oud en langes die stoor, teen die muur , op die grond is my vuurtjie. Op die vuurtjie se omringde klippe is die roostertjie. Op die roostertjie lê die pasgemaakte worsies en tjoppies en langes die roostertjie staan die klein driepoot swartpotjie met pap op sy eie vuurtjie en ook die koffie keteltjie wat sisssssss en baba Michelle speel met wat my hande in die werkswinkel vir haar maak.
Nou shorthand ek die storie – spesiaal vir die plug-tot-plug mense:
Dirk kom ingery met sy rooi bakkie:
“Willie, kom help, die boorgat gooi nie water nie!”
“Jou gat Dirk, dit is oujaar, hier is ‘n damvol water, loop haal jou drom ek gaan nou eers brekfis!”

Dinge in die regte lewe werk anders. Dit kos my die keteltjie aftrek, die vleisies in die pappot op die pap sit met die deksel op, baba gryp en saam in die bakkie klim.

Die boorgatpomp het ‘n ekstra lank fanbelt na die motor toe. ‘n Fanbelt is gevaarlik en kan jou gryp en vermorsel en ek laat swaer Dirk die baba veilig tussen sy bene weghou en hy moet die stop en start knoppies druk sodat ek kan hoor of daar pype in die gat af is en dit is ; stop-start-stop-start want ek luister vir klange-lang-klange-lang!
“Dirk, pype is afgevrot, maak hier los en draai daar in . . . “ en ek wys en baba het hierdie aksie van stop-start-stop-start mooi uitgekyk en wyl ek wys, druk sy die rooi knoppie en waps, swing my hand in die rondte en tjoep, sny die fanbelt die vinger se punt af.

Vandag sit ek met die wins en ek kan doen wat weinig kan doen:
Kry in die ry jou kieste vol peanuts sonder om een nut te mors !
Ek kan, want my hand met die peanuts het ‘n gaatjie.
Kyk nou net hoe maklik is dit om ‘n storie te vertel. Van watter deel wil jy meer weet ?

Groetnis
Willie
2014/01/10



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gaatjie...
:D! Alles werk wragtie ten goede ook mee!

;)En die swak vir babas het gebly, lyk dit my.
6 jaar 1 maand 1 week 6 dae 6 ure oud


Vinger
Toe ek nou my hand vuis maak en voorstel daai vinger van my is ook af, sien ek duidelik daai handige gaatjie.
Sien dis hoe Wolf operate; 'n verlies word omgekeer in 'n handige wins! Great!
6 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 22 ure oud


Eina
Mooi storie Willie. Snaaks hoe dit herinneringe oproep. Ek het onlangs pype uitgetrek en wat ek gedoen het weet ek nie, maar die pype val toe in die gat af. In my skrik gryp ek die pype, en kan jy raai wat doen 'n geroesde pyp aan jou hand!
Na vele Elasto,selfbejammering en ure se gesukkel, kry ons hulle toe uit.
6 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 3 ure oud


Hmmmmm
Ja, wys jou net, mens moet versigtig wys! ;-)
Ek het net voor Kersfees amper ook 'n lit verloor, het met windpompype wat ek terug laat sak het in die gat met my linkerhand gewys wat my handlanger nie moet doen nie, toe gly die pype en die ketting stamp my linkerwysvinger met die glipslag teen die vastrap vas..
Plat vinger en potblou nael. Het vir meer as 'n week geklop, al het ek 'n gat in die nael en onder die nael in gemaak. Dit is darem nou al aan't herstel. Het gelukkig 'n handskoen aangehad, anders was dit dalk erger.
6 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 8 ure oud


O
Nouja wys jou nou net wat kan gebeur ne
6 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 17 ure oud


***
Baie interessant -- lekker vertel.
6 jaar 1 maand 2 weke 4 dae 23 ure oud



Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar