Projek: FINALE PROJEK OP WOES – AFSKEID (2016-01-06 tot 2016-02-07)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 521
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 03 Feb 2016
Op my profielblad staan op hierdie oomblik: Lid vir 8 jaar 3 maande 4 weke 1 dag 6 ure. Dis ‘n lang tyd – aan die een kant. Aan die anderkant – dit het soos ‘n gedagte verbygevlieg. Ek moet erken dat ek nie al hierdie jare aktief geskryf en gelees het nie, omdat ek eintlik maar dom is met die rekenaar, webwerwe, die Internet en al die nuwerwetsheid. In 2012 skraap ek egter met my hinkepink-tikvaardigheid van 1½ vingers, moed bymekaar en ek skryf my eerste kortverhaal . . . die res is geskiedenis.
Woes was vir my woes-goed.
Dankie Willem dat jy vir ons hierdie geleentheid geskep het tot skryf – vir my eintlik, die geleentheid tot leer skryf. Dankie vir die skryfkompetisie van 2012 en die heerlike gala-aand onder die Afrika-hemel. Dit was onvergeetlik. Dankie dat jy nie destyds vir Woes verkoop het nie en dat ons nog vir ‘n jaar of drie woes kon (leer) skryf.
Dankie Carol vir al jou werk en jou wonderlike inspirasie as Kreatiewe Bestuurder. Ek besef dat ons nooit sal weet hoeveel energie en tyd van jou werklik in Woes en sy lede ingesit het nie; hoeveel jy persoonlik moes opoffer om Woes se ratte glad te laat loop nie. Hoeveel vure moes jy net nie doodslaan nie. Dankie dat jy jou koel behou het. Dankie dat jy die internettrolle vinnig onder beheer kon kry en dankie vir jou lojaliteit aan skrywers en ook aan my persoonlik, toe ek wou handdoek ingooi na ‘n aanslag van ‘n trol. Genoeg dankie kan mens nie eintlik sê nie.
En Mandie daar "agter die skerms" – vir jou sê ek baie dankie vir jou geduld met my tegnologie-gestremdheid en dat jy altyd bereid was om vinnig uit te help en uit te red. Dankie.
Anze, jy was/is werklik ‘n vasbyter en ‘n inspirasie. Dankie dat jy nooit opgehou het om te probeer om die Woesters aan die skryf te hou nie. Dankie vir die grootse Kankerprojek. Dankie vir die tweeweeklikse kompetisies wat altyd pret was om aan deel te neem en vir die erkenning wat skrywers so kon kry. Ek het só baie daaruit geleer.
Kiekies, dankie ook vir jou entoesiasme, inspirasie en aanmoediging. Die saamstel van die nuusbriewe en die uitdink van onderwerpe om oor te skryf. Vir al die kreatiewe planne wat jy van stapel gestuur het en vir die heerlike skrywes wat uit jou pen gevloei het. Die Woes Skryf Woes was ‘n woeste goeie idee en ‘n woeste sukses, danksy jou insette.
En laastens – maar geensins onderaan my lysie nie hoor – dankie aan al my Woes-vriende (ek kan nie name noem nie, my lys gaan te lank word) wat so getrou my skryfsels gelees het en kommentaar gelewer het en diegene wie se werke ek gereeld kon lees. Hier was werklik uiters talentvolle skrywers op Woes. Julle het my meer van skryf geleer as wat julle ooit sal besef: deur wat julle nie gesê het nie sowel as deur dit wat julle gesê het. Dankie dat van ons sommer ‘huisvriende’ kon word.
Mag dit met julle almal goed gaan. Mag die Here julle almal seën. Dankie dat dit bars, soos my pa altyd gesê het.
Lees ander gorrelstukke deur Corina Becker
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Rachelle du Bois
Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?
Jy het nou baie netjies hier gegroet. Puik swanesang, dame :-)