Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liewe Woes-vriende,

Hierdie hoef nie vaarwel te wees nie. Wordpress.com bied blog dienste verniet aan. Dit kan ‘n plek wees waar jy kan aanhou om jou stories te vertel. En te deel.

Ek het my eie blog op Wordpress (https://ronelthemythmaker.wordpress.com/) en so ook het ander woestelinge soos Carin (https://maraiscarin.wordpress.com/). Ons het stories daarop – kom geniet dit.

Ek moedig elkeen van julle aan om vir jouself ‘n blog te skep. Dit is dalk ‘n bietjie skrikwekkend, maar Wordpress is baie gebruiker-vriendelik. (Daar’s ander blog verskaffers – soos Blogspot en Tumblr – wat jy ook verniet kan gebruik.)

Die skrywerslewe kan ‘n eensame een wees, maar deur te deel met ander en hul terugvoering te kry maak dinge beter.

Ek hoop regtig jy oorweeg dit om ‘n blog te begin en jou URL (jou spesifieke blog se webadres) te deel.

Alle sterkte met jou skryfwerk voorentoe.

xoxo



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Totsiens
Goeie raad hierdie!
3 jaar 4 maande 2 dae 18 ure oud


Ano
Brief
Al is ek tegnologies redelik gestremd, kon ek dit wel regkry om 'n blog sowel as 'n fb bladsy vir my spesifieke behoeftes te skep. Die onderwerp is ongelukkig nie so gemaklik en lighartig soos hier nie, dus is dit nie 'n plek wat die oorgrote meerderheid mense sal besoek nie. Vir die's wat belangstel :
floksie.wordpress.com
of fb : Hoop Susanna Moolman
3 jaar 4 maande 1 week 6 dae 22 ure oud


ronel
Baie dankie vir die inligting. Ek is maar dom met hierdie klas dinge. Ek skryf ook maar net gedigte. Ek wonder of dit moontlik kan werk om 'n fb blad spesifiek vir my gedigte te skep?
3 jaar 4 maande 2 weke 2 ure oud


Dankie!
Ek is bietjie erg dom met dié dinge, maar ek sal kyk of ek so-iets kan regkry.

Dankie vir jou omgee . . . oxo
3 jaar 4 maande 2 weke 9 ure oud



Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar