Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vanoggend toe ek lees; "'n gesprek met jouself op twintig," het dit dadelik my kop aan die dink gesit. Wat sou ek vir myself op twee en twintig te sê gehad het, met die insig wat ek nou het. Ek sê doelbewus twee en twintig. Daardie tyd was baie meisies reeds getroud, of verloof, of het op troue gestaan. Sommige was ma's teen daardie tyd. Op twee en twintig het ek eers ontsnap uit my kokon van siek wees en van altyd moeg wees.

Daar is baie dinge wat ek vir myself sou kon sê, soos ruk jou reg 'girl', jy is nou nie meer siek nie, kry selfvertroue, haal in dit wat jy in die verlede gemis het. Werk harder bewys jouself. Agter os kom ook in die kraal.

Dalk sou ek net een ding sê: Vind jou passie en dit wat jou werklik gelukkig maak. Of dit klein en onbelangrik is, maak nie saak, solank dit wat jy doen, jy is en nie omdat jy dink jy behoort dit so te doen nie. Dalk sou dit berge stres kon verhoed en die selfvertroue nie elke keer 'n taai klap kry nie.

Nou weet ek beter, vir elke mens is daar iewers plek en 'n talent jy moet dit net vind.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jouself
Ditsem Girl, jy praat groot waarheid van 'n les op die harde manier geleer! Baie dankie vir jou waardevolle bydrae!
5 jaar 3 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud


gesprek
dit sou wonderlik wees as mens die tyd kon terug draai met vandag se wysheid, maar aan die anderkant sou ons dan nie die mens gewees het was ons vandag is nie.. Alles gebeur mos maar met n doel en is in Sy hand... Dankie vir die deel
5 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 8 ure oud


self
So moet ons nie wonder oor hoekoms en waaroms nie en slegs Boontoe en vorentoe kyk want aan die verlede kan ons zero doen, maar hoe ons Sy pad van nou af stap, hang van onsself af.
5 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud


Ano
Gesprek
Jip - veral die stes-ding!
5 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud


Gesprek . . .
Nou't jy mý aan die dink gesit . . . hmmmmm . . .
5 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


'n Gesprek met my jeugdige self
Op die een of ander tyd kom daar 'n tyd dat die eie ek homself weer vind in maal kolk van die lewe.
5 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar