Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Doop.

06/12/2015.

So is my lief-kinders gedoop. Ignathius op ses en Danel op twee en ’n half. Vir my, ’n eer maar ’n baie swaar- emosionele stryd. Ek het grootgeword in die Hervormend-kerk. Gedoop en getrou in Gereformeerd. Na my egskeiding het dinge vir my nie juis voorspoedig gegaan nie. Lang storie kort, ek het twee kinders maar was nooit met hulle pa getroud nie.

Hulle pa het ook nooit kerk toe gegaan nie. Hy’t altyd gespot en gesê hy sal aan die brandslaan die dag as hy ’n kerk instap. Ek moes dit seker ernstig opgeneem het, maar ek het gedink hy maak ’n grap. Gedink ek sal hom tog eendag kan oorreed om saam met my kerk toe te gaan.

Nog ’n lang storie kort, ’n jaar en ’n half na ons nie meer saam is nie is ek aangeneem in die Evangelie-Gereformeerde kerk en het die dominee met liefde my kinders vir my gedoop.
(Die dopper-kerk-dominee het geweier. Hy het gesê ek MOET trou, met die kinders se pa, voor hy die kinders sal doop. Toe ek weier, toe skop hy my uit die kerk uit. – en aan hom het ek die redes hoekom ek nie met ’n draak wil trou nie, in verduidelik.)

So toe staan ek voor in die kerk Sondag, alleen, met Danel op my heup en ou Igie se hand stewig in myne. Danel sien blykbaar nie die kerk vol mense raak nie. Igie staan styf teen my. My hart swel van trots, ter selfde tyd wat ek eintlik skaam is. Emosies onbeskryflik. Daar is hartseer ... aangesien hulle pa weereens nie in die kerk is nie. Daar is vrees ... want hierdie is darem ’n groot belofte om alleen aan te pak ... daar is hoop ... want met liefde is daar mos altyd hoop ...

Ignathius staan mooi stil. Hy’t gehoor wat mamma vooraf verduidelik het. Die dominee doop hom in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Baie watertjies word op sy kop besprinkel en wanneer die dominee se hand op sy kop sak sluk ek aan my eerste trane. Wat ’n groot eer is hierdie ? ? ? ?

Danel het mooi gesien wat oom dominee gemaak het. Sy begin sommer klaar huil. Maar die dominee sprinkel die water en sê weer daai kosbare woorde en sy hand sak op haar kom en my oë brand ...

Hy bid ... ek sluk. Ek wil net huil, maar mammas is mos sterk. Ek kyk net in dominee se oë, ek sien nie die ander mense raak nie. Hy glimlag en help my mooi met elkeen se Bybel. (Pragtige Bybels, die mooistes wat ek nog ooit gesien het ! ! ! !) ... elkeen se doop sertifikaat veilig binne gebêre. Net mamma en pappa se handtekeninge moet op dan is dit geldig.

My liefies. So kosbaar en onskuldig. Groot voorreg. Ek is uitgeput maar my doel vir 2015 is bereik. Dankbaarheid is nie die regte woord nie. Dis deel van daai gevoel wat jy voel binne jou wat woorde nooit sal kan beskryf nie.

Jy sal ’n duisend gedigte daaroor kan skryf, maar steeds dit nie ten volle beskryf nie.

Daai gevoel ... soos liefde.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

gevoel soos liefde
Dankie vir die deel. Stem saam met Viooltjie. Alle vreugde en sterkte met die pad voorentoe.
3 jaar 7 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


ge doop
Geluk! Pragtig tog hartseer storie. Die pa was ook seker kind en kind van die Here? Dit laat my altyd wonder wat loop verkeerd in 'n mens se lewe?
3 jaar 7 maande 1 week 6 dae 1 uur oud


***
Dankie, Anria, vir hierdie diepskrywe en die pragtige foto.

Sneeuwolf sê alles wat ek ook voel.
3 jaar 7 maande 2 weke 16 ure oud


Liefde
Jy het reg gehandel en hierdie is een kosbare geskrif.
Dankie daarvoor.
Dit wys jy is 'n wenner en mag geluk en voorspoed altyd deel van jou lewe wees.

Thanks
en dankie om in jou vriendekring te tel.
3 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 18 ure oud


Ano
Liefde
Ek het eintlik nie woorde nie.
Dit is pragtig - julle is pragtig en elkeen so kosbaar.
Die dopper-dominee het ongelukkig nog 'n paar lewenslesse om te leer, want hy het 'n goeie manier gekies om mense van sy kerk te vervreem. Arrogant en onnosel eintlik.
3 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud


'n Gevoel soos Liefde
Wat 'n ongelooflike ervaring om te hoor en sien dat die ewige God jou en jou kinders liefhet en dat Hy belowe om vir hulle 'n God te wees soos Hy vir jou was en is, dwarsdeur al hulle vreugdes en seer. Dankie dat jy dit met ons gedeel het!
3 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud


doop
Pragbydrae wat diepste emosies uitbeeld Anria. baie geluk met die groot stap en mag jou seuntjies vir jou net vreugde bring
3 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud


Doop
dankie dat jy hierdie kosbaarheid met ons kom deel het!!! Ja my oe is ook vol trane en Anria weet net daar daar miljoene engele is wat saam met jou bly is oor hierdie stap om jou kinders vir God te gee... Hy sal jou die krag en wysheid gee om hulle mooi groot te maak vir Sy Koninkryk!
3 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 17 ure oud


doop
En daar skryf jy nou my oë propvol trane. Wat 'n mooi gebeurtenis en jou ervaring daarvan is kosbaar in God se oë - daarvan is ek baie seker. Mag jy en jou pragtige kinders hope seën ontvang. ♥♥♥
3 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 18 ure oud


Doop
Ai, waar kom die lastige muskiet nou skielik in my oog vandaan? Anria, saam met jou jubel ek. Moenie bang wees nie. Ja, dis 'n groot besluit en stap om alleen te neem. Wees egter verseker dat jy nie alleen is nie. Hy is al die pad saam met jou.
3 jaar 7 maande 2 weke 2 dae 18 ure oud



DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar