Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is ‘n paar geleenthede gedurende die huwelik dat die man net effe vals mag wees.
Hierdie geleentheid begin by die spieël. Deur my lewe het baie vrae by my opgekom en talle daarvan is steeds sonder antwoord.
Die een groot vraag is:
Wat sien ‘n vrou indien sy in die spieël kyk?

Die geleentheid is die vyftigste jaar na Matriek en die vorige byeenkoms was tien jaar gelede en nou breek nommer vyftig aan en dit is sommer nog vandag.

Baie Belangrik.
Julle moet asseblief onthou. Moenie twyfel nie, wees net daar en bly kalm; dit is nou eendag by my begrafnis. Ek is net effe laat – ek moet ietsie nog afhandel – maar belowe om betyds te wees.

Alsó is dit alweer:
Johann Minnie het geslag en bel dat ek gou ‘n proe stukkie moet kom haal.
Ek het tyd.
Die roksoek storie het om een of ander rede nie plaasgevind nie.
Hier is nie arbeid oor na-weke nie en ek spoed om die honde ding klaar te doen.
Dit is nou 09h00 en ek is klaar en moet gou weg slip en ek gaan stel haar net gerus. Sy staan voor die spieël.
“’Nita, hoe laat moet ons ry?”
“Nie later as 15h00 nie.”
Ek sien ek het tyd op hande. Johann is so dertig kilometer weg en twee ure saam met hom – hy is ‘n man wat jou nie maklik los nie – maar ek het tyd.

Op die kop 15h00 is ek terug, deur die stort en sy staan (weer? steeds?) voor die spieël en het ‘n swart broekpakkie aan en draai-draai en druk-druk aan die hare . .
En ek praat nie – my klere is uitgelê op die bed . . . Gewone klere; ek is net ‘n gewone mens.
“Hoe lyk my hare?”
Sien, ek moet nou lieg:
“Mooi, ek hou van die kleur.”

Ek dink sy weet ek lieg:
“Wel, ek is tevrede, ek dink die snit pas my . . .”
Ek trek aan en ek merk sy omhang ‘n fyn goue kettinkie met ‘n klein hartjie en ek het ook my reg:
“Nita, jou hals is baie kaal en lyk bloots – kan jy nie maar ietsie anders omhang nie?”
“Ek gaan nog daai toppie bo-oor aantrek.”
“Ek glo so maar ek dink tog . . “

Haar lank kyk na my is tasbaar :
“Om wat mee te sê?”
“Nita, niks hoef gesê of bedoel te wees nie. Niemand sal eers weet nie – Edgars. Stuttafords . . . baie winkels hou soortgelyke maaksels aan – tot die OK bazaar, doen dit net vir my dan lyk jy afgerond.”

“Ek is reg soos ek is want ek is wie ek is; maak klaar ons moet nog die drankies loop koop” en sy trek die silwer toppie aan en draai-draai voor die spieël.
Ek skud net my kop en sien voor my die twintig jare meisie voor wie ek gestruikel het. Ek weet en het geleer; sy het nie pêrels en diamante nodig om haar te dra nie – haar selfbeeld doen alles.
En die arriveer het bewys.
Die opregte manier van groet en bly om weer te sien en iets word vir my duidelik:
Plekke is oop vir enigeen en ons neem plaas by ‘n oop tafel en geleidelik sluit ou kennisse by ons tafel aan. Die meeste kom al van Graad een af saam en dan is daar van die begin van die verrigtinge ook die duidelike skeiding sigbaar. Wie groepeer by wie maar soos die middag en aand vorder, taan hierdie skeiding.
In enige gemeenskap bestaan dit . Kinders is meer ongevoelig en hulle voel dit aan. Die meer welaf groep skaar bymekaar en die gewone gemiddelde klas skaar bymekaar en ek kyk deur:

Hulle kom vanself en ons vertel oor en weer en die een hoef nie my vraag te antwoord nie want ek weet hy was ouditeur want sy ou lyf – wel 7 jaar jonger as ek – is soos in die stoel-sit-posisie gevorm. Hy kan onmoontlik meer soldaat regop staan.
Die afgeronde een kan Anita nie uitlos nie – Hy het Narkotiseer geword maar Anita bevestig dat hy darem altyd so gemaklik omgegaan het en so gaan dit aan en net ek kan nie saampraat nie. Anita is ‘n Nurse en ek soek nog steeds werk en die dag loop en die aand loop en die mense ontspan en nou word daar gekuier en ge staaltjie en die styfgeit gaan weg en teen die tyd dat ek vir Anita vertel om maar die rondte van Vader Cloete te doen en die mense te groet spreek sy die Woord:
“Sien jy Willie, die antwoord lê hier sigbaar voor jou;
Ouderdom, maak alle mense weer gelyk”

Dit is waar want die statistieke is daar:
30 % het in die laaste tien jaar al die Aardse lewe verlaat
30 % het verskoning gemaak weens omstandighede en
30 % van die oorspronklike klas is vandag hier byeen.
Wat die volgende tien jaar gaan meebring is nie nou ter sprake nie. Kontak gaan behou word.

My dwarsdeur die okasie kyk was gewees:
Nommer een – die mans:
Al is ek beslis effe ouer, steek ek nie af nie.
Nommer twee – die vroue:
Ek maak hulle jonger – almal weer so sewentien, agtien se kant en verouder hulle na nou.
Watter een sou ek graag wou kies?

Ek het reg gekies, baie jare gelede . . .
En, sy mag maar in die spieël kyk.

Willie F van Tonder
2013/10/05




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Ja-nee, jy raak al weer 'n hele klompie waarhede hier kwyt -- lekker leesstuk ook.
6 jaar 6 maande 6 ure oud


Vere
Dit my vriend mag jy maar weer sê! En weer......En weer.....
Ouer word is vir die geseendes, die ander is jonk dood!
Julle twee is baie oulik!!
6 jaar 6 maande 17 ure oud


Sê ek ook!
"Ek weet en het geleer; sy het nie pêrels en diamante nodig om haar te dra nie – haar selfbeeld doen alles."
Is een van die mooiste komplimente wat 'n man vir sy vrou kan gee. En sy vir hom.
6 jaar 6 maande 1 dag 1 uur oud


*
Ag dierbaar!!! pragtige foto van julle tweetjies!
6 jaar 6 maande 1 dag 6 ure oud



Die Lady en die Leeu

deur Rachelle du Bois

Sy is een keer gevang, maar nou is sý die jagter met die prooi in háár visier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar