Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Toe ek nou Sondag lees van die ANC se vergrype aan my lieflingskos,is ek so dankbaar dat ek uiteindelik 'n verbintenis gekry het tussen my en die party.Om te dink ons sit al soveel jare om dieselfde kospotte,en vee die medium chilly sous van onse gevrete af en droom dieselfde drome.Moet wees want vir die halfuur wat ek hier in Mosselbaai se Nandos sit en eet,is daar vrede in my gemoed,ek sien kans vir die wereld se probleme,die ouderdom is agter in my gedagtes,niks maak saak,niemand pla nie.Seker nie almal sal verstaan wat deur die gemoed van 'n masogis(pyn verslaafde)gaan terwyl brand en lekkerkry nie.Kerrie,hoe sterker hoe beter,marathon hardloop(toe ek nog kon)hoe seerder hoe lekkerder.Maar terug na die ANC-nou verstaan ek my broers beter,wanneer jy sien jy bestuur die land in sy glory in,jy verstaan nie die werk wat jy onverdiend gekry het sonder om daarvoor te vra nie,die mense om jou wat gedurig kla vir dienslering en jy nie kan verstaan nie,want jy woon lekker,jou BMW loop uitstekend,jou kinders kla nie oor hulle privaatskool nie.Al ontvlugting wat die arme mense het,is 'n uurtjie se wellus in die brandsous van jou geliefde hoender en brandsous.Mense ons moet begrip he!Weer terug na Nandos-hierdie deel van my vertel is waar,njannies,ek en my vrou gaan eet so een,tweekeer 'n week daar(maar voor jy jou kop skud oor my vergryp aan gemorskos,of dan wonder waar 'n pesionaris die geld kry)dis heel eenvoudig.Ons koop een kwarthoender porsie(borsgedeelte)met 'n portugese broodjie en tjips.Die halfporsie word netjies in twee gesny,my vrou het 'n eet steurnis(sy kry die kleiner helfte)die tjippies word in twee gedeel(my vrou het 'n eet steunis etc.)die tjippies kry ek 3 meer as sy(my vrou het....)die broodjie deel ons(ek kry later nog 'n stukkie terug.Dan sit ek die bottel medium sous voor my neer.
Wanneer ons klaar is,die sous is amper leeg,en ek het vrede in my gemoed,my vrou is mooi en die Weskaap is die paradys dan betaal ons-dit kos ons R39.95(R5 fooitjie ingesluit)Onthou nou,hierdie is nie 'n 'eens op 'n tyd' storie nie,dis nou.Partkeer gee hulle ons nog 2 koppies koffie op die huis ook.
Nou,ek wou Nandos boikot toe ek lees van hulle vergrype,was vas van plan,maar ai,ek verstaan mos nou beter,en die slim mense se die begin van 'n beter verhouding is begrip-Viva!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nandos
Lekker tong in die kies. Hou van jou baie fyn spot. Ek wonder of hulle my sal ondersteun as ek Die Pappot oopmaak? Dis mos stapel voedsel. Met so 'n lekker skep marog wat goed ge-tjillie is.
6 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 11 ure oud


Nuwe Seeland het ook al Nandos
As ek dit nou weer eendag kan bekostig om daar te gaan eet sal ek aan jou dink. Ek wonder of John Key, die huidige premier hier, ook Nandos eet. Dis duurder as Kentucky. Ek hou nogal van die lemon pepper sous.
6 jaar 4 maande 2 weke 3 dae 16 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar