Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

LEEUEAAIE
In alle eintlikheid was dit êrens tussen moeisam en moeilik, dog het ek dit vir bemoeienswaardig geag – terwyl ek in die eeueoue egiptiese hoofstad, Kaïro, gewyl het – om van hulle allerlekkerste kookgenotte saam te bring: uitgekookte hammelstertvet. Kaiings. Nog lekkerder as dié uit Zaïre.
My uitnooiaanvaarding om 'n skaapplaas aldaar te besoek het ek vry uitgespreek. Dis die sogenoemde skarlakenmelkskape en hulle moes juis díé dag opsystaan weens die paaiemaaiers, wat taai hulle swaaioefeninge deurgevoer het. Die weëëwening is noodwendig want die kielieëffek van die langgras in die paaieuitgange op die rooiooieuiers veroorsaak dat die suieapparaatjies van die lammers onmoontlik op die aangeswolle spene pas, veral as hulle ma’s alte vrolik rondomtalie. Buitendien veroorsaak onordentlike paaieëienenskappe 'n smartlike gejeuk weens die berge meeueëkskreet op die weëoppervlaktes. Die effek van die maaiaanstrenginge sorg dat dit spieëlglad bly.

     Interessant, nê?

     Aldus het ek die Kaïrokaiings my Karooöom Koos Oosthuijs na sy kajaatjie gebring, 'n kaja onder baie, waarvan elkeen deur 'n eie kajaäja bedryf word. Hy woon glad nie in die karoo nie: Sy tuijnhuijs staan naby Nababeep onver van die Gariep, aan die rand van die Namib (en, soos ons hoor: Dit rym – eenduidig).

     Toe ons die namiddag gaan jag, waarsku Koos my indringend/uitdruklik om op te pas vir die kobaltleeus -- 'n sonderras blouooggrootroofkatte wat slegs hier op die Windbuieëiland binneïn die Rooiaalsedam huis – en my nie te laat inloop deur hulle siniese, gemene pogings omstrelend te „troos" nie. Sulke leuenaars! Ons loop toe tussen die beeste en dorings deur tot ons gooiingjasse in tooiings hang. Ou Koos het my aandag op die turkooisooievare gevestig, wat boöor ons hulle swenk-en-swaaiëienskappe by 'n verwarrende windbuieoorval tot doer ver oor die blouëinders uitgeoefen het. Onderwyl ons wag, ondersoek ons die ondergrondse weë van die paaiemaaiers, wat as grondstof vir hulle tonnels kraaieafval en vlieëëiers moet hê.

     Skielik kom daar beweging in die menigte: die paaiëffek van die miaauüitinge van die blouoogleeus is duidelik speur- en spoorbaar, en die beeste, wat al van Toeka af húlle die besitreg van die uintjiestuintjies toeëien, voel hulle in hulle eer besterk – al is dit 'n skaduweeagtige skyneer.

     Ons kyk bewoë hoe 'n leeuin haar kralle in 'n koeiuieraar slaan, dat die bloed so vloei en die koei so moe, maar sy klou en byt vas tot moeëinde. Ons is onvermoeëns om enigiets te onderneem. Daar kom majesteit aangedrentel – die luiaard! - en die kleintjies al agterna met hulle suieapparaatjies, wat gulsig op die rooibloeiende vloeistof wil toesak. Maar nee, Leo Rex (waarskynlik uit George na sy blouoëëienskap te oordeel) brul in lieu van 'n tafelgebed en almal slaan toe.

     Met hoed in die hand staan Koos en ek wyeaandagtig en betrag die geroei van vlooieëllenboë en -knieë soos hulle baklei om weg te kom, want dit stink na kruieuitblasing uit een van die baie koeimae.

     Huil-huil stel ons treurig vas:

            Die skade wat leeueaaie eeueoue uieeienaars se uierare
            toevoeg, loop alte dikwels in vertraande baardspitse uit.

(eenentwintigammeka)________________________________________________________tje

...ooOoo...



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar