Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hierdie onderwerp is meer kontroversieel dan enigiets anders.
Gewig verminder.

Eintlik is die aksie verskriklik maklik op die volgende voorwaardes:
Dit moet ‘n wilsbesluit wees.
Dit moet ‘n ernstige saak in jou lewe wees.

My Moeder. Agt kinders die wêreld ingebring, opgevoed en groot gemaak. Kuiergaste mag maar onverwags opdaag tydens ete. Sy het kos vir almal.
Sy het egter nooit saam ge-eet nie. Ek het na ete die gaste laat pad vat want dan is dit ek en die kombuis en my ma.
Dan skep sy vir haarself in ‘n klein bordjie / koek bordjie / langesaan bordjie – wat die ding se naam ook al is, en dan eet sy stadig en kouend en ek was op en maak aan die kant en ons deel gedagtes.

Ek het al teveel geskryf oor liggaamsdele maar ek moet weer noem.
‘n Normale maag is so groot soos ‘n man se vuis. Dit is egter ‘n sak wat gerek kan word tot so groot soos ‘n was skottel.
Maar
Liewe Jesus was alwys. Die maag kan weer krimp of, op die uiterste, met Mediese kramme opgebind word.
Die maag maal en vergruis en ver-mince vinnig.
Die derms vat lank; tot en met 15 uur
(Tensy jy dit aanhelp met purgasie of Engelse sout)

Raait, ek is klaar en nou het ek alles gesê wat ek wou sê.
Ek omraam dit nou net mooi – gee aandag:
Neem die besluit dat jy regtig wil gewig verminder.
Pak weg jou gewone bord en neem ‘n klein bordjie. Kook en bak en brou vir die gesin soos normaal.
Skep vir jouself soveel as wat jy op die klein bordjie kan laai - van alles.
(Die kleinbordjie is regtig maar dit gee jou in idee van hoeveel jy moet skep.)
Eet stadig en kou nooit minder as 30 tot 50 keer nie – al is dit soet pampoen. Jy het tande – kou dit.

Klaar.
Jy is nou klaar vir ten minste tot die volgende familie ete of ten minste vir die volgende 15 uur.

Honger.
Dis nie waar nie. Jy was in jou lewe nog nooit honger nie. Jy was lus.

Okei, dan is ek lus om te peusel
Ek is frusteerd en moet nou iets eet.
Ek is kwaad en moet nou iets eet
Ek is niks – ek wil net eet.

Jy mag maar.

Loop koop ‘n pak appels. Uiteindelik sal jy die soort kry waarvan jy hou - kry en bly dan by dit.
Dit kos omtrent R20 vir die pak ( 2.5 kilogram)

Nou eet jy ‘n appel:
Was dit skoon-skoon.
Sny dit volgens die foto – moet nooit die skil afhaal nie.
Let op hoe ek dit sny en ek verwyder net die klein deeltjies harde stronk.
Kyk op die foto.

Eet dit net soos dit is of doen ietsie met dit – ek hou van mayonnaize so al om die ander keer.

Dit is nou ‘n lewenspatroon en . . .
‘n Lewenspatroon met :
Geen koffie of tee. Geen gas koeldrank.
GEEN BROOD - NOOIT AS TE NEVER!

Luister:
80 Liter water op die appelkoos boom lewer een ton appelkose
Twee snye brood lewer 200 gram gewig.
Vyf keer twee snye brood is dus een kilogram gewig.
Een brood moet weeg 700 gram – maar dit voeg 1.2 kilogram by jou gewig
(Nou eet jy nog ander goed by!)

Soveel vrugte drankie as wat jy kan bekostig- drink maar en baie water ook.
Jy moet ten minste 2 liter uit piepie op ‘n dag. Moenie die hoeveelheid water wat jy drink tel nie – skat hoeveel het jy ge piepie.

Bly weg van die skaal af. Jy weet mos hoeveel jy weeg; hoekom wil jy dit vir jouself invryf?
Wag dan.
Wag ses weke. Nie twee nie, nie vier nie, ‘n volle ses.
Klim nou op die skaal. Ek waarborg ten minste 5- 10 kilogram is weg.
Nou is die afdraande vinnig en die piepie ook.
Jou liggaam het gekliek en die boodskap ontvang.

Jy kan eet soveel appels soos jy wil.
Jy sal uiteindelik stabiliseer op twee of drie per dag opdat een appel is heel vullend.
Jy is welkom om enige hoeveelheid ander vrugte of rou groente te eet.
Mayonnaise bevat al die proteïn wat jy benodig.

Enigiets anders moet wag tot hoof ete en dan mag jy maar jou bordjie hoog laai.

Hoekom is daar twee appels op die foto?
Ek het pas mos mooi vir jou geleer – daai tweede een is dus joune; try dit nou uit.

Let wel:
Ek het geen belang in enige appel boerdery of besigheid nie. Ek moet weens baie belangrike redes na myself begint kyk.

Dit is al.

Sterkte
2015/03/22



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Nou toe nou -- die loeries sal hulle appels met my moet begin deel, bietjie meer as die paar happe wat ek nou en dan daaruit vat...

Die mayo klink na 'n goeie idee -- sal bietjie probeer.
4 jaar 7 maande 3 weke 1 dag 22 ure oud


R20
Hmmmm... so ons het nou al 'n streamline Wolf?
4 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


Regtig
Hierdie het ek nou geniet. Sneeuwolf jy het 'n baie lekker manier om swaarkry maklik te laat lyk. Goed gedoen.
4 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar