Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


WAARSKUWING: Manne blaai weg. Loop. Vat jou dop en ga’ sit onder die Adamsvy.
Ons vroue praat nou vrougoed.
Dankie. Bye!

Hierdie slag wil ek ook ‘n stuiwer in die arm beurs gooi.
Sien, ek sien die Skelm nooit. Ek word wakker van die stilte. Ek hoef nie te voel nie. Sy kant van die bed is koud en leeg. Hy sluip. Soos ‘n skelm, sluip hy in die nag uit die huis. Hy start sy bakkie eers in die straat.
Julle dames, ek ken julle nie, ek hoor net van julle. Julle moet pasop. Willem is ‘n Duiwel. Net die Duiwel het ‘n stert.
Net om te motiveer. Ek wil julle my kant van die storie ook gee. Ek wil julle van die hel wat met hom deurmaak vertel;

Ek weet nie wat hy soek nie. Hy is nie net disleksies nie, nog deurtrek van die Altzheimers ook. Dan nog heel onkapabel ook.
Nou sta’ en wil hy my opvryf met daai skurwe hande. Vir wat weet ek nie. Want kàn, kan hy nie.
En beloftes? Wag ‘n bietjie. Vergeet. Hy belowe net.

Tot
hy my die kaartjies wys. Ons gaan Mauritius toe. Oo, hy is so ‘n Jintelman, ek ken hom nie eers nie. Hy vat my rond. Hy wys my plekke. Hy jaag my hormones op, Verniet. Ek vertel julle.

Hy vat my na die groot Plantepark. Ons loop kilometers. ‘n Vrou het nie knypers nie. Die begeleier wil my nie wys waar is die toilette nie: “Not very nice!”
Ek kan nie meer nie. Die plante is ruig. Willem Jakals wys my en vat die begeleier eenkant. Daar is bosse. Daar kan slange ook wees.
Luister hoekom sê ek julle moet pasop.
Ek besluit om sommer so te staan. Soos die dêm Duiwelsterte. Die ongemaklikste akrobatiese stance wat jy kan uitdink. Nou die afvee. Daar tussen die bosse met niks. Ek besluit . Gebruik die boonste deel van my pantie.
Verstaan julle my kant van die saak?

Dit is nog niks. Met die rondry, voer hy my kort, kort daardie inheemse gemors kos. Samoosas en die vet weet wat nog. Hy is ‘n Jintelman. Ek sit voor langs die bestuurder van die gehuurde dubbel kajuit.
“Ek moet mos mooi sien?”
Die junk kos begin praat. Dit baklei hier in my binneste.
Winde!
Nee. Laat ek liewer nie praat nie.
In elk geval, ek probeer inhou. Net julle, my liewe vriendinne –onthou, los die Duiwel uit!- net julle sal weet. Ek kan nie meer hou nie. Ek try ‘Chinese torture No 1’ saggies, bietjie, bietjie.
Ek ruik. Ek spuit my gewrigte dat die laventel afloop, Willem sit agter my. Ek sien hy kan nie verder agter toe sit nie. Die drywer draai sy venster af. Trek later af. Diplomaties:
“Sir, would you kindly come sit in front. I would like to show you around!”
Dan gaan Willem nog aan met sy nikswerd opvryf. Hy praat van die Comores, die Seychelles!
Se maai. Ek vertel julle.

Die top punt.
Die aand. Die nag. Die dêm hotel se ligte is af. Glo my, vyfster met dood ligte!
Ek word wakker. My bek proei soos ‘n vrot van die vreemde kosse deur die dag. Ek staan in die donker op. Gaan donker badkamer toe. Ek voel, voel na die buisies. Ek wil my tande borsel.
Ek kry in die donker ‘n buisie. Ek voel na die weggooi tande borsel. Ek sit die tandepasta op. Ek borsel. Ek stik. Ek spoeg. Ek wil kots. My tong gaan dood. Só dood, dit word styf!
Jakals troos met die koeldrank uit die duur yskassie. Jy gebruik nie die drinkgoed uit daardie yskassie nie. Jy gaan betaal tot bankrotskap toe.
Ek kan nie met die dooie mond slaap nie.
Ek is vroeg op om die naam van die gemors tandepasta te sien.
Op die wasbak lê die buisie nog. Ek tel op en lees:
‘Vaginal Gell !’
Ek het hom gemoer. Die Vark.

Terug tuis besluit ek op my revenge. Hy moet gestraf word.
Ek gaan haal die Maria op die Plot ( Willem se krot) so twee keer per week. Sy help my met die huis skoonmaak.
Die middag bel ek hom. Dit is laat middag. Ek wag tot druk verkeer:
“Willem, ek kan nie nou ry nie. Kom haal Maria asseblief.”
Hy kom met sy bakkie. Maria klim vóór saam met hom in die bakkie. Hy wil ry:
“Wag Willem, ek het iets vir Maria.”
Ek kom terug. Ek kyk hom in die oë. Sy geskokte oë.
Ek gee vir Maria die groot ruiker. Ek wou dit al weggooi, maar die blomme lyk nog OK.
Ek hoor Willem snork toe hy wegtrek.
Maria sit trots langs hom. Die groote ruiker in haar hande!
Ek sien al hoe kyk die manne van die dorp hom aan.
Nou het ek ook van my lewe saam met hom vertel.
Pasop vir hom en sy stories.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

NET VIR VROUE
Maak "Vaginal Gell" jou mond dood, ......? Goed ek hoor van laventel vir "Chinese Torture No 1"! Dankie vir die wenk! Goed jy't hom gemoer. Die Vark!

Ag, togte lekker ligte leesstof. Knap gedaan, ek het dit so geniet!
8 jaar 5 maande 4 weke 10 ure oud


revenge...
Ai, ek het nou so lekker gelag, soos altyd helder jy my dag op met jou skerp humor, geniet dit altyd terdee!!
8 jaar 5 maande 4 weke 17 ure oud


net vir vroue
jou beurt is jou beurt! lekker gelees en gelag.
8 jaar 5 maande 4 weke 1 dag 7 ure oud


...ekke....
...ek giggel nog aanmekaar !!! ;-)))))

ammiemoon
8 jaar 6 maande 10 ure oud


*.*
Ek maak ook altyd seker ek lees die stories wanneer ek tyd het, want as mens eers begin, en eers begin lag, dan hou jy nie op nie. Het hierdie een vreeslik geniet! Mar sien nie uit na die toekoms as dit sooo gan gan nie.. hehehe
8 jaar 6 maande 1 dag 10 ure oud


Net Vir Vrouens
Weereens het ek onbedaarlik gelag dat die trane loop! Ek het die die eerste deel by die werk begin lees en toe maar gou toegemaak om liewerster tuis verder te lees. En ek sien absoluut my ouers! Dis verseker erger as die HOT Worchestershiresous! Ek se mos - donkerwerk is konkelwerk...
8 jaar 6 maande 1 dag 14 ure oud


NET VIR VROUE
Hahahahha dankie ek het dit geniet !!
8 jaar 6 maande 1 dag 18 ure oud


Net vir Vroue
Skerp humor. Ek het lanklaas so lekker gelag. welgedaan.!!!
8 jaar 6 maande 1 dag 18 ure oud


soek
Oompie sneeuwolf jy soek jy gaan kry .........
8 jaar 6 maande 1 dag 19 ure oud


Party mense darem....
Vroue hoor nie so mooi nie, nê...ons lees van Willem en sy stories al te lekker en ek sien hom ook agter die skryf hiervan, net soos Willem kan, maar hy is nie 'n stalker of 'n hacker nie...en ek lees lekker! Het die geniet en sommer so tussen deur kon visualiseer...lmga!
8 jaar 6 maande 1 dag 19 ure oud


=)
hehe Willie is dit jy of jou vrou wat die een geskryf het..LMGA.. eish.. oulik gedoen.
8 jaar 6 maande 1 dag 19 ure oud


VROUE
Ai jinne tog arme ou Wolfie lei 'n hondelewe! G'n wonder hy het 'n hide-away nodig nie. Helemal onder-waardeer, die arme man. Gee tog vir my daai vrou se epos, ek sal graag met ha wil gesels.
8 jaar 6 maande 1 dag 19 ure oud


Net vir vroue
Ha Ha, Dis kostelik!
8 jaar 6 maande 1 dag 19 ure oud


:-) ...
8 jaar 6 maande 1 dag 20 ure oud


Net vir vroue
Jong lyk my jy is in vir 'n ding! Dis reg, vat hom vas! Geen simpatie van my nie - ek staan immers by vroue en hul dinge... Revenge sweet revenge.
8 jaar 6 maande 1 dag 20 ure oud


o
Hmmmm ja nee .... the road to hell is paved wih good intentions ou Wille ... maar sonder hulle kan ons ook nie ne ... koop net nuwe tandepaste en om hemelsnaam moenie dan die twee omruil nie ;-)
8 jaar 6 maande 1 dag 20 ure oud



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar