Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

asof die f....woord my nie deur die afgelope jare teen die muur uitgedryf het nie,moes ek geweet het dat dit moontlik is dat daar iets nog erger kon kom .kyk dit was die eerste rukkie nogal 'cool' toe 'nice' sy verskyning gemaak het, maar dit was nooit vir my 'nice' toe 'cool' in elke tweede sin van elke jong Suid Afrikaner kom sit het nie. selfs die f..woord wat sinloos was,word vervang met iets wat nog erger is. soos Sneeuwolf iemand aanhaal wat se: 'niks is sinloser as 'n sinlose gelag nie'.fok man,is dit nodig om ons taal in te kleur met woorde wat 'nice' is terwyl ons liewer kan 'cool' wees ? die wat hulle nie skuldig maak hieraan nie(soos ons rugbyspers)hulle 'grand' weer als .ons het sulke wonderlike woorde,spreekwoorde en beskrywing,dat dit rerig nie nodig is om te 'cool' te 'nice' en te 'grand' nie.viva la afrikaans,viva !



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Van Skape gepraat
hier in skaapland waar ons in plekke met òf geleende name òf vreemde name bly... (Ek ry deur Ramsgate van die lughawe af Menai toe!) Hier praat almal in afkortings en kort kort word die een drieletter woord herhaal wat my tot in my siel voel wegkrimp. Nou het my dogter aangeleer om met een ding op als te begin reageer. Vra jy haar hoe gaan dit met die of daai, dan kom die antwoord:"CBF"
Ek voel soms ek kan haar blaai - "maar dis hoe almal praat"
Ek probeer, so hard, ek doen regtig! As jy dan so voel sê dan liewer - ek voel 'n veer!
8 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


@ AA
Jy in bly in Naenae en ek in Menai!
En al my vriende in SA dink ek maak 'n grap!
8 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 22 ure oud


NICE
O ja, ek stem volkome saam! Cool is 'n skaap-woord. Soos 'n trop skape wat nie self dink nie, net navolg. So is die gebruikers van Cool. En nice is selfs in Engels 'n frustrerende irriterende woord. So niks-seggend maar veilig, amper lafhartig. 'n Woord vir draadsitters.
8 jaar 4 maande 4 weke 14 ure oud


Ja Johannes
of is Johnie cooler? Hogere Afrikaans is Koeel in die Kerk maar by die werk is elke tweede woord f*k maar dis darem beter as naais.

Dit herinner my. Ek het vir 'n wyle gebly in Naenae, 'n Maori woord. Mens spreek dit uit naainaai.
8 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 13 ure oud


Nice & cool
johnie
Ons huil maar waar is waar
Hoekom is engels die WÊRELD taal?
Gee my dan in afrikaans een woord wat sóveel sê as nice, of een woord vir cool
Stupid voorbeeld:
I wanna make love to you
Sê dit in afrikaans sonder op platvloers te klink
ek wil jou spyker?
ek wil met jou liefde maak?(Ja, wat meng ons, koekmeel of broodmeel - wat gaan ons dan met die 'maaksel' doen?)
Stupid!
Met die miljoene Boere oorsee gaan ek uitmis.
Die Boer se kreatiewe denke en die vreemde taal
Hoe gaan die kleintjies praat?
Dit kan net dalk 'n lied wees.
8 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 15 ure oud



Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar