Gorrel

Titel: NIERSTENE
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Daar is sulke goed. Nou nie die soort stene wat hulle mooi muurtjies mee bou nie. Ook nie die soort wat hulle vir tuin dekorasie om die boompies pak nie.
Regte nierstene. Daardie pynlike goed wat in die liggaamverskyn.
Daardie goed wat die waterwerke in oordeelsdag verander.

Ek besoek my vriend. Dokter Alfonso. Hy sit oorkant my agter sy lessenaar. Ek is erg senuagtig. Ek draai aan my snor, my hande bewe.
Hy het ʼn glimlag in sy oë en ʼn beweging in sy mondhoeke:
“Alfonso, jy lag vir my!”
“Nee, Willem, ek kyk na daai baard van jou.”
My hand gaan na my baard. Ek trek my vingers daardeur. My baard. My trots.
“Alfonso, so nietig soos ek is, is my baard en snor my landmerk. Dit is die uitkenning wat die mense noem. Dit is hoe hulle my uitwys as hulle van my skinder.”

Die duiweltjies spring in sy oë.
“Willem, hulle gaan jou nou beter kan beskryf. Hulle gaan vertel van die ou met die baard en snor wat so krom loop. Hulle weet mos nie van jou pyn nie.”
“ Te hel met jou Alfonso, wat kan jy doen om my te help, ek kan mos nie só leef nie.”
“Willem, ek jou vertel, jy moet meer water by jou mampoer gooi. Jy drink hopeloos te min water.”
“Alfonso, ek moet die water behoorlik ontsmet. Jy weet wat doen die paddas en visse in die water, hulle pie en kakka in die water. Ek kan dit mos nie só ongesuiwerde in my liggaam gooi nie.”

Alfonso antwoord my nie. Hy tel die foon op en ek hoor hy vertel die Nursie om vir my ʼn bed te bespreek.
By die aanhoor van die gesprek, slaan my senuwees op ʼn drafstap oor. Ek en ʼn hospitaal?
My twee hande begin gelyktydig werk. Die een hand draai die weglê snor se punte, die ander kam deur my baard. My knie koppe klap heen en weer teen mekaar.
Alfonso is ervare en sien die senubol hier voor hom:
“Willem, dit is nie erg nie. Ons het ʼn metode om die steentjies flenter te skiet en dan kom dit uit.”

Net hier haak ek vas. Die man wil my skiet. Ek meen, ek is nog jonk, wat is sewentig jaartjies. Ek kan mos nie nou gestaan en skiet word nie.”

Ek beswaar heftig. Hy steur hom nie aan my nie.
“Willem, al wat ons doen, ons steek die dingetjie in en boem, boem, skiet ons , en waps, daar is jy weer reg.”

Op hierdie stadium is alby my hande in my baard. My trotse baard deel ek middel twee en trek die twee helftes van mekaar weg.
“Willem, jy kan nou nie meer kanselleer nie. Jou bed is gereël, vanaf ses uur vanaand, mag jy niks eet of drink nie. Sewe uur môre oggend boek jy in. Ek sal daar wees.”
Ek is nie seker watter een van die twee die ergste is nie. Die pyn in my lendene of die vrees vir wat op my wag nie. Die nag is die langste een van my lewe. Ek kan die meegevoel in haar oë sien, haar vertroostende woord help my nie.

Seweuur gaan ek krom van die vrees en bewende die ontvangs vertrek binne, Sy ondersteun my, doen die nodige papierwerk en begelei my tot by my bed.
Haar sterkte toewens en die kam wat sy in my hand stop, bring geen vertroosting nie:
“Vat Wille, om jou senuwee te kalmeer, trek die kam deur jou baard. Dit sal jou gedagte weglei.”
Ek kyk na haar wegstap agterna en die eensaamheid en selfbejammering neem besit van my.

Die mooie Nursies vat oor. Koorspennetjie, bloeddruk, algemene vrae en alles, oordonder my.
Later kom ‘n Nursie. Ek sal haar nooit vergeet nie. Soos ‘n vars roos in die tuin, met ‘n blos op haar wange, kom sy in. Sy het ‘n papier en in skottel met water in haar hande:
“Meneer van Tonder?’
“Ja Nursie, dit is ek.”
Met die, sit sy die skottel met water op die bed se tafeltjie en trek sy die gordyne om die bed .
“Jy is volgende meneer. Ek moet jou gou skeer.!”
Sy kyk op die papier, kyk my in die gesig, en verdwyn deur die gordyn.
Ek wag in veel erge spanning. My bloeddruk styg deur die dak. Gedagtes swem deur my kop:
“Is daar dan nie man mens verpleërs nie? Moet hulle nou so ‘n dingetjie stuur om die taak af te handel? Hoe gaan ek maak? My oë styf toeknyp en dink aan my bokke en hoenders?
Ek meen, ek is mos ‘n man. En hierdie blommetjie gaan met my werk. Sy gaan aan my vat! Sy gaan behoorlik vat en heen en weer swaai om al die plekke te skeer.
Liewe Hemel! Kan hulle dan nie eers vir ‘n man ‘n pil ingee om te help met die... met die...
Magtag!
Sy kom in. Ek kan sommer voel hoe bleek is ek onder my baard. Ek sien sy het ‘n skêr in haar hand:
“Sit regop meneer.”
Die stem van ‘n soldaat. Die bevel van iemand wat nou nie gaan nonsens vat nie.
My stem bewe, ek wil weet, ek meen, moet ek sit? Hoe gaan sy die werk gedoen kry?
“Nursie....”
Ek kom nie verder nie. Haar hande word kloue en sy gryp aan die baard en die blink skêr flits soos weerlig.

My baard!
“ Nursie...”
Ek probeer. En vat aan haar hand.
Sy ruk terug en die mooi oë blits.
“Meneer, gedra jou. My opdrag is om jou te kom skeer”

Trane kom in my oë. Meer trane as ek sien hoe sy my trotse baard en snor in stukke op die lappie wat sy oor my bors gegooi het, neersit.






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nierstene
Simpel nursie, ken sy nie die verskil tussen skeer en SKEER nie, om nou so 'n geleentheid te laat verbyglip. Sorry man!
8 jaar 4 maande 13 ure oud


*.*
Hahahaha, ek het nou so lekker gelag! Jy het darem mar 'n manier om 'n storie te vertel! Uitstekend!
8 jaar 4 maande 6 dae 6 ure oud


:-)
Eina-eina, maar terselfdertyd giggel ek vir die verpleegster se hoër op skeer. :-)
8 jaar 4 maande 1 week 5 dae 14 ure oud


Toe waai die hare (baard)
Weereens so lekker gelees en gelag soos altyd!!! Alle beterskap en sterkte (met die baardgroei ook).
8 jaar 4 maande 1 week 6 dae 4 ure oud


Nierstene...
Jy kan blerrie bly wees, jy moes nie 'n " 'Appendisectomie' Prosedure" gehad het nie. Dit sou jou geleer het om jou hande tuis te hou en jouself te gaan staan en skeer... daar in die verste hoekie van jou badkamer sonder jou vrou... as toeskouer!
Maar jy kan bly wees.... nou se dae skeer hulle mos nie meer 'n man daar waar die prosedure moet plaasvind nie!!!!!
Dink net ek moes dit alles verduur, want ek het nie 'n baard gehad nie!!!!
8 jaar 4 maande 1 week 6 dae 10 ure oud


Nierstene
Lekker gelees, gelag en geniet. Ek hoop jy voel sommer stukke beter.
8 jaar 4 maande 1 week 6 dae 10 ure oud


Skeer....
Oom Willie, sê nou net daardie skêr het elders geflits en jy sien hare en velle waai, dan sou jy meer trane gehad het...hahaha...Ek dink dit was trane van telleurstelling dat sy nie onder gewerk het nie....:-)
8 jaar 4 maande 1 week 6 dae 12 ure oud


baarde en gedoentes
Gestel nou net sy het met daai skêr so ingelê in die afsnyding van die ander gebaarde gedeeltes!

Gelukkig groei daai baard weer terug.... ander gedeeltes groei nie weer nie, nê!

Lekker gelees-lag!
8 jaar 4 maande 1 week 6 dae 19 ure oud


My eiertjie
Ai jaijai... nou wonder ek wat was die grootste teleurstelling... die baard wat gewaai het, of omdat die ander baard nie gewaai het nie! Lag ek so lekker!!
8 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 2 ure oud


=)
oe toe skeer sy die verkeerde plek..lol..shame.
8 jaar 4 maande 2 weke 1 dag 15 ure oud


:)
Net soos jy dit kan vetel,het baie lekker gelag!Ag man hoekom het hulle nou jou baard geskeer, hulle mag mos nie!Jy mag maar stories vertel,Sneeuwolf, jy het die vermoë om die allerdaagse in 'n drama te verander.Baie goed!!!!
8 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud


rex
Nierstene ...
O jinne, nou het ek lekker gelag! Julle arme mans!
8 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 2 ure oud


Nierstene
Ag jinne, ek sou haar gefight het om my baard se lewe. Plaas sy ander plek gaan skeer, dem! Maar ek hoor dit is 'n pyn van 'n erge pyn.
Groete
8 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 6 ure oud


: NIERSTENE
SOGBAARD SE KWAS! VERTEL MY SKOONSEUN MY DIE STORIE VAN NIERSTENE AL MEER AS 'N JAAR TERUG EN EK KROM NET BY DIE AANHOOR DAARVAN WANT WORD GESEGGE IN HEILIGE WETENHEID DAT NIERSTENE VEEL MAAL ERGER IS AS GEBOORTE GEE VIR 'N VROU. EN NOU HAD EK 'N KLEINLIKE BEKKENING VAN 'N VROU WAT DOESYNE KINNERS DIE WERELD WOU LAAT BESIEN MAAR NIE DIE NIERE DAARVOOR HAT NIE! EN TOE GRIL EK VIR JOU STORIE! mAGTAG, OUMENS, MENS PLOETER NIE MET SO VAN SEERKRY NIE!

DAREM TOG: LEKKER OM JOU STORIES TE HOOR!

GROETE ELDERS!
8 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


Wag in spanning
En hier sit ek so ewe in spanning en wag om te hoor hoe die nierstene genees is!
8 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


Nierstene
Moet jy lag? Moet jy huil? En later moet daar tog op die regte plekke geskeer word! Ek sien jy issie so voorbarig sooe die 'stout oompie' nie. Mooi so. En sorry hoor. Lekker gelees Wolfie.
8 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


Nierstene...
Het heerlik hieraan gelees en toe is jy jou spogbaard kwyt...en het die blonde 'nursie' nie geweet waar sy moes skeer nie, of wat praat ek alles, sneeuwolf!
8 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 9 ure oud


Kommentaar.
Ek kon nie help om lekker te lag nie! Dit is baie goed in verteltrant geskryf.

Vonnie.
8 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 10 ure oud


ouch :-)
8 jaar 4 maande 2 weke 2 dae 10 ure oud



Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar