Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek bly in die land omdat ek glo die goeie oorwin die kwade,omdat ek hoop 'sanity prevails',omdat ek rerig probeer om 'n verskil te maak-maar nou?
Verlede week is vyf mense vermoor op verskillende dele van die land,van 'n bejaarde vrou wat verkrag en vermoor is,'n bejaarde egpaar wat met 'n byl doodgekap is,jong vrou op Senekal wat doodgesteek is,ens. ens.....wat nou?
Dit lyk of daar 'n epidemie aan uitbroei is,van onkundige dwase mense wat vir een of ander rede glo(of liewer nie glo nie)dat hulle mag het oor lewe en dood.
Ek is nou moeg om die gebedjie te bid: 'Vader vergeef hulle,want hulle weet nie wat hulle doen nie'
Die meeste swart mense se opvoeding is redelik gesond(moenie met my stry nie,ek het jare onder hulle beweeg en met baie moeders gepraat)Soos ons,leer hulle hulle kinders om nie dood te maak of te steel nie,maar soos ons eie wit kinders kom daar 'n stadium en invloede wat al die goeie en mooi een kant toe skuif,hoofsaaklik vir geld.
As ek darem elke dag voorbeelde moes lees en hoor van leiers en voorgangers wat steel en bedrieg en moor,en dit word geregverdig met allerhande belaglike argumente,sou ek dalk ook.......(nee se jy,ek sou nie)My eie suster se kinders,dogters,tussen tienderjariges tot ma met kinders,lieg en steel van hulle ma vir verdowingsmiddels.
Elke tweede dag neem ek my voor om volstruis,volstruis te speel-kop in die sand en maak of die wereld mooi is.Ek wil nie nuus luister of kyk nie,wil nie koerante lees nie,wil nie swart ryloperma met baba oplaai nie,wil niemand help nie-bogger jou,ek leef net vir myself!
Gister die vrou op Kleinmond,drie huise van waar ek gebly het,vermoor in haar bad gekry.Ek word koud tot in my siel,dis nou te naby.My vriend op Grootbrakrivier gaan kyk blomme net om die nuus te kry hulle het in sy huis ingebreek.
Wat nou?
More staan daar op die hoek hier onder weer tien kleurling mans en smeek vir 'n werkie,.Vies kyk ek ander pad,en ry vinnig met my Mercedes weg(terloops ek het nog nooit so baie Mercedes motors gesien soos hir onder in die Suidkaap nie)
My vrou het al 'n rympie in die groter dorpe,waar bedelaars by elke robot staan 'moenie oog kontak maak nie,ry net verby'.
Die Here weet my hart bloei,my eie pensioentjie word ook maar elke jaar kleiner,ek kan nie,ek wil nie,ek sal nie......maar wat nou?
Wat nou?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

nog 'n moord
Sulke goed maak my briesend kwaad en dit laat mens so magteloos voel....al wat ek weet is dat mense hul oë moet oopmaak dat dinge eers erger gaan word voordat dit beter gaan word...ek blameer die regering!!! sit die antichris aan bewind en kyk waar kom ons nêrens....daars lankal oorlog aan die gang in die vorm van gorrilla oorloë, wees wakker, ek kan nog baie sê maar laat ek eerder my mond hou......sterkte
7 jaar 5 maande 1 week 1 dag 19 ure oud



Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar