Ek huil en my hart bloei vir my volk en my medemense wat al dieper en dieper in vergetelheid wegsak. Ek voel jammer vir my volk wat besig is om van die geskiedenisboeke af te verdwyn, en vir die meerderheid wat stem vir 'n regering wat hulle al hoe meer en meer verkrag met beloftes, T-hemde en borde kos voor verkiesings en die diefstal en oneerlikheid in die wat hulle regeer.
Ek dink toe by myself dat ek bietjie moet kyk hoeveel van die ministers van die land valse grade of graad 10 sertifikate het. Dit is alles krimineel en dus is die meerderheid van ons regering kriminele. Maar laat ek terugkeer na die trane en die hartseer.
Ek is nog gelukkig om 'n dak oor my kop te hê maar ek het lankal nie meer 'n werk nie. Vir twee redes, omdat ek gesondheids probleme het en omdat ek reeds verby 'n sekere ouderdom is en nog wit is boonop. Ek doen wel werk vir my kerk en hulle betaal my R 2500 'n maand en verder voorsien hulle my elke maand van kos en medikasie wat ongeveer R 1500 per maand is. Verder verhuur ek 'n kamer vir 'n R 900 'n maand.
Alles bymekaar getel R4900. Dus met medies en kos dan afgetrek, want dit is nie fisies geld nie, is my balans R 3400. Wanneer ek 'n verdere R 600 aftrek vir aftrekkings by die bank en die R2200 plus wat my water en ligte elke maand is, en hier moet ek daarop wys dat ek nie eers tuin natmaak, my stoof gebruik nie, nie verwarmers gebruik nie en geen ligte in die aand nie behalwe een bedlampie wat in my kamer brand, eindig ek op met R 500 'n maand.
Ek moet nog brood, suiker en koffie koop en somtyds 'n stukkie groente. Dit is ongeveer R 16 'n dag, genoeg om een brood te koop wat my dan met R 6 los. En wat kan mens koop daarmee? Ek sou kon doen met R 5 000 'n maand, en dan kla diegene wat reeds R 5000 verdien deur skole af te brand en allerhande ander aksies. Selfs my stiefma kla oor haar R 6000 plus wat sy elke maand ontvang van my pa se pensioen af!
Maar dan kan ek nie kla nie, ek het kos en klere, 'n dak oor my kop, kan nog my rekenaar gebruik en het my medikasie. Al probleem wat ek werklik dan het is as ek moet dokter toe gaan, dit kos 'n fortuin en staatshospitale is die slagpale van die land. My vriend het vir twee dae in die hospitaal gelê met blindederm ontsteking voordat 'n dokter eers by hom uitgekom het. Sy blindederm het intussen gebars en hulle kon hom nie help, dit was te laat, daar het hy gesterwe. Hoe kan ek soontoe gaan as dit so gaan?, hoe kan ek hulle vertrou met my lewe?
Nog steeds kan ek nie kla nie want ek is soveel beter af as baie ander. As ek op die internet kyk en ek sien hoeveel van my volk se mense in kaias ("shacks") bly en honger gaan dan kan ek nie anders as om te huil nie. As ek sien hoe ander mense hulle eie volk ignoreer, of is dit geriefliker om te maak of jy nie sien wat gebeur nie?, dan word my hart baie seer. Wat het ek dan om trots op te wees as my volk nie eers saam kan staan nie en onder mekaar stry. Ek kan nie anders as om beswaard te wees en kras woorde te gebruik nie, nie dat ek dit nooit doen nie maar dan gebruik ek dit uitermatig baie.
En steeds kan ek nie kla nie want ek het nog steeds 'n God van Liefde wat ek aanbid. Wat vir my hoop gee vir 'n beter toekoms. Al sal ek tot in die derde of vierde geslag, of selfs meer geslagte gestraf word vir die foute van my vader, en sy vader en sy vader voor hom. Hy bly nog steeds 'n God van genade en ek kan Hom net vra vir genade en dat Hy my volk sal lei en sal optel in die tyd van nood.
Nog steeds kan ek nie kla nie want ek het nog die vermoë en die vryheid om te kan besluit en te kies of ek die Here God wil aanbid of nie. Sonder Hom sal die saad uitdroog en verander in stof, maar deur Sy genade en as die volk hulle weg terug vind na Hom toe, kan dieselfde saad ontkiem en kan daar lewe en voorspoed voortgebring word.
Laat ek eerder afsluit deur dankie te sê aan Sunette Bridges en Steve Hoffmeyer wat opstaan vir die volk en hulle erfenis. Besoek asseblief hulle Webwerwe en leer meer oor die Afrikaners en die aanslag teen die Afrikaner volk.
Alle eer aan die Here God my Skepper, my Redder en my Geneser.
9 April 2015 © C du Plessis
Naskrif: Ek hoop ek het dit op die regte plek geplaas want vir my is dit baie eina.
Lees ander gorrelstukke deur Amaspoke Spoke
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gorrelstuk
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gorrelstuk
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Johann P. Boshoff
"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog