Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Vandag druk daar iets baie swaar op die hart wat ek graag aan al die Woes vriende en vriendinne wil meedeel. Baie dankie aan almal wat hier op my werf kom inloer het in die tyd wat ek hier in samesyn met julle iets van my kon deel. Baie dankie vir jul kommentaar en aanmoediging. Ek het baie hier kom leer te danke aan julle getroue ondersteuning. Dit was, is en sal nog steeds deel van my lewe uitmaak.

Dankie aan Willem Woes en sy personeel wat uit hul pad gegaan het om Woes-skryf-Woes ʼn reuse sukses te maak. Sonder julle sou so baie van ons nie in ons doelwit kon slaag nie. My dank gaan ook aan Groep 7 wat ook deel hiervan is om in elkeen se triomf te kom deel.

Ek hoop en glo dat daar weer so ʼn reuse stap in die nabye toekoms sal wees vir die volgende groep skrywers om ons mooie taal in stand te hou, vir ons kroos wat dit sal erwe van hul voorgangers, vir hul liefde en deursettingsvermoë as erflating.

As my woorde te kort skiet, glo ek dat julle wel sal verstaan.

30/06/2015.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Woord
Voorspoed met boek en jou bundel mag daar nog baie wees!
3 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 21 ure oud


TE KORT
Saam met jou dankbaar! Altyd lekker om vriende se werke te lees! Elkeen het sy uniekhede wat skryfstyl aanbetref. Joune verras elke keer opnuut ...Wil gedoen wees!
3 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 15 ure oud


woord
Arnold jy is een van woes se sterre


3 jaar 11 maande 3 weke 4 dae oud


Arnold
Ek wil jou persoonlik bedank vir jou grootse bydrae tot hierdie projek, Arnold. Jou kommentare, saamlees, saampraat en deelname het 'n groot deel van die projek uitgemaak. Boonop het jy 'n dubbele projek aangepak - boek EN bundel. Ek haal my hoed vir jou af en glo dis die begin van groot dinge vir jou.

Dit was ook heerlik om jou beter te leer ken en ek hoop ons kan hierdie nuutgevonde vriendskappe na die projek behou.

Komplimente vir jou, Arnoldus. :)))))
3 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 2 ure oud


Woord
Jou kommentaar en jou werk is belangrik, ek het en leer baie by al die Woesters. Ek geniet dit om jou werk te lees.
3 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 3 ure oud


woord
Ek sien altyd uit so na jou gedigte. Nie een was dieselfde nie. Maar almal wat leersaam en iets wat 'n mens saam met jou kon dra.
3 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 5 ure oud


woord
Dit was altyd lekker om jou werke te lees, en sal steeds lekker wees om dit te herlees. Voorspoed met jou bundel.
3 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 5 ure oud


Woord
Pragtige woorde, Arnold!! Mog sukses jou volg!
3 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 6 ure oud


jou dankie se
Arnold vir my was dit heerlik om jou gedigte te kon lees en kommentaar te lewer. Deur jou gedigte kon ek so gedeelte van jou hart, gedagtes en jou persoonlikheid leer ken het. Dit wat ek by jou gelees het was/is vir my mooi en dierbaar.
Ek wens vir jou baie sukses/verkope toe met hierdie bundel. Jou mense kan opreg trots wees.
Mag Jesus dan ook jou en jou bundel ryklik seen. Baie geluk.
3 jaar 11 maande 3 weke 4 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar