Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sedert ek laas vir julle geskryf het, het daar so baie gebeur dat ek julle wil vertel daarvan.
Dalk onthou julle my nie. Ek is Nonnie, ʼn goudkleurige Labrador. Ek bly op ʼn plaas in die Karoo. Die plaas se naam is Voorspoed. Maar my baas sê dis nie altyd so nie.

Ek is die belangrikste dier hier. Hier is baie skape en beeste op die plaas, maar ook baie ongediertes. My baas spook alewig met die ongediertes en het baie geld spandeer op elektriese heinings. Ek stem glad nie met hom saam nie. Ek sal die rooikatte en jakkalse almal verjaag as hy my net in die veld sal toelaat. Maar ek hoor hy sê vir die nooi hy sal dit nooit as te nimmer toelaat nie, ek is glo te vet en lomp om iets te kan doen. Wat hy nie weet nie is dat my blaf alleen alle wilde goed sal verdryf. Ek oefen my blaf al baie lank en ek moet sê dit klink vreeslik. Eintlik verskriklik. Hulle sal so skrik dat hulle nooit weer terug sal kom nie. En onthou, dis verniet, dit kos niks, net my kos en “dankie” nou en dan. Maar nee, hy hou net aan met sy heinings. Hy sê ek mag nie my voete by sy skaap sit nie. Eintlik sê hy “pote”, maar ek het mos voete, perde en donkies het pote, ek het voete.

Die nooi is baie lief vir my en sy gee nie om dat ek vet is nie. Sy sê vet is nie gif nie. Maar hy sê my vet kos hom geld want ek eet te veel hondepille. Eintlik sê hy “vreet”, maar ek eet mos. Katte en skape vreet, ordentlike honde soos ek eet.

Ons het nou die dag op die grasperk gesit, hulle op die tuinstoele en ek by hulle voete op die gras. Toe hy opstaan struikel hy oor my. Hy was baie kwaad en het my verskillende name genoem waarvan ek party nie eers ken nie. Die nooi het gesê hy praat lelik en maak my gevoelens seer. Hy sê toe ʼn brak het nie gevoelens nie. Ek kyk toe na hom met sulke tranerige oë en maak sulke fyn geluidjies, toe word hy skielik stil. Vir ʼn oomblik het ek gedink hy gaan my paai, maar nee, hy het net gesê ʼn hond moet nie altyd in die geselskap en in die pad wees nie, en weggeloop. Maar ek dink hy was jammer vir my op daardie oomblik, maar sal dit nooit wys nie. Wag maar, ek sal hom nog wen. Ek oefen my treurige kyk.

Toe die kleinkinders kom kuier het met Kersfees het hy die dam laat skoonmaak. Die kinders het baie baljaar daar. Hulle geniet dit baie, ek ook. Ek hardloop al om die dam en blaf vir hulle. Later het hulle my ingetel om saam te swem. Ek kan swem. Hulle noem dit “doggy style” wat dit ook al is. Maar alle wêreld, toe die baas dit sien was daar weer moeilikheid. Hy sê die kinders kan nie tussen drywende hondehare swem nie. Maar my hare is mos skoon en goudkleurig, opregte hondehare sonder kieme.

Jan moet elke oggend die grasperk skoonmaak. Hy gebruik ʼn graaf en ʼn hark. Hy sê hy vat nie aan sulke goed nie. As die baas dit sien sê hy altyd “Die blerrie hond ken nie maniere nie”. Hy sal nog eendag jammer wees hy blerrie my so. Maar wag, daar kom hulle nou met die melkkoeie, ek moet nou eers vir hulle gaan blaf. Dis my werk want ek is ʼn waghond.
Honde groete vir julle by Woes.
Nonnie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ja...
'n waghond se werk is om te blaf.
(En vir die kosbak te wag.)
;-)
En 80% van die werk is om die skelms te verskrik. Dan dink hulle 2keer om hier moeilikheid te soek. Dis makliker waar daar nie waghonde is nie...
Kobus, jy moet meer van Nonnie se briewe plaas.
5 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 6 ure oud


hondegroete
Kobus dis darem so lekker om jou stories te lees. dankie man dis pragtig
6 jaar 1 maand 1 week 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar