Gorrel

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My longe is nog skoon en ek het geen gebreekte ribbes nie. Net dieselfde T6 kompressie fraktuur wat ek reeds van geweet het en wat na my mening nie die pyn 'n paar sentimeter weg van die ruggraat af tot aan die kant van my lyf kan veroorsaak nie maar wat sal ek nou weet en ietsie "suggestive of previous Sheuermann's disease".

Eerste keer in my lewe wat ek van die kwaal hoor. Ek wens ek het almal wat al sedert kinderdae vir my gesê het om regop te staan se adresse gehad lat ek vir hulle 'n kwaai nota kan skryf, veral die wat dan my postuur nageaap het met 'n lelike gesig daarby. Dit sal soos 'n selfopgelegte terugkerende "denial of service attack" wees. Neewat, nie die moeite werd nie.

Ek het eintlik half en half gehoop iets was gebreek want dan weet mens dit kan weer gefix word of vanself regkom. Ek wil darem ook minstens een been eendag iewers breek voor ek doodgaan. Amper almal wat ek ken het al. Nou moet ek maar hoop en bid die pyne verlaat my eendag want dit kom nie voor of iemand iets daaromtrent kan of wil doen nie. Voltaren, hier kom ons.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nou toe nou
hoes daai vir toeval. Ek was net was nooit oppad om 'n Springbok te word nie.

Ek wonder nou hoeveel van die beste atlete nooit die kalklig haal nie weens persoonlikheid en ander persoonlike eienskappe. Het 'n ou geken wat die stof onder ander kon uit swem maar omdat hy een keer oor (of was dit onderdeur) die lyn geswem het en daarvoor gepenaliseer was het hy net daar besluit om nooit weer kompeterend te swem nie.

Die ouens wat dit maak doen dit dikwels weens die sosiale ondersteuning wat hulle kry en dis altyd goed om te sien as een dit erken.

Ek dink in elke geval nooit die een wat watookal wen is regtig die vinnigste of mooiste of watookal mens op aarde nie maar slegs huidiglik so tussen die wat belangstel om deel te neem en ook probeer wen maar nou ja, lat die mense maar hulle drome uitleef en die tydelike genot wat oorwinnings bied geniet terwyl dit hou.
8 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 15 ure oud


Ah, is DIT hoe mens dit spel!
Ek is jare gelede daarmee gediagnoseer. En ek was op pad om 'n Springbok te word. Toe dit... Ek het ook nog nie 'n breek gehad sover ek weet nie. Net krakies.
8 jaar 11 maande 3 weke 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Plek van die Flaminke

    deur Rachelle du Bois

    Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar