Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek bly al veertig jaar in die voorstad. Ek het hier groot geword. Toe ons in 1972 intrek was die strate nog grond-paaie en meeste van die huise was nog onder konstruksie. Die planne was eenvoudig en die huise het begin as klein drie-slaapkamer wonings. Op laerskool het ons kaalvoet skool toe gegaan, en nog gaan speel en visvang langs die rivier. Televisie het begin uitsaai in 1975, maar ons kinders het nog toppe en albasters gespeel. In die middae het ons na Springbok Radio geluister. Die dorpie was nog jonk, en die inwonders was meestal jong getroude paartjies met kinders. Ons het ons eie laerskool gehad.

In die tagtigs was ons tieners en het na die plaaslike hoërskool gegaan. Hierdie was die blomtyd van ons klein dorpie; die mense was welvaarend en verskeie het suksesvolle besighede gehad. Mense met geld het groot aanbouings gedoen, alhoewel ons erwe nie baie groot is nie. Die stad het vooruitgegaan, en baie inwoners was wel-af. Ons het die nuuste pop-musiek geluister en skool bygewoon. Na skool het my broer gaan studeer, en ek is weermag toe om my diensplig te voltooi.

Daarna is ek kus toe om n vakleerlingskap in die boubedryf te doen. Ek het die land so getoer maar altyd teruggekom huistoe na een van my avonture. Intussen het my broer sy BsC en Honeurs in Wiskunde verwerf. Hy het gewerk as n dosent by die universiteit en ek was besig met bou-werk waar ek dit kon kry. Ons het alby steeds by die huis gebly. Dit was ons twintiger-jare. Ons was jonk en het na partytjies gegaan, en vriende het oorgekom en kom kuier. Die resessie was taai, maar ons het oorleef, al was ons nie ryk nie. Toe werk ek vir vyf jaar as n kroegman by n rolbal klub terwyl my broer sy Dokters-graad voltooi. Deur die jare het ons steeds in ons klein huis, in ons klein voorstad gebly.

Na 2000 het ek self so bietjie studier maar nooit my graad voltooi nie. Ek het Afrikaans en Engels Twee agter my naam. Ek het ook begin skryf, wat al my tyd en geld geverg het. Ons voorstad is n deel van die ou gedeelte van Centurion. Centurion self het baie uitgebrei. Meeste van die ontwikkeling in die dorp is na die weste kant, en die ou gedeelte war ons bly, is nou arm en misdaad-geteister. Daar is bedelaars in die strate, en omdat ons n oop woonbuurt is, kan enige iemand hier inkom. Ons sekuriteit word so benadeel. Hier woon nou meestal gewone mense en bejaardes.

Ek het die plek opgeknap oor die laaste paar jaar sodat my ma dit kan verkoop as sy ooit sou wou. Veertig jaar is n lang tyd, maar niks hou vir ewig nie. Sou ons ooit besluit om aan te beweeg, kan ons te minste sê; “Ons het volhard, en goed gelewe…”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar