Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Okei en baie dankie by voorbaat –
Vir al die goeie wense wat ek gaan ontvang –
Dit is nou vir hier - hierdie nuwe aankomstige jaar. Ek waardeer opreg maar ek twyfel of julle drome en my drome gaan waar word.
Ek het raat.
Kris Kristofferson gee dit;
Wat my motto in die nuwe jaar gaan wees:

Ek gaan kyk hoeveel keer ek die duiwel kan uit oorlê.
Ek gaan kyk hoeveel Biere ek verniet kan kry.
Hier hoop ek dat BlackLable die meeste sal wees - ek gee voorkeur aan die brousel.
Dan gaan ek kyk hoeveel songs ek kan steel.
Songs sluit in stories en vertellings; dit is mos die inding deesdae – om ‘n ander se song te steel, te verdraai en weer te plaas.

Oom Toom:
In jou mooi Kersverhaal van die arm mense sluit jy af met ‘n bede –
Met ‘n paar bedes:
Moet asseblief nie my storie kopie nie
Moet ook nie my storie op die Internet plaas nie

Dan erken jy dat die storie van iewers kom en jy ( soos ek heel dikwels en ook soos die Readers Digest, erken dat dit van die Internet af kom

Wel
Ek erken nou ook en ek gaan daarby ook nog stukkies en brokkies van jou storie steel:
Ek gaan vir ouma anderste inkleur – ek gaan vir haar ietwat belustig maak
Want
Want sy weet haar wag op oupa gaan nog lank wees want oupa lê iewers in ‘n Taverne saam met Krismis dansende meisies en drink maar sy laaste paar sente uit terwyl die swaaiende heupe en skuddende ronne borsies hom styf opwen.
Dan gaan ek vir ouma opwen – goed opwen vir oupa se alreeds opgewen geite en sy gaan sexy aantrek en die laventel en lekker ruik poeier goed sproei en op die bed lê en wag vir oupa . . .

Maar donner . .
Ek gaan ‘n vlieg in die salf gooi . . .
As dit op die aksie deel afkom . . .
Gaan die blikkie met “ouma se salf “ soek wees!”

Hoe’s daai vir ‘n mooi Krismis storie . . .
Ek weet
Rudi gaan van hom hou!

Mooi steel die nuwe jaar – die hele nuwe jaar !

2014/12/31
(Die laaste dag van 2014)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

voorneme
hehehe .. ja nee jou planne klink sommer agtermekaar... voorspoed en seenwense vir 2015
4 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 11 ure oud


Ano
Nuwejaar
hehehe - saggies steel... Ja-wat. Dis seker net wensdenkery dat wanneer iemand iets op die internet plaas, dit nooit in der ewigheid nie gegaps gaan word nie :-D Dan vreet ek my enigste hoedjie op.
4 jaar 8 maande 3 weke 4 dae 13 ure oud



VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar