Gorrel

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die nuwe jaar is al herhaaldelik besing:
“ ¶ Dis heerlike Lente, die winter’s verby ¶ ”
’n Ander een het gekom met:
“Oktober maand, die mooiste, mooiste maand.”

Wel, Oktober is hier en dit is die begin van ons manne se nuwe jaar.
’n Nuwe jaar met nuwe stories en nuwe dinge. Die lang Winter rus het die manne op gekik en so deur die wingerd se lote, hoor ek die fluistering.

Die ou Soetdoring is opgeknap en dit is sy skenking vir die manne dae wat kom; Dik stukke doring braai hout.
Boeta het soos ’n gerekende trimmer die ou reus geklim, gesaag en geknip.

Natuurlik word daar altyd eerste ( en ook laaste) erkenning gegee aan die familie. Net kort en saaklik:
Kom spog met die mooiste van die kleindogters.
Kom spog met die langste sosaties
En berei die ketel mooi voor.

En om vir vroutjie te wys ons gaan deur die jaar lief wees vir haar, bring die manne vroutjie hulle se tanne en ons spit en polish dit.
Windowlene, Steradent en clear Varnish!
(Plus so ’n stukkie Prestick aan die binnekant)

Ek sien al hoe loop hulle die Mall met breë smiles; Só om die mooi spierwit tanne te wys!
Vrygewige Piet Sparks, die gewese elektrisiën, bring outydse elektriese draad wat hy uit gesloopte huise gebuit het, en ons gaan mooi stukke knip en buig vir die dames se haarkrullers.

Dit is die storie.
Dit is net, net op die jaar se afsluiting hier voor die Winter, sien ek ou Faan Kakebeen so eenkant staan en hy kyk die manne so een-een deur. Ek stap nader met die bottel:
“Faan, as jy nou so staan, só met die gesig van ‘n Boerboel wat op sy verjaarsdag doodgaan, wat het jy op die hart?”
“ Kyk maar net Willem, ek kyk en dink en wonder, maar net.”
“Nou waaraan dink jy Faan?”
“ Ek dink maar net hoe klein die groep geword het.”
“En wat wonder jy Faan?”
“Willem, ek wonder net wie gaan nie hier wees wanneer ons in die Lente weer bymekaarkom nie.”
Hy slaat my stil. Ek dink nou ook. Ek dink aan Wikus, aan Henk en aan Faan Pille – die laaste een.
“Ja, Stefanus, ons mag nie oordeel nie nè?”
Ek vul sy beker, draai om en stap weg, Agter my hoor ek hom droewig ‘n deuntjie neurie. Ek briek effe en luister.
Faan neurie en die hartseer slaat my keel droog.
“ ¶ Where has all the flowers gone
Long time passing..¶”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oktober maand
So mooi...hierdie Oktobermaand...alles in bloei, bome, blomme en die natuur gier welig onder die son se warm strale, grond gevoed deur reën en die mens se dae soos die gras...vandag hier, môre nie meer...so is die lewe vir ons almal, Willie, terwyl mens soms verlangend terugkyk!
8 jaar 2 maande 1 week 5 dae 2 ure oud


onthou
Daarom plant ek my blomme nou
Die wortels diep vir more se onthou
as die lente son kom kol in die koelte
vind my gisters sag plekkies in die siel se soelte
en ek drink saam jou uit die leef se beker
want ons tyd was altyd kosbaar en seker
Dankie ou vriend vir elke enkele gister
dankie vir die stroop in life se koeksister!
8 jaar 2 maande 1 week 6 dae 7 ure oud


Flowers
“ ¶ Where has all the flowers gone
Long time passing..¶”...Gone to grave yards everyone! En Willie so gaan elke een van ons maar na die langbome toe, elke een op sy eie tyd.
Groete
8 jaar 2 maande 2 weke 2 ure oud


Oktober
'en die hartseer slaat my keel droog'
Mooi. Ja, ons in die later jare het almal 'n knop in die keel,
met herinneringe en soms ons eie vrese.
8 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud


Oktober
Uit die oog maar nooit nie uit die hart nie! Ek hoor in jou stories. Die manne, wat nie meer 'n stoel volsit nie, kuier steeds saam. In onthou en vertel. Baie goed geskryf, Wolfie!
8 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 3 ure oud



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar