Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

AB Solutely fabulous ? Sien ek nou hier is n gewoonte afdeling vanoggend. Toevallig dat ek ook die ding oor wonner vanoggend. Seker telepatie.

Gatta, ek en my groot bek. My buurvrou is ʼn versamelaar van almal se goed wat hulle nie gebruik nie, en wat sy ook miskien nooit sal nodig hê nie. So loop sy oral waar sy gaan en kollêk en bêre dit vir ‘dalk net eendag’. Nou die dag sit ons in die lou sonnetjie en hitte suig en ek noem dat ek nou so lekker dik raak van al die sit voor die rekenaar en ek wil ook Ab’s hê. Daai spiere wat so mooi op die plat buik uitgestal word deur mense wat oefeninge doen. Êrens het ek, onder die vet lagies, spiere en hulle werk. Hulle is egter nie sigbaar nie.

Buurvrou kry so blink flits in die oog en ek sien sy blaai deur haar voorraad opname van ‘eendag-gaan-ons-dit-nodig-kry’ goed. “Boetietjie” sê sy vir haar wederhelf : “ More oggend as jy die mense kom laai, moet jy bietjie daai Ab swing masjien, wat ons in my sussie se garage in Malelane gekry het, wat daar in die klein stoor staan, vir Mariana bring.”

Nou het ek die rooi blink, nog nooit gebruikte, Abswing. Self moes uitwerk hoe dit werk, nadat ek dit opgeslaan gekry het. Toe kyk ek dit vir ʼn week en toe begin ek met die oefeninge. Versigtig, want klim jy verkeerd op, kan jy jou self lights out agteroor val. Nou moet ek ʼn nuwe gewoonte kweek. Ek moet elke dag die masjien gebruik totdat dit ʼn gewoonte is.

ʼn Gewoonte, goed of sleg is wanneer mens dieselle ding doen of voel, so op outomaties. Dit gebeur met repetisie. Dit maak naderhand so ʼn groef in jou brein. So ʼn lektriek paadjie. As jy beheer het oor ʼn aksie of gevoel is dit ʼn gewoonte. Die verskil tussen ʼn gewoonte en ʼn verslawing is ‘Wilskrag’. Ou gewoontes kan nie vir altyd weg gemaak word nie, daar is mos ʼn paadjie in jou kop. Jy kan wel nuwe gewoontes maak sodat jy die slegte een bietjie kan oordonner. Maak maar vrede met jouself.

As jy nou ʼn nuwe goeie gewoonte wil skep moet jy bewustelik lewe. Jy moet jou astrante, luigat, duiwel-op-die-skouer-helfde beheer. Begin maar klein met jou nuwe gewoonte. Drie minute op die Abswing. As jy meer water wil drink, beginne met Een glas water per dag, of gesonder eet, een ekstra groentetjie per dag. Wil jy Skryf ? begin met een betekenisvolle sinnetjie per dag.

Praat jouself heppie en positief. Begin die nuwe gewoonte te geniet. My rooi masjien staan reg voor die bed. As ek uit die bed wil, moet ek oor hom val of klouter of, op klim en tien swings swaai. Dis fun. Ek kan mos nou nie begin met ʼn uur ʼn dag en dan is ek styf vir ʼn week nie. ‘Less is more’. Om ʼn gewoonte te vorm moet jy die ding ʼn ritueel maak. As jy afval opklim weer ry. Mettertyd sal jy meer en meer van jou nuwe gewoonte wil doen.

Dis nou net, as ek nou die Abs het, vir wie gaan ek dit wys ? Ek kan nog nie die ab's sien nie maar ek voel hule en ek voel n paar ander spiere ook wat ek nie geweet het ek het nie. "No pain no gain" Gats nee wat, dan liewer Nou Pyn, Nou Wyn, dink ek.

Giel gaan nou-nou ʼn lammetjie haal wat op die bottel moet kom. Hou senuwees hou. Die grootmaak van Houston die laaste skapie lê my nog vlak op die gemoed. Bottels...Bler 24/7... onder my voete...
Ai jai. Sal julle op hoogte hou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Abs
Weereens heerlik gelees terwyl ek op my agterstewe agter die rekenaar sit ... Mmmm.. nou het jy my kop in 'n rigting in. Ek het een van daai fensie oefenfietse wat alles doen behalwe om self te trap. Gee vir jou tyd, programme vir opdraande, gelykpad, bulte en dies meer. Al wat nou moet gebeur is ... ek moet opklim ... :D

Mooi dag!
6 jaar 9 maande 3 dae 23 ure oud


Gewoontes
Ek hoop jy kan daai nuwe lam vinnig goeie gewoontes leer en die Ab-gewoontes werk Abs op, wat sommer deur jou winterklere wys!
6 jaar 9 maande 4 dae 2 ure oud


Ano
Ongewoonte
Oefening is sulke HARDE werk.... Sug! Lekker skryf terwyl jy swing :-)
6 jaar 9 maande 4 dae 7 ure oud


ge ge
Om stil te bly wanneer jy moet is sekerlik n gawe ? :-)
6 jaar 9 maande 4 dae 8 ure oud


***
Jou skrywe geniet.

Swing, sê jy -- oppas vir van Tonner, hy het 'n gewoonte dat hy nie homself kan stop nie...
6 jaar 9 maande 4 dae 20 ure oud


Ongewoonte
presien nou maak dit 'n gewoonte.
'n Gewoonte om stil te bly waar ek weet ek moet stil bly.
Daar is 'n storie oor swing . . . .
Stop van Tonder !
6 jaar 9 maande 5 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar