Gorrel

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Rotte se Redes
Hier by my op die kop beveg ek ook terroriste. Dag en nag moor ons onder die rotte en muise. Hulle kom in al die shapes en sizes. Die insypelaars het so ses weke terug met die agterbakse massa oorname van my grond gebied begin. My lyf is stram en my gehoor vlym skerp. Ek slaap met ʼn reuse paplepel langs my bed en sodra ek of my troepe, selfs net in my onderbewussyn, ʼn ritsel hoor is ons op en op die aanval. Ons is lank verby re-act ons is op die bladsy van pre-act. Elke opening, deur as is toe gestop. Alle kos, mens, hond en kat kos word snags gebêre. Elke nag is ʼn volskaalse aanslag op die indringers. So tussen drie en ses ongewenstes per nag, maar hulle bly probeer en hulle bly inkom.

Poobi wys, Charlie wag een kant en ek stoot en sleep yskaste, stowe en vrieskaste, hangkaste en bedkaste rond. As die twee honde en die kat nie die rot kry nie is ek daar en moer hulle sommer met die groot paplepel, al gril ek my dood. Teen insurgensie. Die plaag diere is so gedetermineerd om in die huis te kom, dat hulle dwars deur my sand sak by die agter deur gebyt het om onder die deur in te kruip. Die matjie voor die deur is ook nou vodde gevreet. Gisteraand is Giel geroep om ʼn reuse Mfesi in een van die kamers van kant te maak. Ek is toe heel vies want daai slang het drie rotte in hom gehad. Hy het goeie werk gedoen. Hy is dood ‘in the line of duty’.

Die Boston bom het my eers stil stuipe gegee. Want sulke dinge maak my dom. Ek kan nie verstaan nie en dan moet ek dink. Ek dink “Wat de donner is fout met die mense op die aarde?” Ek gaan lees baie oor terrorisme. Die hoekoms en die waaroms. Eintlik het niks verander nie. Mense is nog altyd so selfsugtig en moorddadig. Dis net dat ons groter media inligting netwerke het dat ons nou alles weet nes dit gebeur. Ek lees ook die mense se reaksies. Dit is nog meer interessant en ek wonder nog meer oor die mensdom.

Mens of Mense se ‘spasie’ of ‘goed’ of ‘self’ word bedreig deur ander mense. Hulle voel persoonlik bedreig (en vanuit hulle oog punt, is hulle bedreig) en hulle moet aandag kry. Aandag kry jy deur Massa paniek te saai. Mens of groep mense bekruip soos ʼn rot in die nag, stel bomme en....BOEM !!!, daar het jy nou Massa paniek wat kry massa media bloot stelling. Mens of groep Mense is nou Terroris en die massas word bewus van hulle ‘probleem’. Media is gevaarlik. Die Media is nou ʼn mede terroris. Dan nie ?

Dit is wat ʼn Terroris is, makie saak hoeveel ons Simpatiseer, Empatiseer of Bid nie. Dis gedoen. Die kind is dood, die ander is mank en die onskuldige voel sleg en hartseer en verskrik. As jy dan nou moet bid, vra dat jy nooit ʼn sinnelose obsessie oor jou eie goed of plek ontwikkel nie. Sê dankie dat jy en joune veilig is. Ek sien en ʼn ou sê ons (dis nou seker almal behalwe hy ?) het nie die regte ‘persepsie’nie. Bul Bollie ! aangesien die anners, annerdag dertig onskuldige lewens verloor het, en ons nie die nodige traan gestort het nie. ʼn Mens kan net ʼn persepsie vorm as jy bewus is van ander dode. Die ander dode het nie onder die media flits geval nie. Die ander dode is net so tragies, maar dit het nie massa advertensie gekry nie.

Daai ‘persepsie’ ding is van geen toepassing nie, want vir die man op straat, gaan dit nie oor wie wat teen wie gedoen het nie, maar om die skok ervaring. Die emosies en wat deur die ure lange flitsende beelde op sy TV skerm, aanmekaar, die toeskouer herinner aan die gebeure. Die Media gee vir ons dus die ‘ persepsie’ wat die Terroris wou hê.

Ek wat die rotte doodslaan is net so skuldig aan lewe neem, as die rotte wat in my huis probeer infiltreer. Dis ʼn geveg tot die dood om grondgebied. Ek laat nie my land oorneem deur enige terroris nie, sowaar as daar vandag nog brood in my broodblik is. Vraag is nou net. Is ek dan ook ʼn Terroris ? En, daai storie van “Alles gebeur vir ʼn rede”. Is heeltemal reg. Die rede is:- Dit het gebeur omdat ʼn bom afgegaan het, en dit is al. Dit is my persepsie.
PS - Nee, ek is nie n dier nie, ek is nie n terroris nie, want, ek maak net die rotte dood wat my bedreig ek sit nie n bom in kombuis onder die yskas en maak al die ander bewonders in die huis dood nie. Mano Mano.
"there's a rat in the kitchen
what I'm a gonna do..." so sing die liedjie mos



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jy is reg...
die mens was maar van baie lankal af sò. AS hy nie gendadiglik anders gebuig word nie, hel hy oor na die verkeerdekant.

Maar rotte? Nee, ek dink ook nie hulle hoort in ons huise nie. So, ek stem saam met Kiekies.

Dankie vir 'n baie goeie skrywe...
6 jaar 9 maande 1 week 3 dae 19 ure oud


Diere
Roei hulle uit, suster, roei hulle uit.
6 jaar 9 maande 1 week 4 dae 4 ure oud


ja a
Terrottis, klink soos n oer dier.
6 jaar 9 maande 1 week 4 dae 22 ure oud


***
Ja-nee, dalk 'n nuwe woord hier: terrottis :))
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Vars briesie van inspirasie en genotvolle saamkuier



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar